Porta Nigra

Die Porta Nigra (Latyn: Swart Poort) is 'n bekende gebou in die stad Trier (Duitsland).

Dit is die grootste en bes bewaarde Romeinse stadspoort noord van die Alpe. Die poort, wat in die jaar 180 as die noordelike toegang tot die Romeinse stad Augusta Treverorum opgerig is, is deur Unesco in 1986 tot wêrelderfenisgebied verklaar.

Porta Nigra*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Porta Nigra
Die Porta Nigra.
Ligging van Porta Nigra op 'n kaart (Duitsland)
Porta Nigra
Porta Nigra
Posisie van die Porta Nigra in Duitsland
Koördinate: 49°45′34.9″N 06°38′38.5″O / 49.759694°N 6.644028°O / 49.759694; 6.644028 06°38′38.5″O / 49.759694°N 6.644028°O / 49.759694; 6.644028
Lande Vlag van Duitsland Duitsland
Tipe Kultureel
Kriteria i, iii, iv, vi
Verwysings 367
Streek Europa
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1986  (10de Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.
Porta Nigra
Die "Swart Poort"
Porta Nigra
Binne die Porta: Die eerste verdieping
Porta Nigra
Die Porta Nigra

Die Romeinse boumeesters het die enkele steenblokke, wat tot by ses ton weeg en uit die nabygeleë Kyllvallei afkomstig is, sonder pleister opmekaar gesit. Tot vandag toe word die stabiliteit van die Porta Nigra net deur sy eie gewig en met behulp van ysterhake verseker.

Tydens die middeleeue is diep gate in die stene gebeitel om die ysterhake te steel en in te smelt. Ook die naam Porta Nigra dateer uit hierdie tydperk. Dit is afgelei van die donker kleur, wat die sandsteen as gevolg van verwering begin aanneem het.

Danksy die Griekse hermiet Simeon, wat hier vanaf 1028 'n vroom lewe gelei het, het die Porta Nigra bewaar gebly. Na sy dood in die jaar 1035 is die Porta omgebou na 'n kerk, wat ook sy bewaring verseker het. Napoléon Bonaparte het die Romeinse gebou later van die meeste tekens van sy kerklike verlede bevry.

Eksterne skakels

Tags:

AlpeAugusta TreverorumDuitslandLatynTrierUnescoWêrelderfenisgebied

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Willie JoubertMangelontstekingDrinkwatervoorsieningVoornaamwoordPoesBetonTienie HollowayGroot vyfMenslike skeletGedigHomofoonVarkPersoonlike voornaamwoordSomerMoedersdagAfkortingWeervoorspellingVolksrepubliek ChinaMiltAnrich HerbstNeurenberg-verhoreGraaff-ReinetVolstruisInsekKolonoskopieVrouOlimpiese Somerspele 2024SkaapSamestellingWaterbesparing in Suid-AfrikaSeksposisiePornografieSout (chemiese stof)Angolese BurgeroorlogVlieënde HollanderSharpeville-slagtingKalsiumAartappelProteaBlaarBevolkingIngrid JonkerOnderwysBoerboelVulvaIslamLys van Joodse feeste en herdenkingsKoperVrugbaarheidNamibiëRobbeneilandKunsmatige algemene intelligensieVerenigde State van AmerikaVormBeurtkragVoortrekkermonumentSamestellende afleidingStedelike gebiedTransatlantiese slawehandelCoca-ColaMangelGesondheidMiddelmisbruikMiddeloorontstekingJesus van NasaretRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Noord-KaapVraag en aanbodAarverkalkingOntbossingLikkewaanThomas EdisonKoeffisiënt en magswortelElana AfrikaStam (taalkunde)🡆 More