New Haven

New Haven is die tweede grootste munisipaliteit in Connecticut (ná Bridgeport en net voor Hartford) en die sesde grootste munisipaliteit in Nieu-Engeland met 'n kernbevolking van omtrent 123 000 mense.

"New Haven" kan ook verwys na die breër Groter New Haven gebied, waar bykans 600 000 inwoners in die onmiddellike omgewing tuis is. Dit is geleë in New Haven county, aan die New Haven hawe, op die noordkus van die Long Island see-engte.

New Haven
New Haven

Kaart Wapen
New Haven
New Haven
Vlag
New Haven
 Land New Haven Verenigde State
 Deelstaat New Haven Connecticut
 Administratiewe distrik (county) New Haven
 Koördinate 41°18′N 72°55′W / 41.300°N 72.917°W / 41.300; -72.917 72°55′W / 41.300°N 72.917°W / 41.300; -72.917
 Gestig op 1638
 Geïnkorporeer op 1784
 Oppervlak:  
 - Totaal 52,6 vk km
 Hoogte bo seevlak 18 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2010) 129 779
 - Bevolkingsdigtheid 2 648,6,14/vk km
 - Metropolitaanse gebied 846 766
 Tydsone EST (UTC -5)
 - Somertyd EDT (UTC -4)
 Klimaat  
 - Tipe Kontinentale klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 15,7 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie 2 / 29 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 1336,5 mm
 Burgemeester Justin Elicker (D)
 Amptelike webwerf cityofnewhaven.com
New Haven
Yale-universiteit: Die binnehof van Calhoun College in Desember
New Haven
...en in April

'n Jaar na dorpstigting in 1638, is agt strate uitgelê in 'n roostervorm van vier by vier strate, om sodoende die "Negepleinplan" te vorm, soos dit tans bekend is, wat deur die Amerikaanse Instituut vir Gesertifiseerde Beplanners erken word as 'n Nasionaalhistoriese beplanningsmylpaal. Die sentrale gemeenskapsblok, die New Haven brink is 'n plein van 6 ha, tans 'n Nasionaalhistoriese landmerk en die sentrum van die New Haven stadskern.

New Haven het die eerste openbare boomplantingsprogram in Amerika uitgevoer, wat later 'n lowerbedekking van volgroeide bome sou vorm, wat sekere groot Elms insluit. Dit het aan New Haven die bynaam "Die Elmstad" besorg.

Die stad is die tuiste van Yale-universiteit. Die universiteit maak 'n integrale deel uit van die stadsekonomie, deurdat dit onder meer New Haven se grootste belastingbetaler en werkgewer is, soos uitgewys in die 2010 Stadsrede van die Burgemeester. Mediese sorg (hospitale en biotegnologie), professionele dienste (geregtelik, argiteksbeplanning, bemarking en ingenieurswese), finansiële dienste en kleinhandel dra ook by om die bedryfsbasis van die stad te skep. Sedert die mid-1990's, het die stadskern ekstensiewe herlewing ondergaan.

Verwysings

Tags:

Bridgeport, ConnecticutConnecticutHartfordNieu-Engeland

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Cheslin KolbeAartappelWiki CommonsUnited Democratic FrontLongAntjie KrogBrongitisVisAborsieAtleetvoetTrekarbeidEierstokPoesGesondheidShanzhaiVars waterKersfeesEendbekdierGoogle MapsBruin huisslangAfrikaanse TaalmonumentVryheidsmanifesBruin menseEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaNasionale lied van Suid-AfrikaMagneetLys van elemente volgens simboolGeslagsgelykheidLys van Afrikaanse televisiereekseVerkragtingChatGPTToerismeEkonomiese sektorJavaScriptAbstraksie (rekenaarwetenskap)YsterSleutel (musiek)KontinentFinale OplossingBloemfonteinGrondbesoedelingTrappe van vergelykingLyfstraf in skoleNic de JagerLeeuSeksposisieMenslike seksuele gedragJapanDieremishandelingAgtervoegselSeksualiteitAntjie SomersNatuurKolonisasieHorlosieNarsismeJo BlackPankreasKoolstofSnaarinstrumentRugbyBosluisbytkoorsWet op NaturellengrondMorfologie (taalkunde)HemelvaartLys van Afrikaanse skrywersNiersteenKarooToekoms van die AardeAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidLenteSwemGriepStaatstoelaePerdKlimaatsverandering in Afrika🡆 More