Pigmee

’n Pigmee is lid van ’n etniese groep wat buitengewoon kort is; antropoloë definieer die term as lid van enige groep waar die mans se gemiddelde lengte minder as 150 cm is.

Die term word meestal verbind met volke in Sentraal-Afrika, soos die Aka, Efé en Mbuti. As "pigmee" gedefinieer word as lid van ’n groep waarvan die mans korter as 1,55 m is, is daar ook pigmeë in Australië, Thailand, Maleisië, Indië, Indonesië, Filippyne, Papoea-Nieu-Guinee, Bolivia en Brasilië.

Pigmee
’n Pigmee van Kameroen
Pigmee
Baka-dansers in Kameroen

Etimologie

Die term pigmee om na kort mense te verwys kom van die Griekse πυγμαῖος pygmaios via Latyn Pygmaei, wat afgelei is van πυγμή, ’n vuis (’n meeteenheid wat ooreenstem met die afstand tussen die elmboog en die kneukels).

Dit word soms as neerhalend beskou. Daar is egter geen enkele term waarmee dit vervang kan word nie. Baie pigmeë verkies om volgens hul etnisiteit geïdentifiseer te word, soos Aka, Baka, Mbuti en Twa. Die term Bayaka, die meervoud van Aka/Yaka, word soms in die Sentraal-Afrikaanse Republiek gebruik om na alle plaaslike pigmeë te verwys. In Kongolees word Bambenga gebruik.

Oorsprong

Verskeie teorieë is al voorgestel om die kort lengte van pigmeë te verduidelik. Volgens sommige studies kan dit ’n aanpassing wees by die min ultravioletligvlakke in die reënwoude. Dit kan meebring dat relatief min vitamien D in die vel vervaardig kan word en dat dit die kalsiumopname uit die dieet vir beengroei beperk.

Ander verduidelikings sluit in die gebrek aan kos in die reënwoudomgewing, lae kalsiumvlakke in die grond, die behoefte om deur digte woude te beweeg en ’n aanpassing by hitte en humiditeit. Ook die gene wat op groeihormone betrekking het, is al as rede aangegee.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Pigmee EtimologiePigmee OorsprongPigmee VerwysingsPigmee Eksterne skakelsPigmeeAustraliëBoliviaBrasiliëFilippyneIndiëIndonesiëMaleisiëPapoea-Nieu-GuineeSentraal-AfrikaThailand

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DemokrasieHeuningbyPlae van EgipteGasBloedsomloopstelselGesonde dieetFabelSamestellende afleidingIndustriële RevolusieTelwoordVerkleurmannetjieHindoeïsmeKoos BekkerJan van TonderVoegwoordSterHerfsNeurenberg-verhoreBosluisbytkoorsJapanHolocaustOogproblemeRassismeWaterPinksterMiltEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaMaagSwartbewussynsbewegingSteve HofmeyrSebraJaco JacobsAsemhalingNasiebouHondGautengBurgerregteGeskiedenis (vakgebied)JeugdagWieg van die MensdomCristiano RonaldoBeesvleisKaartLys van chemiese elemente volgens atoomgetalHipoteseVolhoubaarheidMangelKapitaal (ekonomie)LeierskapNarsismeOnderwerp (taalkunde)AkuutArmoedeBTWJesus van NasaretBelastingMurraysburgJo BlackBernice WestFluoorDinosourusPerdBywoordBruin huisslangHeks van HexrivierMagnetismeWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaAartappelDesmond TutuSnaarinstrumentVerantwoordelikheidVierde Industriële RevolusieTegnologiePuntSonja HerholdtAfrikaansIngenieurswese🡆 More