sport

Wiki-portale: Musiek · Letterkunde · Sport · Geografie · Geologie · Geskiedenis · Fisika · Chemie · Biologie · Sterrekunde · Krieket · Rugby · Vlae en wapens

sport

Welkom by Wikipedia se portaal vir sport. Sport is 'n fisieke- (byvoorbeeld rugby) of denkspel (byvoorbeeld skaak) wat in kompetisieverband gespeel kan word. Sport kan ook vir ontspanning beoefen word. Alle sporte het reëls wat nagekom moet word. Die beoefening van sport kan mens aktief en gesond hou, vandaar die slagspreuk: ‘n gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees.

Uitgeligte artikel

Kenteken van die Rugbywêreldbeker 2023.

Die Rugbywêreldbeker 2023 (Frans: Coupe du monde de rugby à XV 2023) is van 8 September tot 28 Oktober 2023, die 200ste herdenking van rugby se “uitvinding” deur William Webb Ellis, in Frankryk beslis. Dit was die tiende rugbywêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur Wêreldrugby aangebied word en die sesde in die Noordelike Halfrond. Verder was dit ná die toernooie in 2015 (Engeland) en 2019 (Japan) die derde agtereenvolgende rugbywêreldbekertoernooi wat in ’n land van die Noordelike Halfrond aangebied is. Frankryk het voorheen tydens die Rugbywêreldbeker 1991 en Rugbywêreldbeker 1999 as medegasheer opgetree; albei toernooie is saam met die destydse Vyfnasies Engeland, Ierland, Skotland en Wallis aangebied; en later die Rugbywêreldbeker 2007 – met enkele wedstryde in Cardiff en Edinburg van die Verenigde Koninkryk – gehuisves; altesaam het Frankryk tydens vier rugbywêreldbekertoernooie as gasheer opgetree, meer as enige ander land. Dit was egter die eerste toernooi wat geheel en al in Frankryk aangebied is. In Julie 2017 is dié land deur Wêreldrugby as gasheer aangewys, ander kandidaatlande was Ierland en Suid-Afrika.

Die toernooi se formaat van 2003, 2007, 2011, 2015 en 2019 het onveranderd gebly en 20 nasionale rugbyspanne het aan die Rugbywêreldbeker 2023 deelgeneem: die twaalf regstreekse kwalifiseerders van die 2019-toernooi (Argentinië, Australië, Engeland, Fidji, Frankryk, Ierland, Italië, Japan, Nieu-Seeland, Skotland, Suid-Afrika en Wallis), saam met die agt beste spanne van die kwalifisering (Chili, Georgië, Namibië, Portugal, Roemenië, Samoa, Tonga en Uruguay). Tydens die Rugbywêreldbeker 2023 is 48 wedstryde gespeel, waaronder 40 tydens die groepfase en agt tydens die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die toernooi het op 8 September met die openingswedstryd tussen die gasheer Frankryk en Nieu-Seeland op die Stade de France in Saint-Denis afgeskop. Die spanne is in vier groepe van vyf elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna gekwalifiseer vir die uitklopfase, terwyl die drie beste spanne van elke groep – altesaam twaalf spanne – regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 2027 in Australië gekwalifiseer het. Dit was die laaste toernooi met die aantal van 20 nasionale rugbyspanne; vir die volgende Rugbywêreldbeker 2027 in Australië is die aantal tot 24 verhoog.

Voor die afskop van die Rugbywêreldbeker 2023 is Nieu-Seeland, Frankryk, Suid-Afrika en Ierland as gunstelinge op die titel beskou. Beide Frankryk en Ierland kon hul groepwedstryde teen onderskeidelik Nieu-Seeland en Suid-Afrika wen, maar in die kwarteindrondte het albei Europese spanne naelskraap teen die twee latere finaliste verloor. Fidji het met hul 22–17-oorwinning oor die tweemalige wêreldkampioen Australië die eerste groot verrassing besorg. Nadat die Wallabies ook teen Wallis met 6–40 swaar verloor het, is hulle vir die eerste keer in die groepfase uitgeskakel. Daarna het Portugal met sy 24–23-oorwinning oor Fidji nog ’n verrassing besorg, hul eerste wêreldbekeroorwinning nog. Die verdedigende kampioen Suid-Afrika het die eindstryd op die Stade de France in Saint-Denis teen Nieu-Seeland met 12–11 gewen en sodoende die eerste span geword wat die Webb Ellis-beker vir ’n vierde keer ingepalm het en ná Nieu-Seeland in 2015 die tweede span wat dit kon verdedig. Daarbenewens is dit ná 1995 hul tweede eindstrydoorwinning oor Nieu-Seeland, ná 2007 hul tweede eindstrydoorwinning op Franse bodem en hulle het ook die eerste span geword wat agtereenvolgende titels oorsee kon wen. Die Stade de France het ná Edenpark in Auckland en Twickenham in Londen die derde rugbystadion geword wat die rugbywêreldbekereindwedstryd vir meer as een keer – ná die 2007-toernooi – gehuisves het. Engeland het in die derde en Argentinië in die vierde plek geëindig, nadat hulle ná die groepfase in die bronseindstryd vir ’n tweede keer ontmoet het. Namibië is ná vier nederlae reeds in die groepfase uitgeskakel.

Voorbladartikels

sport Voorbladartikels in Sport

’n Engelse rugbyspeler ruk hom los uit ’n harde duikslag deur ’n Australiër
’n Engelse rugbyspeler ruk hom los uit ’n harde duikslag deur ’n Australiër
sport
Nasionale krieketspanne volgens status op die Afrikaanse Wikipedia:

   Voorbladster

   Amper klaar

   Ander artikels

Krieketveld met bouler, die twee kolwers en ’n skeidsregter
Krieketveld met bouler, die twee kolwers en ’n skeidsregter
sport
Nasionale rugbyspanne volgens status op die Afrikaanse Wikipedia:

   Voorbladster

   Amper klaar

   Ander artikels

Afghaanse nasionale krieketspan - All Blacks - Fernando Alonso - Argentynse nasionale rugbyspan - Australiese nasionale krieketspan - Bengaalse nasionale krieketspan - Bermudaanse nasionale krieketspan - Engelse nasionale krieketspan - Engelse nasionale rugbyspan - Roger Federer - Fidjiaanse nasionale rugbyspan - Franse nasionale rugbyspan - Pierre Gasly - Georgiese nasionale rugbyspan - Ierse nasionale krieketspan - Ierse nasionale rugbyspan - Indiese nasionale krieketspan - Italiaanse nasionale rugbyspan - Japannese nasionale rugbyspan - Kanadese nasionale krieketspan - Kanadese nasionale rugbyspan - Keniaanse nasionale krieketspan - Krieketwêreldbeker 2003 - Krieketwêreldbeker 2007 - Krieketwêreldbeker 2011 - Krieketwêreldbeker 2015 - Krieketwêreldbeker 2019 - Niki Lauda - Namibiese nasionale krieketspan - Namibiese nasionale rugbyspan - Nederlandse nasionale krieketspan - Nepalese nasionale krieketspan - Nieu-Seelandse nasionale krieketspan - Olimpiese Somerspele 2008 - Olimpiese Somerspele 2012 - Pakistanse nasionale krieketspan - Paralimpiese Somerspele 2008 - Proteas - Roemeense nasionale rugbyspan - Rugby - Rugbywêreldbeker 2003 - Rugbywêreldbeker 2007 - Rugbywêreldbeker 2011 - Rugbywêreldbeker 2015 - Rugbywêreldbeker 2019 - Rugbywêreldbeker 2023 - Samoaanse nasionale rugbyspan - Skaak - Skotse nasionale krieketspan - Skotse nasionale rugbyspan - Springbokke - Sri Lankaanse nasionale krieketspan - Tafeltennis - Tongaanse nasionale rugbyspan - Uruguaanse nasionale rugbyspan - Verenigde Arabiese Emirate se nasionale krieketspan - Verenigde State se nasionale krieketspan - Verenigde State se nasionale rugbyspan - Wallabies - Walliese nasionale rugbyspan - Wes-Indiese nasionale krieketspan - Zimbabwiese nasionale krieketspan

Algemeen


Vir elke sportsoort is daar 'n beheerliggaam (op nasionale vlak). Die plaaslike, nasionale en internasionale beheerliggame is verantwoordelik vir al die tegniese vrae en beheer die toernooistelsel. Langs die professionele bestuur is die sportklubs ook streeksgebonde in die plaaslike beheerliggame. Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (SASKOK) is die beheerliggaam van alle sportsoorte van Suid-Afrika en koördineer die verhouding met verskeie internasionale sportfederasies.

Aanhalings

sport Sport has the power to change the world. It has the power to inspire. It has the power to unite people in a way that little else does. It speaks to youth in a language they understand. Sport can create hope, where once there was only despair.
— Nelson Mandela
sport

Uitgeligte span

Kenteken van die Suid-Afrikaanse nasionale krieketspan.

Die Proteas is die nasionale krieketspan wat Suid-Afrika in toets- en kitskrieket verteenwoordig. Dit word beheer en geadministreer deur Krieket Suid-Afrika (KSA) en is ’n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) met toets-, EDI- en T20I-status. Die Proteas is na die koningsprotea, die nasionale blom van Suid-Afrika, genoem. Krieket is een van Suid-Afrika se nasionale sportsoorte en die Proteas behoort tot dié land se vernaamste nasionale spanne. Die Proteas is tans (Januarie 2023) vierde op die IKR-toetsranglys, sesde op die eendagranglys en vierde op die Twintig20-wêreldranglys.

Suid-Afrika is die derde oudste nasionale span in toetskrieket en het tydens die 1888/89-seisoen sy eersterangse en internasionale krieketdebuut gemaak, toe Suid-Afrika ’n toerende Engelse nasionale krieketspan gehuisves het. Aan die begin kon die span nóg teen Australië nóg teen Engeland meeding, maar nadat hulle beide ervaring en kundigheid verkry het, kon die Proteas aan die begin van die 20ste eeu ’n mededingende span op die veld stuur. Die span het tot in die 1960’s gereeld teen Australië, Engeland en Nieu-Seeland gespeel, maar nadat ’n onverbiddelike weerstand teen Suid-Afrika se apartheidsbeleid ontstaan het, is ’n internasionale verbanning deur die IKR aangekondig, nadat ander internasionale beheerliggame Suid-Afrika ook uitgesluit het. Vervolgens het Suid-Afrika nie aan die eerste vier krieketwêreldbekertoernooie (in 1975, 1979, 1983 en 1987) deelgeneem nie. Toe die verbanning ingestel is, het Suid-Afrika oor ’n span met spelers soos Eddie Barlow, Graeme Pollock en Mike Procter beskik wat destyds as die beste span ter wêreld beskou is.

Die uitsluiting uit internasionale krieket was tot in 1991 in werking en ná hul hertoelating kon Suid-Afrika teen ander toetslande soos Indië, Pakistan, Sri Lanka en Wes-Indië speel. Die span vertoon sterk sedert hul hertoelating en het by tye die eerste plek op die onderskeidelike internasionale ranglyste beklee, maar het tot dusver min sukses tydens internasionale toernooie behaal. Al is Suid-Afrika telkens een van die gunstelingspanne om die krieketwêreldbeker te verower, het dié eer hulle nog nie te beurt geval nie. Hul beste prestasie tot dusver is die halfeindstryd, wat die Proteas vier keer gehaal het (in 1992, 1999, 2007 en 2015). Die Proteas het die IKR se Kampioentrofee tydens hul debuut en die goue medalje tydens die Statebondspele ingepalm (albei in 1998). Van die noemenswaardige spelers sedert hertoelating is Allan Donald, Makhaya Ntini, Shaun Pollock, Jacques Kallis, Graeme Smith, Kagiso Rabada, AB de Villiers, Dale Steyn, Herschelle Gibbs, Faf du Plessis, Morné Morkel, Imran Tahir, David Miller en Hashim Amla. Ses voormalige Suid-Afrikaanse spelers is in die Internasionale Krieketraad se Heldesaal opgeneem.

Uitgeligte sportsoort

Standaard skaakstukke. Van links na regs: koning, toring, dame, pion, ruiter en loper.

Skaak (Persies: šāh, van Schah, d.i. ‚Koning‘ – dus die naam „die koninklike spel“) is 'n strategiese bordspel vir twee spelers. Die huidige vorm van die spel het in suidelike Europa ontstaan tydens die tweede helfte van die 15de eeu nadat dit ontwikkel het uit soortgelyke en baie ouer spelle met Indiese en Persiese oorsprong. Vandag is skaak een van die gewildste bordspele ter wêreld en word dit deur miljoene mense tuis, in klubs, aanlyn, per pos, en in toernooie gespeel.

Skaak word gespeel op 'n vierkantige bord wat verdeel is in agt rye en agt kolomme, met 64 indiwiduele blokkies wat tradisioneel lig en donker gekleur is. Elke speler het 16 stukke, wat bestaan uit agt pionne, twee torings, twee lopers, twee ruiters, een dame en een koning. Elke stuk skuif op sy eie manier. Die twee kante word onderskei deur kontrasterende kleure. Die doel van die spel is om die koning van die opponent in skaakmat te plaas.

Georganiseerde skaakkompetisies het in die 16de eeu begin en het sedertdien aansienlik ontwikkel. Alhoewel dit nie 'n Olimpiese sport is nie, word skaak wel deur die Internasionale Olimpiese Komitee as 'n sport erken. Die eerste amptelike Wêreldskaakkampioen, Wilhelm Steinitz, het sy titel in 1886 verwerf. Die huidige wêreldkampioen is Magnus Carlsen van Noorweë. Teoretici het sedert die spel se ontstaan uitgebreide skaakstrategieë en taktiek ontwikkel.

Een van die doelstellings van vroeë rekenaarwetenskaplikes was om 'n skaakprogram te ontwikkel. Hedendaagse skaak word sterk beïnvloed deur die vermoëns van skaakprogramme en die vermoë om aanlyn teen ander spelers te speel. In 1997 het Deep Blue die eerste rekenaar geword om 'n heersende skaakkampioen te verslaan in 'n wedstryd waarin dit teen Garri Kasparof gewen het.

Die woord skaak kom van die Persiese woord sjah, wat koning beteken. Ook die woord mat is Persies en beteken hulpeloos.

Sportnuus

Uitgeligte biografie

Pierre Gasly in Maleisië, 2017

Pierre Gasly (gebore te Rouen, 7 Februarie 1996) is 'n Franse Formule 1-motorrenjaer wat tans vir die Scuderia AlphaTauri-span deelneem. Hy is die GP2-reekskampioen in 2016, en die naaswenner in die 2014 Formule Renault 3.5-reeks en die 2017 Super Formule-kampioenskap.

Hy maak sy Formule 1-debuut in die 2017 Formule Een-seisoen by die Scuderia Toro Rosso tydens die Maleisiese Grand Prix as plaasvervanger vir Daniil Kvyat. Hy het in 2019 na Red Bull Racing verskuif voor hy terug is Torro Rosso toe nadat hy tussen die Hongaarse en Belgiese ronde met Alexander Albon omgeruil is, as spanmaat van Kvyat. Gasly behaal sy eerste Formule Een-oorwinning tydens die Italiaanse Grand Prix in 2020 terwyl hy vir AlphaTauri jaag.

Gasly was gekontrakteer om vir Red Bull Racing vir die 2019-seisoen te jaag, saam met Max Verstappen ná die vertrek van Daniel Ricciardo na Renault.

Gasly is deur AlphaTauri behou vir 2021, met spanmaat die Japannese nuweling Yuki Tsunoda. Hy kwalifiseer vyfde vir die seisoenopener in Bahrein, maar bots met Daniel Ricciardo en val uit die wedren. Hy het toe punte by die volgende ses wedrenne aangeteken, insluitend sy derde loopbaanpodium by die 2021 Azerbeidjanse Grand Prix. By die Italiaanse Grand Prix val Gasly uit in die naelloop-kwalifisering nadat hy met Ricciardo kontak gemaak het en sy voorvlerk onder die wiele vasgedruk het.

Gasly het in 2022 voortgegaan om saam met Tsunoda vir AlphaTauri te jaag.

Gasly het 'n meerjarige kontrak onderteken om in 2023 vir Alpine te jaag, saam met mede-Fransman en voormalige karting-mededinger Esteban Ocon. AlphaTauri het Gasly toegelaat om by Alpine aan te sluit vir die na-seisoen toetse onmiddellik na die 2022 Aboe Dhabi Grand Prix.

Het u geweet...


...dat die vyf gewildste televisie-uitsendings almal sportprogramme is? Die Olimpiese Somerspele, Sokker-Wêreldbekertoernooie, Krieketwêreldbekertoernooie, Rugbywêreldbekertoernooie en Formule Een is die vyf programme wat die grootste kykertalle lok.

...dat ’n groot aantal immigrante uit Cornwall in myne in Suid-Afrika kom werk het? Die tinmyners het op die goudmyne in die ZAR gewerk en onder andere 'n rol gespeel in die vestiging van rugby as ’n sport in Suid-Afrika.

...dat die Namibiër Rudie van Vuuren die eerste (en enigste) man is wat in dieselfde jaar in twee sportsoorte, krieket en rugby, aan ’n wêreldbekertoernooi deelgeneem het? Hy het sy land tydens beide die Krieketwêreldbeker 2003 en die Rugbywêreldbeker 2003 verteenwoordig.

...dat die doelhok in sokker 2,44 meter hoog en 7,32 meter wyd is?

...dat daar in toetskrieket sedert 1877 slegs twee gelykopuitslae was en die Australiese nasionale span in albei gespeel het?

Uitgeligte beeld


Juuso Pykälistö van Finland in sy Peugeot 206 WRC tydens die 2003 Sweedse Tydren.

Sport in hierdie jaar


Sport in 2024:

Sport volgens jaar


2000  • 2001  • 2002  • 2003  • 2004
2005  • 2006  • 2007  • 2008  • 2009
2010  • 2011  • 2012  • 2013  • 2014
2015  • 2016  • 2017  • 2018  • 2019
2020  • 2021  • 2022  • 2023  • 2024
2025  • 2026  • 2027  • 2028  • 2029

Verwante portale

Kategorieë

Ontdek...


Armdruk  • Atletiek  • Padwedloop  • Basketbal  • Bofbal  • Boks  • Ysskaats  • Boogskiet  • Driekamp  • Duik  • Fietsry  • Ballet  • Gewigoptel  • Gesinchroniseerde swem  • Gholf  • Gimnastiek  • Handbal  • Hokkie  • Jag  • Judo  • Kanovaart  • Karate  • Kegelbal  • Krieket  • Motorsport  • Muurbal  • Netbal  • Pluimbal  • Roei  • Rolbal  • Rolstoelrugby  • Rugby  • Ruitersport  • Sagtebal  • Seil  • Skaak  • Skerm  • Ski  • Skyfskiet  • Sneeuplankry  • Sokker  • Stoei  • Swem  • Tafeltennis  • Taekwondo  • Tennis  • Vlugbal  • Waterpolo

Tags:

Portaal:BiologiePortaal:ChemiePortaal:FisikaPortaal:GeografiePortaal:GeologiePortaal:GeskiedenisPortaal:KrieketPortaal:LetterkundePortaal:MusiekPortaal:RugbyPortaal:SterrekundePortaal:Vlae en wapens

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SendelingposisieMorfologie (taalkunde)JeuksiekteKoorsMiddelmisbruikSuikerbekkiesC.J. LangenhovenGroot vyfSkoenlapperSeksMorfeemMensPinksterHeupAntoniemSann de LangeEuropaSkaapAngssteuringRolprentWitrenosterIndustriële RevolusieNatuurrampWerwelkolomSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureMaria MagdalenaWaarnemingStikstofAfrikaanse Protestantse KerkSeekoeiAarde se atmosfeerSokkerNatuurlike hulpbronGeografie van Suid-AfrikaGrieksE-posVersoeningsdagMenslike seksuele gedragEwenaarMIVMidde-OosteHemelvaartRina HugoWaterpokkiesSteenkoolWhatsAppLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)OntwerpVoedselkettingSomerGeelsugDuitsDemokrasieHartProvinsies van Suid-AfrikaWerkloosheidEjakulasieKonjunktivitisRenosterkewerGroot DepressieVulkanismeVloeistofJak de PriesterSekelvin-ghieliemientjieDrinkwatervoorsieningRuhan du ToitIndiëJan BloukaasJapanKlankverskynselsOorstromingHeuningbyJavaScript🡆 More