Flores

Flores (Portugees vir: blomme; Indonesies: Pulau Flores) is die derde grootste van die Klein-Soenda-eilande na Timor en Soembawa en is in die noorde van dié argipel, in die suide van die eilandnasie Indonesië, geleë.

Die eiland word begrens deur die Floressee in die noorde en die Savusee in die suide.

Flores
Inheemse naam: Pulau Flores
Topografiese kaart van Flores
Topografiese kaart van Flores
Geografie
Flores
Ligging Suidoos-Asië
Koördinate 8°40′29″S 121°23′4″O / 8.67472°S 121.38444°O / -8.67472; 121.38444 121°23′4″O / 8.67472°S 121.38444°O / -8.67472; 121.38444
Argipel Klein-Soenda-eilande

Oppervlakte 13 540 vk km
Hoogste punt Poco Mandasawu 2 370 m
Administrasie
Vlag van Indonesië Indonesië
Provinsie Flores Oos-Nusa Tenggara

Hoofstad Maumere
Grootste stad Maumere (70 000)

Demografie
Bevolking 1 831 000

Flores
Bajawa op Flores
Flores
Die vulkaan Kelimutu op Flores

Flores is in die ooste van Soembawa en Komodo, in die weste van Lembata en die Alor-argipel en in die noordweste van Timor geleë. In die suide, oorkant die Soembastraat, lê Soemba, en in die noorde, oorkant die Floressee, Soelawesi. Flores het 'n bevolking van 1 831 000 in 2010 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 13 540 km².

Flores se geologie is gekenmerk deur baie aktiewe vulkane wat dié eiland van wes na oos gevorm het. Flores se vulkane behoort tot die Ring van Vuur wat die Stille Oseaan van Nieu-Seeland tot Chili omsirkel.

Tot die aankoms van die moderne mens was Flores deur die Homo floresiensis, 'n uitgestorwe pigmee, bevolk. Vandag is die meerderheid van die bevolking Christene, veral danksy kerstening deur die Portugese.

Etimologie

In teenstelling met die meeste ander Indonesiese eilande is Flores deur die Portugese genoem, afgelei van Cabo de Flores ("Kaap van blomme"), die Portugese term vir die oostelike deel van die eiland. Hierdie deel van die eiland, oorspronklik Kopondai genoem, is weens die bloeiende Delonix regia-bome, wat hier groei, só genoem. Die oorspronklike naam van Flores was Nipa, en verwys na 'n slang.

Eksterne skakels

  • Wiki AfrikaansFlores  Wiki Commons het meer media in die kategorie Flores.
  • (en) Toerisme-inligting oor Flores op Wikivoyage
  • (en) "Flores". Encyclopædia Britannica. Besoek op 24 April 2020.

Tags:

EilandnasieFloresseeIndonesiesIndonesiëKlein-Soenda-eilandePortugeesSavuseeSoembawaTimor

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TylaEmosieAngssteuringMonopolyDeelwoordAborsie in Suid-AfrikaBosluisbytkoorsHindoeïsmeKankerVoegwoordImpakte van toerismeWet op NaturellengrondKonflik (proses)AgtervoegselEreksieWitrenosterOogKindersiektesBrittany Ashton HolmesDemokratiese Republiek die KongoLys van bekende Suid-AfrikanersVergelykings (taalkunde)SeksismeSirkelVliegtuigWerkersdagPesachWet op Bantoe-onderwysSirkusJakkalsHamburgerInentingMieliestronkHarry PotterKarlien van JaarsveldKoppeltekenNetbalHipoteseKaapse florarykRassismeSinoniemProvinsies van Suid-AfrikaTuisbladMasturbasieBewaringstatusSowjetunieBewussynRobbeneilandKoorsblaarWiskundige terminologieBorskankerGalileo GalileiRymSout (chemiese stof)DieregeluideSkooluniformOorkruipersSuid-AfrikaGeskiedenis van AfrikaansSoutsuurKrieketPoësieTrappe van vergelykingKwaZulu-NatalYouTubeDiatomiese molekuulBoor (element)WeskusJaco JacobsKolonisasieChloorHorlosieMateriaalOopbroninhoudGriekwa-Afrikaans🡆 More