Lilibet Mountbatten-Windsor

Lilibet Diana Mountbatten-Windsor (gebore op 4 Junie 2021) is die dogter van Prins Harry, Hertog van Sussex, en Meghan, Hertogin van Sussex.

Sy is die kleinkind van koning Charles III en die sewende in lyn van die Britse troon.

Lilibet Mountbatten-Windsor
Gebore(2021-06-04)4 Junie 2021
Santa Barbara Cottage-hospitaal, Kalifornië, V.S.A.
NasionaliteitAmerikaans-Brits
Ouers

Geboorte en familie

Mountbatten-Windsor is op 4 Junie 2021 om 11:40 PDT (19:40 UTC ) in die Santa Barbara Cottage-hospitaal in Santa Barbara, Kalifornië, gebore. Sy is vernoem na haar oumagrootjie aan vaderskant, koningin Elizabeth II, wie se bynaam Lilibet was, en ouma aan vaderskant, Diana, Prinses van Wallis. Haar bynaam is "Lili".

Mountbatten-Windsor stam vaderlik af van die Britse koninklike familie en is afkomstig van gemengde rasse. Sy besit dubbele burgerskap van die Verenigde State en die Verenigde Koninkryk.

Titel en opvolging

Mountbatten-Windsor is die sewende aanspraakmaker op die Britse troon en die hoogste een wat buite Brittanje gebore is. As 'n agterkleinkind, eerder as 'n kleinkind, van 'n monarg was sy nie met haar geboorte geregtig op die titel "prinses" nie. Die dogter van 'n hertog is daarop geregtig om "lady" voor haar naam te gebruik, maar nes met haar broer is dit onwaarskynlik dat sy 'n titel sal gebruik, ten minste terwyl sy in Amerika woon.

Volgens 'n patentbrief van koning George V wat in 1917 uitgereik is (en steeds van krag is), is Mountbatten-Windsor geregtig om die titel "prinses" te gebruik ná haar oupa, koning Charles III, se troonbestyging op 8 September 2022.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Lilibet Mountbatten-Windsor Geboorte en familieLilibet Mountbatten-Windsor Titel en opvolgingLilibet Mountbatten-Windsor VerwysingsLilibet Mountbatten-Windsor Eksterne skakelsLilibet Mountbatten-Windsor20214 JunieBritse troonopvolgingKoning Charles IIIMeghan, Hertogin van SussexPrins Harry, Hertog van Sussex

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Sosiale mediaVolhoubare ontwikkelingTweede WêreldoorlogVlag van Suid-AfrikaSteve BikoMuskietLika BerningAntjie SomersMonumentKlein-KarooDieregeluideNasionale VrouemonumentMaagsweerAngolaSebraVoortrekkersSASOLHindoeïsmeGesondheidBloeddrukDeelteken en umlautChromatografieEben EtzebethPubliekOrthopteraPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaLys van Afrikaanse rolprenteStaatstoelaeNG gemeente MurraysburgOlimpiese SomerspeleMangelontstekingSekondêre sektor van die ekonomieXhosasKoerantVerantwoordelikheidKweekhuiseffekStadVlieënde HollanderKindermishandelingWet op Bantoe-onderwysErosietipesSelfmoordAgtervoegselDemokrasieLys van Joodse feeste en herdenkingsRenteJudaïsmeFiela se kindElon MuskRegverdige handelKlimaatsverandering in Suid-AfrikaRenaissanceEiffeltoringAntisemitismeRooibloedselSamestellende afleidingOntbossingPuntMarsMigrasie van voëlsPornhubSkaakHaaieLieweheersbesieN.P. van Wyk LouwSkoolPersoonlikheidTuberkuloseLyfstraf in skoleXenofobiePussy RiotAnale kankerHematurieIndustriële RevolusieBerilliumBelasting🡆 More