Eddie Barlow

Eddie Barlow (1940–2005) was ’n veelsydige Suid-Afrikaanse krieketspeler.

Hy was bekend vir sy veggees en aanvallende benadering met beide kolf en bal. Van 1961 tot 1970 het hy in 30 toetse vir Suid-Afrika gespeel en 2 516 toetslopies teen ’n gemiddeld van 45,74 lopies per kolfbeurt aangeteken. In dieselfde tyd neem hy ook 40 toetspaaltjies en benut hy 35 vangskote. Sy eersterangse loopbaan strek oor vier dekades (van 1959 tot 1983). Hy het ook provinsiale rugby gespeel, onder meer as senter vir Transvaal teen die All Blacks in 1960.

Eddie Barlow
Volle naam Edgar John Barlow
Gebore (1940-08-12)12 Augustus 1940
Pretoria, Suid-Afrika
Gesterf 30 Desember 2005 (op 65)
Jersey, Kanaaleilande
Bynaam(e) Bunter
Kolfstyl Regshandig
Boulstyl Regterarm mediumvinnige
Rol Bouler en kolwer
Internasionale geskiedenis
Nasionale span Suid-Afrika
Loopbaanstatistiek
Kompetisie Toets Eersterangs
Wedstryde 30 283
Lopies aangeteken 2516 18212
Kolfgemiddeld 45,74 39,16
100s/50s 6/15 43/86
Hoogste telling 201 217
Aflewerings geboul 3021 ?
Paaltjies 40 571
Boulgemiddeld 34,05 24.14
5 paaltjies in 'n kolfbeurt 1 16
10 paaltjies in 'n wedstryd 0 2
Beste boulontleding 5/85 7/24
Vangskote/Stonkings 35/- 335/-
Bron: Cricinfo, 1970

Barlow is op 12 Augustus 1940 in Pretoria in die destydse Transvaal gebore. Vanaf die 1960's was die bebrilde Barlow 'n gewilde en maklik herkenbaar figuur in Suid-Afrikaanse krieket gewees. Hy was nie net 'n kranige lopie-maker nie, maar ook 'n gereelde paaltjievraat en 'n veelsydige speler op die internasionale toneel.

Hy het van 1959/60 tot 1967/68 eersterangse krieket vir die destydse Transvaal en Oostelike Provinsie gespeel, daarna het hy in die seisoene van 1968/69 tot 1980/81 vir die Westelike Provinsie uitgedraf. Gedurende hierdie tyd het hy ook vir drie seisoene (van 1976 tot 1978) vir Derbyshire in die Engelse County Championship gespeel. Hy het sy eersterangse loopbaan in 1982/83 in die Boland afgesluit.

In 1962 is hy deur Suid-Afrikaanse Krieket as een van ses spelers van die jaar aangewys. Volgens Louis Duffus het Barlow: "meer as enigiemand anders gedoen om Suid-Afrika se skugter verdedigende taktiek, wat die land vir soveel jare 'n tweederangse krieketland gemaak het, af te takel".

Sy bynaam was "Bunter" omdat hy klaarblyklik soos Billy Bunter ('n fiktiewe skoolseun) gelyk het. 'n Pawiljoen op die Nuweland-krieketveld was veronderstel om na hom genoem te word, maar een van die klubs was daarteen gekant, en die idee is op "ys" geplaas.

In 2000 het hy 'n beroerte in Bangladesj gehad, waarna hy in die waakeenheid opgeneem is en daarna in 'n rolstoel opgeëindig het. Hy moes sy wynplaas in 2001 verkoop om sy mediese onkostes te dek. Hy het later na Noord-Wallis verhuis, waar hy afgerig het. Hy was ook by gestremde krieket betrokke. Hy is op 30 Desember 2005 in Jersey aan breinbloeding oorlede.

Verwysings

Tags:

All BlacksEersterangse krieketKrieketRugbySuid-AfrikaToetskrieket

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Gerrie PretoriusKruisigingWhitey BassonEstlandISBN (identifier)ISBNKoos BekkerSmall HandsErica BoyerNagmaalAnnelize van der RystSuid-Afrikaanse randRooikatBoet TroskieDigvormEpilepsieJeuksiekteSlaapapneeBloeddrukOntkiemingSkaapAkira ToriyamaPampoentjiesWiskundeHoofpynKopieregSteve BikoBloedsomloopstelselDerrickOpgestopte speelgoedLetterkundeStaat PalestinaAspergersindroomNAVOErfenisNarsistiese persoonlikheidsteuringAardverwarmingFredi NestWaverLandbouAkuutAndré SchwartzLiewe HeksieRegardt van den BerghHerpes simplexWikisourceMenslike penisgrootteWladimir PoetinSuid-AfrikaSeksualiteitSteve HofmeyrOlifantKomeetSenuweestelselDaggaAfrikaanse taalleerAfrikaanse naguilGemengde ekonomieVarkgriepNierversakingHondsdolheidKlein vyf diereSkoonma-se-tongLys van ingelyfde NG gemeentesSowjetunieElandréPaddaBloemfonteinLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Desiré Gardner🡆 More