Maine Coon

Die Maine Coon is ’n langharige katras met ’n kenmerkende voorkoms en ’n goeie jagvermoë.

Maine Coon
Maine Coon
Alternatiewe naam  Coon, Maine
Land  VSA
Ontstaan  Natuurlik
Pels  Lank
Patroon  Alle behalwe kleurpunte
en strepies
Wetenskaplike naam
Felis catus (huiskat)
Portaal  Portaalicoon   Katte

Geskiedenis

Die Maine Coon is een van die oudste natuurlike katrasse in Noord-Amerika en is oorspronklik veral in Maine aangetref waar dit dié staat se amptelik kat is.

Dit is nie seker wanneer die kat in Amerika beland het nie, maar daar is verskeie teorieë. Die algemeen aanvaarde teorie is dat die Maine Coon ontstaan het ná kruisings tussen plaaslike korthaarkatte en langhaarkatte wat deur Engelse seevaarders (moontlik deur kapt. Charles Coon) of 11de-eeuse Wikings na Amerika gebring is. Die verbinding met die Wikings is vanweë die kat se ooreenkoms met die Noorse boskat.

Die kat was in die laat 19de eeu gewild op katskoue, maar sy bestaan is bedreig toe ander langhaarkatte in die 20ste eeu van oorsee na Amerika gebring is.

Beskrywing

Maine Coon 
’n Silwer gestreepte Maine Coon.

Dit is een van die grootste huiskatte en mannetjies kan tot 11 kg weeg. Die lyf is sterk en die bors breed. Die kat het ’n reghoekige lyf en lang pels. Die hare is korter op die kop en skouers en langer op die maag en sye, terwyl sommige katte ’n maanhaaragtige kraag het. Die pels het min versorging nodig. Die harige stert kan tot 36 cm lank wees en loop dunner na die punt.

Maine Coons kan enige kleur hê, maar kleure wat op hibrides dui, soos sjokolade, laventel, kleurpunte en fyn strepies word nie vir skoue aanvaar nie. Die algemeenste kleur is bruin met strepe. Alle oogkleure word aanvaar, behalwe blou en ’n onpaar kleur by katte wat nie wit is nie.

Maine Coons is bekend vir hul intelligensie en sagmoedigheid. Hulle bereik eers volle volwassenheid op drie tot vyf jaar, terwyl ander katte sowat ’n jaar neem.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Maine Coon GeskiedenisMaine Coon BeskrywingMaine Coon Sien ookMaine Coon VerwysingsMaine Coon Eksterne skakelsMaine CoonLys van katrasse

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

James AlexanderBiodiversiteitSelfoonHamilton WesselsStresBonné de BodMolekuulVoëlGeestesgesondheidNG gemeente JansenvilleOnderwerp (taalkunde)DiepaartromboseBergen-Belsen-konsentrasiekampMaagsweerMauritiusMiddeloorontstekingHernubare energieLys van Suider-Afrikaanse varswater visfamiliesTasché BurgerAppelYsterLys van politieke partye in Suid-AfrikaKokketielKaliumDemi Lee MooreMenslike skeletBrandmondsindroomTwaalf Stamme van IsraelCleopatra VIISpinnekopWaterbesoedelingSoogdierKaapstadse waterkrisis 2015-2018MusiekteaterBaarmoederLongBloedingBywoordJanie du PlessisStereotipeKlein-KarooLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsMeervoudKoekie (rekenaarwetenskap)Ekonomiese sektorJodeAfrikaanse woordelys en spelreëlsGroot vyfSteenkool in Suid-AfrikaHartaanvalChloorKonsentrasiekampLewerHeupvervangingBetonLianie MayGeldSatellietfotoPols-oksimeterHenry MurrayJaco JacobsVolstruisGriekse mitologieNagapieJan van TonderRolprentLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Karlien van JaarsveldGalileo GalileiSonsteekLys van lande volgens bevolkingKliniese depressie🡆 More