Noorse Boskat

Die Noorse boskat (Noors: Norsk skogkatt; Engels: Norwegian Forest Cat) is ’n langharige katras inheems aan Noord-Europa.

Noorse boskat
Noorse Boskat
Alternatiewe naam  Skogkatt
Land  Noorweë
Ontstaan  Natuurlik
Pels  Lank
Patroon  Alle behalwe kleurpunte
Wetenskaplike naam
Felis catus (huiskat)
Portaal  Portaalicoon   Katte

Geskiedenis

Noorse Boskat 
’n Swart Noorse boskat.

Die Noorse boskat is aangepas om te oorleef in die koue weer van Noorweë. Hy kan moontlik afstam van swart en wit korthaarkatte wat ná 1 000 nC deur Wikings van Brittanje gebring is en langhaarkatte wat deur die Kruisvaarders gebring is. Hierdie katte kon met plaas- en wilde katte gepaar het en moontlik so in die moderne Noorse boskat ontwikkel het.

Die Siberiese kat en Turkse angora, langhaarkatte van onderskeidelik Rusland en Turkye, kan ook voorvaders van die ras wees. Noorse legendes verwys na die "Skogkatt" as ’n sprokiekat wat in die berge woon en hoë kranse kan uitklim. Aangesien die Noorse boskat ’n baie goeie klimmer is, glo die skrywer Claire Bessant dat die Skogkatt die Noorse boskat kan wees. Omdat hulle goeie jagters is, is hulle later op Noorse plase gebruik.

In 1938 is die eerste klub vir die Noorse boskat gestig. Hul beweging om die ras te bewaar is in die Tweede Wêreldoorlog onderbreek en amper in die wiele gery toe die kat byna uitgewis is weens teling met ander langhaarkatte. Aangesien die kat eers in die 1970's van Noorweë na ander dele van Europa versprei het, is dit toe eers deur die Europese vereniging Fédération Internationale Féline geregistreer. In 1989 is dit in Brittanje as ’n ras erken en eers in 1994 deur die Amerikaanse Cat Fanciers' Association.

Beskrywing

Die kat se pels is aangepas by baie koue toestande. Die boonste laag bestaan uit lang, blink hare wat water uithou en ’n wollerige onderlaag vir isolasie. Dit is ’n groot, sterk kat – baie soos die Maine Coon – met lang bene, ’n wollerige stert en stewige lyf. Hulle het sterk pote en kan dus goed klim.

Die oë is amandelvormig en sit skuins. Dit kan enige kleur wees. Alle pelskleure word aanvaar buiten sjokoladebruin, lila, vaalbruin en kaneel.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Noorse Boskat GeskiedenisNoorse Boskat BeskrywingNoorse Boskat Sien ookNoorse Boskat VerwysingsNoorse Boskat Eksterne skakelsNoorse BoskatEngelsEuropaLys van katrasseNoors

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

YslandKorrupsieDemi Lee MooreRenosterC.J. LangenhovenWetenskaplike klassifikasieDubbelpuntAngolaByvoeglike naamwoordSomerTandbederfHoofkarakterOsoonlaagEngelsKletsrymErosietipesLys van Afrikaanse skrywersJan van TonderBloedsomloopstelselBrandmondsindroomSmaakElana AfrikaWapen van Suid-AfrikaHomoniemMagneetGrondwet van Suid-AfrikaDataverwerkingE-posRegverdige handelHernubare energiePlastiekNatriumErfenisdag (Suid-Afrika)Wieg van die MensdomLys van bekende Suid-AfrikanersDieremishandelingBoerboelAntisemitismeSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Suid-Afrikaanse GrensoorlogKaapstadNederlandMiljardPersentasieToerismeLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaJazzStedelike hitte-eilandResensieImpakte van toerismeWaterBruin huisslangLys van kinderspeletjiesAfrikaVrugbaarheidBywoordIngrid JonkerBlack SashAfro-AmerikanersKrieketKaapse VlakteOranjerivierAfrikaansMangelontstekingAssonansieMaatskappyKoeffisiënt en magswortelVerkragtingKongo-krisis20ste eeuDiepaartromboseVigsInleiding tot die genetikaJohn Brown (aktivis)🡆 More