Oos-Mebon

Die Oos-Mebon (Khmer: ប្រាសាទមេបុណ្យខាងកើត) is ’n 10de-eeuse tempel in Angkor, Kambodja.

Dit is tydens die bewind van koning Rajendravarman gebou en staan op ’n kunsmatige eiland in die middel van die nou droë Oos-Baray.:73–75:116

Oos-Mebon
Oos-Mebon
Plaaslike naam  ប្រាសាទមេបុណ្យខាងកើត
Land Vlag van Kambodja Kambodja
Soort Hindoe-tempel
Streek Angkor
Geskiedenis
Stigter Rajendravarman
Gestig 10de eeu
Tydperk Middeleeue
Kulture Khmer-ryk

Beskrywing

Die Oos-Mebon was gewy aan die Hindoegod Shiva en is gebou ter ere van die koning se ouers. Die ligging van die tempel dui op die Khmer-argitektuur se aandag aan oriëntasie en windrigtings. Dit is gebou op ’n as van noord na suid met Rajendravarman se hooftempel, Pre Rup, sowat 1 200 m suid daarvan net buite die baray. Dit lê ook op ’n oos-wes-as met die paleistempel Phimeanakas, nog een van Rajendravarman se projekte, sowat 6 800 m wes daarvan.

Dit het dieselfde styl as Pre Rup; dit het twee omringende mure en drie vlakke. Die boumateriaal sluit in sandsteen, stene, lateriet en pleisterkalk. Heel bo is ’n sentrale toring op ’n vierkantige platform wat omring word deur vier kleiner torings by die platform se hoeke.

Die beelde by die Oos-Mebon is uiteenlopend en besonders – dit sluit olifante van twee meter hoog by hoeke van die eerste en tweede vlak in. Godsdienstonele sluit in die god Indra op sy olifant met drie koppe, Airavata, en Shiva op sy ryding, die heilige bul Nandi.

Besoekers wat van die boonste vlak af uitkyk, kan hulle die uitgestrekte waters voorstel wat die tempel voorheen omring het. Vier landingsplekke op die grondvlak herinner daaraan dat die tempel eens met bote bereik is.

Galery

Oos-Mebon 
Hoofpoort
Hoofpoort  
Oos-Mebon 
’n Olifant wat waghou
’n Olifant wat waghou  
Oos-Mebon 
Nog ’n beeld van ’n olifant
Nog ’n beeld van ’n olifant  
Oos-Mebon 
Laer terras met die beeld van ’n olifant
Laer terras met die beeld van ’n olifant  
Oos-Mebon 
Latei wat Indra op Airavata uitbeeld
Latei wat Indra op Airavata uitbeeld  
Oos-Mebon 
Detail
Detail  
Oos-Mebon 
Trappe na die boonste terras en tempel
Trappe na die boonste terras en tempel  
Oos-Mebon 
Hooftempel
Hooftempel  
Oos-Mebon 
Binnekant van die tempel
Binnekant van die tempel  

Sien ook

Verwysings

Ekstra bronne

  • Freeman, Michael and Jacques, Claude. Ancient Angkor. River Books, 1999. ISBN 0-8348-0426-3.
  • Rooney, Dawn. Angkor. Airphoto International Ltd. 2002.

Eksterne skakels

103°55′12″O / 13.44667°N 103.92000°O / 13.44667; 103.92000

Tags:

Oos-Mebon BeskrywingOos-Mebon GaleryOos-Mebon Sien ookOos-Mebon VerwysingsOos-Mebon Ekstra bronneOos-Mebon Eksterne skakelsOos-Mebon10de eeuAngkorKambodjaKhmerOos-BarayTempel

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WinterChirurgieDermpoliepAnusEkonomie van Suid-AfrikaOnderwys in Suid-AfrikaVergelykings (taalkunde)HidroëlektrisiteitGholfRoesAnrich HerbstNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaMensSeksueel oordraagbare infeksieAfrikanernasionalismeMenseregteMarco PoloBloemfonteinViëtnamoorlogWortelkanaalMusieksimboleMaselsElandréVloeistofAardbewingKrimpvarkieOman AirHeupvervangingSkildklierGetalSelfstandige naamwoordWaterbesoedelingKrugerwildtuinKlein-KarooLettergreepAkroniemKaliumBreingewasSpringbokkeSeksismeBreyten BreytenbachPlaasjapieBuffelWaterkringloopDriedimensioneelJohannesburgDroomSeksuele stimulasieBoeddhismeSuid-Afrikaanse UitsaaikorporasieMikro-ekonomieArgitektuurDuitslandLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaJacques LootsSterLys van nedersettings in Suid-AfrikaNiemetaalLionel PetersonSonReddingskakeBreinkaartAtoomStaalWapen van Suid-AfrikaEnkelvoudige sinVeeartsEreksieSpecial Air ServiceMartin Luther King jr.Koos du PlessisMiskruierEnsiklopedieMigrasie van diereKweekhuisgasDierVersoeningsdagKindersiektesVlieg (dier)🡆 More