Reënwoude is woude wat gekenmerk word deur 'n hoë reënval met gedefinieerde minimum normale jaarlikse reënval van tussen 1 750 en 2 000 mm.
Reënwoude is die tuiste van twee derdes van alle lewende dier- en plantspesies op Aarde. Daar word geraam dat daar baie honderde spesies plante, insekte en mikro-organismes daarin voorkom wat steeds nie ontdek is nie.
Die ruigtes onder die uitgebreide blaredak in grotendeels beperk deur die gebrekkige sonlig wat op die grond val. Daar word onderskei tussen twee soorte reënwoude:
Ten spyte van die digte plantegroei is die grondgehalte dikwels baie swak. Vinnige verval deur bakterië voorkom die opeenhoping van humus. Die konsentrasie van yster en aluminiumoksied deur die lateriseringsproses verskaf aan die oxisole 'n helderrooi kleur en produseer ontginbare neerslae soos bauxiet. Op jonger substrate, veral van vulkaniese oorsprong kan die grond betreklik vrugbaar wees.
Groot hoeveelhede koolstofdioksied word deur 'n natuurlike reënwoud afgeskei en geabsorbeer. Op 'n wêreldwye skaal is die vloeie gebalanseerd, wat beteken dat 'n reënwoud 'n klein impak op die vlakke van koolstofdioksied in die atmosfeer sal hê al mag dit dalk ander beduidende klimaatsinvloede hê soos die hersirkulasie van waterdamp en wolkvorming. Daar bestaan vandag nie 'n enkele reënwoud wat as ongeskonde beskou kan word nie. Mensgedrewe ontbossing speel 'n beduidende rol in die vrystelling van koolstofdioksied vanuit reënwoude na die atmosfeer, maar ook natuurlike prosesse soos droogte wat boomsterftes ten gevolg het. Daar word geglo dat hierdie droogtes opsigself 'n groot bydrae gemaak het tot klimaatsverandering. Sommige klimaatmodelle neem interaksie met plantegroei in ag en voorspel 'n groot verlies van Amasone-reënwoude weens droogte rondom 2050 met die gevolglike versnelde verhoging in koolstofdioksiedvlakke.
Tropiese- en gematigde reënwoude is deur die loop van die 20ste eeu blootgestel aan grootskaalse houtkappery en ontbossing vir landboudoeleindes. Hierdie praktyke veroorsaak dat die oppervlakte van die aarde wat met reënwoude bedek is, steeds vinnig afneem. Bioloë beraam dat 'n groot aantal spesies elke jaar tot uitwissing gedryf word vanweë habitatsverwydering. Beskerming en hergenerasie van die reënwoude is 'n sleuteldoelwit van baie omgewingsorganisasies.
'n Ander faktor wat lei tot die verlies van reënwoude is die uitbreiding van menslike nedersettings. Kusstrook reënwoude van oostelike Australië is deesdae baie skaars vanweë ontwikkelinge langs die kusgebiede om aan die groot aanvraag te voldoen.
Omtrent die helfte van die wêreld se tropiese reënwoude, sowat 750 tot 800 miljoen hektaar van die oorspronklike 1,5 tot 1,6 miljard hektaar wat die aarde eens bedek het is reeds vernietig.
Wiki Commons bevat media in verband met Reënwoud. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Reënwoud, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.