Archie Mountbatten-Windsor

Archie Harrison Mountbatten-Windsor (gebore 6 Mei 2019) is die seun van prins Harry, Hertog van Sussex, en Meghan, Hertogin van Sussex.

Hy is sesde op die lys van Britse troonopvolgers.

Archie Mountbatten-Windsor
Geboortenaam Archie Harrison
Mountbatten-Windsor
Nasionaliteit Brits, Amerikaans
Familie Huis van Windsor
Markle-familie
Gebore 6 Mei 2019,
Londen, Brittanje
Vader Prins Harry, Hertog van Sussex
Moeder Meghan Markle

Geboorte en familie

Archie Mountbatten-Windsor 
’n Skare en joernaliste drom naby Windsor-kasteel saam om te wag vir nuus oor die geboorte.

Archie Mountbatten-Windsor is op 6 Mei 2019 om 05:26 Britse somertyd (06:26 Suid-Afrikaanse tyd) gebore. Sy geboorteplek is nie bekend gemaak nie. Die media het gespekuleer hy is óf in die egpaar se huis (Frogmore Cottage) óf in die Portland-hospitaal in Londen gebore.

Verskeie landmerke is in verskillende kleure verlig om sy geboorte te vier, onder meer die Niagara-waterval, CN-toring en London Eye. Sy naam is op 8 Mei 2019 aangekondig.

Mountbatten-Windsor is ’n afstammeling van die Huis van Windsor aan sy pa se kant en ’n Amerikaanse werkersklasfamilie aan sy ma se kant. Volgens The New York Times en The Telegraph is hy die eerste half-Amerikaanse en eerste veelrassige baba in die geskiedenis van die Britse koningshuis. Hy is ’n burger van die Verenigde Koninkryk sowel as die Verenigde State.

Vroeg in 2020 het Mountbatten-Windsor se ouers afstand gedoen van hulle rolle as werkende lede van die koninklike familie. Die gesin het hierna na Amerika verhuis, waar hulle sedertdien in Montecito, Kalifornië, woon.

Archie het op 4 Junie 2021 'n babasussie ryker geword, by name Lilibet Mountbatten-Windsor. Sy is in Kalifornië, V.S.A. gebore.

Titel en opvolging

Mountbatten-Windsor is ’n kleinkind van koning Charles III en sesde op die lys van Britse troonopvolgers, net ná sy pa. Hy is ook die regmatige erfgenaam van sy pa se hertogdom Sussex, graafskap Dumbarton en baronie Kilkeel. Die Hertog en Hertogin van Sussex het met sy geboorte besluit hy sal net as Archie Mountbatten-Windsor bekend wees, met die aanspreekvorm "master". Dié besluit, sowel as die keuse van sy name, wat nie tradisioneel in die koninklike familie is nie, is in lyn met sy ouers se wens dat hy as ’n private burger grootword.

Volgens 'n patentbrief van koning George V wat in 1917 uitgereik is (en steeds van krag is), is Mountbatten-Windsor geregtig om die titels "prins" en "Sy Koninklike Hoogheid" te gebruik ná sy oupa, koning Charles III, se troonbestyging op 8 September 2022, hoewel hy nie verplig is om die titels te gebruik nie. In die onderhoud Oprah with Meghan and Harry het die hertogin gesê daar is aan haar vertel veranderings sou gemaak word om die reg op titels te verander. Sy het geskimp dit is omdat haar seun van gemengde afkoms is, maar Charles III se planne om die koninklike familie te verklein stam uit die 1990's.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Archie Mountbatten-Windsor Geboorte en familieArchie Mountbatten-Windsor Titel en opvolgingArchie Mountbatten-Windsor VerwysingsArchie Mountbatten-Windsor Eksterne skakelsArchie Mountbatten-Windsor2019Meghan, Hertogin van SussexPrins Harry, Hertog van Sussex

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

StuitjieAmalia UysKrieketDermpoliepOos-KaapWikisourceAfrikaanse woordelys en spelreëlsLiewe HeksieNoord-KaapOogproblemeProstaatklierGrasfamilieKunsmatige intelligensieAgter Elke ManIndonesiëSlag van BloedrivierWillie EsterhuizenAnrich HerbstSamestellende afleidingHadjVolkekundeDuitslandLibiëGNU-lisensie vir vrye dokumentasieMaselsKoninkryk van die NederlandeJannie du ToitNederlandsMenslike penisgrootteNagmaalTrappe van vergelykingAsynAleksei NawalniDigvormLuiperdEnsiklopedieThabo MbekiBoet TroskieNarsismeGenesisErektiele disfunksieHondeklipbaaiBaltimoreSmall HandsPerdBybelvertalingOnderhandelinge om apartheid te beëindigOrale seksHorlosiePersPubiese hareA.J. ApplegateHeliosfeerKoue OorlogMuishondOntbinding van die SowjetunieLeeuSonnestelselHondsdolheidMarkus JoosteMaroela MediaFacebookTrigeminale neuralgieErfenisWashington, D.C.VaginaJohan StemmetDrie Susterskerke🡆 More