sport/Voorbladspan

Die Proteas is die nasionale krieketspan wat Suid-Afrika in toets- en kitskrieket verteenwoordig.

Kenteken van die Suid-Afrikaanse nasionale krieketspan.

Dit word beheer en geadministreer deur Krieket Suid-Afrika (KSA) en is ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) met toets-, EDI- en T20I-status. Die Proteas is na die koningsprotea, die nasionale blom van Suid-Afrika, genoem. Krieket is een van Suid-Afrika se nasionale sportsoorte en die Proteas behoort tot dié land se vernaamste nasionale spanne. Die Proteas is tans (Januarie 2023) vierde op die IKR-toetsranglys, sesde op die eendagranglys en vierde op die Twintig20-wêreldranglys.

Suid-Afrika is die derde oudste nasionale span in toetskrieket en het tydens die 1888/89-seisoen sy eersterangse en internasionale krieketdebuut gemaak, toe Suid-Afrika ’n toerende Engelse nasionale krieketspan gehuisves het. Aan die begin kon die span nóg teen Australië nóg teen Engeland meeding, maar nadat hulle beide ervaring en kundigheid verkry het, kon die Proteas aan die begin van die 20ste eeu ’n mededingende span op die veld stuur. Die span het tot in die 1960’s gereeld teen Australië, Engeland en Nieu-Seeland gespeel, maar nadat ’n onverbiddelike weerstand teen Suid-Afrika se apartheidsbeleid ontstaan het, is ’n internasionale verbanning deur die IKR aangekondig, nadat ander internasionale beheerliggame Suid-Afrika ook uitgesluit het. Vervolgens het Suid-Afrika nie aan die eerste vier krieketwêreldbekertoernooie (in 1975, 1979, 1983 en 1987) deelgeneem nie. Toe die verbanning ingestel is, het Suid-Afrika oor ’n span met spelers soos Eddie Barlow, Graeme Pollock en Mike Procter beskik wat destyds as die beste span ter wêreld beskou is.

Die uitsluiting uit internasionale krieket was tot in 1991 in werking en ná hul hertoelating kon Suid-Afrika teen ander toetslande soos Indië, Pakistan, Sri Lanka en Wes-Indië speel. Die span vertoon sterk sedert hul hertoelating en het by tye die eerste plek op die onderskeidelike internasionale ranglyste beklee, maar het tot dusver min sukses tydens internasionale toernooie behaal. Al is Suid-Afrika telkens een van die gunstelingspanne om die krieketwêreldbeker te verower, het dié eer hulle nog nie te beurt geval nie. Hul beste prestasie tot dusver is die halfeindstryd, wat die Proteas vier keer gehaal het (in 1992, 1999, 2007 en 2015). Die Proteas het die IKR se Kampioentrofee tydens hul debuut en die goue medalje tydens die Statebondspele ingepalm (albei in 1998). Van die noemenswaardige spelers sedert hertoelating is Allan Donald, Makhaya Ntini, Shaun Pollock, Jacques Kallis, Graeme Smith, Kagiso Rabada, AB de Villiers, Dale Steyn, Herschelle Gibbs, Faf du Plessis, Morné Morkel, Imran Tahir, David Miller en Hashim Amla. Ses voormalige Suid-Afrikaanse spelers is in die Internasionale Krieketraad se Heldesaal opgeneem.

Tags:

Internasionale KrieketraadInternasionale eendagwedstrydKoningsproteaKrieketKrieket Suid-AfrikaProteasSuid-AfrikaToetskrieketTwintig20

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GoudMartin Luther King jr.Byung-Chul HanGrondwetAvbobKunsSjimpanseeXhosasVergelykings (taalkunde)DarwinismeSlag van BloedrivierStadCeresKlimaatDepressie (gemoedstoestand)Wapen van Suid-AfrikaStaat PalestinaJeugdagMikro-ekonomieSkaakIsraelWiskundeSosiale mediaStollingsgesteenteKersfeesOseanografieVeranderinge aan Suid-Afrikaanse geografiese nameKrieketMigrasie van voëlsAngolese BurgeroorlogDonkieSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureDrinkwatervoorsieningHeelgetalWoordeboek van die Afrikaanse TaalDie Stem van Suid-AfrikaVormLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaKarakteriseringInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandBalletAfrikaanse naguilEngelsFinale OplossingBateSeksismeOu Apostoliese KerkNatuurrampSteve BikoAfrikaanse Taalmonument (Welkom)Apostoliese GeloofsendingSebraLys van Suid-Afrikaanse musikanteAfleiding (taalkunde)Swart menseJohnny RapidOnderhandelinge om apartheid te beëindigHorlosieVerkleurmannetjieHoofpynGroot vyfLika BerningLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsAngssteuringSoogdierBraaiKonflik (proses)LongontstekingOntdekking van goud in Suid-AfrikaKleurMobutu Sese SekoErfenisRekenaarWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaMangelPornografiese subgenres🡆 More