Pali-Kanon

Die Pali-kanon (Pali: Tipiṭaka) is die standaardversameling geskrifte in die Theravada-Boeddhistiese tradisie, soos bewaar in die taal Pali.

Dit is die eerste bekende en volledigste bestaande, vroeg-Boeddhistiese kanon.

Pali-Kanon
’n Standaarduitgawe van die Thaise Pali-kanon.

Dit is in Noord-Indië saamgestel en mondelings oorgedra totdat dit in 29 v.C. op die Vierde Boeddhisteraad in Sri Lanka op skrif gestel is, sowat 450 jaar ná die dood van Gautama Boeddha.

Die Pali-kanon bestaan uit drie algemene kategorieë, wat piṭaka (van die Pali-woord vir "mandjie") genoem word. As gevolg hiervan is die kanon tradisioneel bekend as die Tipiṭaka ("Drie Mandjies"). Die drie piṭakas is soos volg:

  1. Vinaya-pitaka ("Dissiplinemandjie"), wat handel oor reëls vir monnike en nonne.
  2. Sutta-pitaka ("Leringemandjie"), leringe van hoofsaaklik die Boeddha, maar ook ander dissipels.
  3. Abhidhamma-pitaka, beskryf as filosofie, sielkunde of metafisika.

Die Vinaya- en Sutta-pitaka stem baie ooreen met ander Boeddhistiese werke, maar die Abhidhamma-pitaka is ’n tipiese Theravada-versameling wat min gemeen het met werke van ander Boeddhisteskole.

Verwysings

Bronne

Tags:

BoeddhismePali (taal)Theravada

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Duitse maselsLys van elemente volgens simboolPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaNarsismeBonnie TylerISBNVergelykings (taalkunde)RekenaarSeksueel oordraagbare infeksieTweede VryheidsoorlogAdamHartversaking8 AprilNarkoseKlankKappie (skryfteken)Islamitiese Staat7de LaanLemoenduifKoorsblaarFord FiestaWiskundige terminologieDeborah AdairDocumentaLongApostelPriemgetalJohnny SinsFacebookSinoniemA.J. ApplegateoqhnrDurbanAalwynLord’sLys van persone in die BybelSonpaneelAfrikaanse taalleerVerslankingBruin huisslangMarita NapierHennie MaasVerkragtingWoordPornografiese akteurDuitslandBasisinkomsteAkkedisAfrikaanse naguilLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameAgorafobieKrugerwildtuinKoos BekkerAnneli van RooyenSpelerposisies in rugbyHartaanval.ghJo BlackHoërskool VorentoeRooibloedselWindkragLeeuAnglisismeSkaakPankreasAswoensdagPiet ByleveldKliniese depressieMongoliëWeeluisToyota CorollaGoudSlangPaddaKookkuns🡆 More