Ski

Ski is 'n metode van vervoer en 'n wintersport waar mense met behulp van ski's oor sneeu of ys gly.

Mense wat ski word skiërs genoem. Spesiale toerusting word hiervoor benodig, onder andere 'n paar ski-stewels met bypassende ski-planke (waaraan die skoene kan hak). Warm klere, insluitende 'n mus en handskoene, is noodsaaklik om die skiër teen die koue te beskerm.

Ski
'n Skiër wys sy slag in die Alpe.
Ski
'n Ski-hyser neem skiërs tot by die wegspringplek.
Ski
Met velle omhoog loop.

In Suider-Afrika is daar slegs twee oorde wat ski-geleenthede bied, die Tiffindell Ski-oord in Suid-Afrika en Afriski in Lesotho.

Geskiedenis

Mense ski al vir eeue lank. Moderne vorme van ski het in Skandinawië ontstaan, maar mense het moontlik al as so vroeg as 600 v.C. in China geski.

Die woord "ski" kom van Noorweë en word internasionaal gebruik. Dit is van die Oudnoorse woord "skíð" afkomstig, wat "verdeelde stuk hout" of "brandhout" beteken. Hoewel ski's oorspronklik van hout gemaak is, word hulle deesdae eerder van veselglas of ander saamgestelde materiale vervaardig. Soms word 'n kombinasie van hout en saamgestelde materiale gebruik.

Asimmetriese ski's is ten minste tot die laat 19de eeu in die noorde van Finland en Swede gebruik. Die skiër het 'n lang reguit, nie-geboë ski aan die een been gedra, en 'n kort ski aan die ander waarmee hy kon skop. Die onderkant van die kort ski was ontbloot of met diervel bedek, terwyl die lang ski (wat die skiër se gewig moes dra) met diervet gesmeer is (soortgelyke aan moderne ski-was).

Aanvanklik het skiërs slegs een paal of stok gebruik. Die eerste uitbeelding van 'n skiër met twee ski-stokke is in 1741.

Tot die middel van die 19de eeu was ski hoofsaaklik vir vervoer gebruik. Sedertdien word dit ook vir ontspanning en sport aangewend. Ski-oorlogvoering is in die 18de eeu in Noorweë bestudeer en militêre ski-wedrenne is gehou. Soos toerusting ontwikkel het en ski-hysers ontstaan het, het twee hoofvorme van ski die laat 19de en vroeë 20ste eeu ontstaan, Alpyns (afdraande ski, met lang dun ski's) en Nordies (landloop-ski en spronge).

Vorme

Daar bestaan verskeie vorme van ski. Van die skisporte sluit in:

Alpyns, ski en sneeuplank

  • Alpeski (alpine skiing)
  • Vryski (freestyle skiing)
  • Sneeuplankry (snowboarding)

Nordies

  • Tweekamp (biathlon)
  • Heg-en-steg-ski (cross country skiing)
  • Skansspring (ski jumping)
  • Noorse kombinasie (nordic combined).

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Ski GeskiedenisSki VormeSki VerwysingsSki Eksterne skakelsSkiHandskoenMusSneeuSportVervoerYs

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OrgasmeNelson MandelaKoringSlangDonderstormOrrelSonkragKarakteriseringOmgewingskwessies in Suider-AfrikaMusieksimboleEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaDemi Lee MooreBTWHaasGrondbewerkingHeuningbySamespanningKlinkerKanadaSonnestelselStadGlasSendelingposisieConsolidated B-24 LiberatorHibernasieBynierGesondheidNG gemeente JansenvilleHemelvaartsdagSkilpadKuberkrakerLys van myne in Suid-AfrikaAfro-AmerikanersKolonisasieProstaatkankerParkinson se siekteGeldBywoordAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeAborsieKontinentMeettegniekKrieketKunstenaarFrederik Willem de KlerkVolhoubare ontwikkelingLabia (geslagsdele)Johannes HahnOos-KaapVrouPornografieAnale kankerRumatoïede artritisSaartjie BaartmanKlem-in-die-kaakSelfmoordFaf de KlerkLionel PetersonHorlosieVars waterArmoedeverligtingDrakensbergeVliegtuigDataverwerkingCalviniaLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaKolorektale kankerWaterbesparing in Suid-AfrikaMIV/vigs in Suid-AfrikaKaliumWatersuiweringWieg van die MensdomLys van landeAardverwarming🡆 More