Skull And Bones

Skull and Bones is ’n geheime vereniging vir senior voorgraadse studente aan Yale-universiteit in New Haven, Connecticut.

Die moedervereniging is die Russell Trust Association, wat Skull and Bones se eiendom besit en toesig oor die vereniging hou. Dit is informeel as "Bones" bekend en sy lede as "Bonesmen".

Skull and Bones
Die embleem van Skull and Bones.
Die embleem van Skull and Bones.
Gestig 1832
Soort Geheime vereniging
Hoofkwartier Yale-universiteit
Ligging New Haven, Connecticut, VSA
Moedervereniging Russell Trust Association

Geskiedenis

Skull and Bones is in 1832 gestig ná ’n dispuut onder Yale-debatsverenigings oor daardie seisoen se Phi Beta Kappa-pryse. William Huntington Russell en Alphonso Taft het toe saam "the Order of the Scull [sic] and Bones" gestig. Die eerste senior lede was Russell, Taft en 12 ander.

Die vereniging se bates word bestuur deur die Russell Trust Association, wat in 1856 gestig en na die Bones-medestigter genoem is.

Volgens die eerste uitgebreide beskrywing van Skull and Bones, wat in 1871 deur Lyman Bagg gepubliseer is in sy boek Four Years at Yale, "vorm die misterie wat nou sy bestaan omhul, die een groot enigma wat skindertonge nooit moeg word om te bespreek nie".

Skull and Bones kies elke lente nuwe lede uit die studente as deel van die universiteit se "Tap Day", wanneer moontlike lede ge-tap word, en doen dit reeds van 1879 af. Sedert die vroeë 1990's word vroue ook toegelaat.

Geriewe

Skull And Bones 
Die Tombe voordat ’n tweede vleuel bygevoeg is.

Die saal van Skull and Bones is bekend as die "Tombe". Dit bestaan uit die eerste vleuel wat in 1856 gebou is, die tweede vleuel (1903) en die Nieu-Gotiese torings in die agtertuin (1912).

Die vereniging bestuur ook Deer Island, ’n oord aan die St. Lawrence-rivier. Die Bonesmen "kom daar byeen en versterk ou vriendskappe". Hoewel die lede steeds daarheen gaan, het die plek intussen agteruitgegaan.

Bonesmen

Skull And Bones 
’n Jaarboek met name van Skull and Bones-lede van 1920. Dit sluit die medestigters van die tydskrif Time, Briton Hadden en Henry Luce, in.

Skull and Bones se lidmaatskap het ’n reputasie ontwikkel wat verband hou met die "magselite". Nes by ander senior Yale-verenigings was Skull and Bones se lidmaatskap vir ’n groot deel van sy geskiedenis feitlik uitsluitlik vir wit Protestantse mans. Terwyl Yale self uitsluitingsbeleide gehad het wat studente tot sekere etniese en godsdiensgroepe beperk het, was die senior verenigings nog meer uitsluitlik. Terwyl sommige Katolieke toegelaat sou word om aan te sluit, is Jode meestal nie. Lede van hierdie uitgeslote groepe is later wel toegelaat op grond van sportprestasies, omdat die vereniging baie sportmanne as lede gekies het. Bekende voetbalspelers wat genooi is om lede van Skull and Bones te word, sluit in die eerste Joodse speler, Al Hessberg (klas van 1938), en die Afro-Amerikaanse speler Levi Jackson (klas van 1950), wat die uitnodiging van die hand gewys het om by ’n ander geheime vereniging aan te sluit.

Hoewel Yale in 1969 gemengde onderrig goedgekeur het, het Skull and Bones tot in 1992 net mans toegelaat. Daar is eers dekades lank gedabatteer oor "Die Saak", soos die Bonesmen dit genoem het. Die dispuut het selfs die The New York Times gehaal.

Onder die vooraanstaande oudlede tel hoofregter William Howard Taft (seun van die medestigter), die voormalige presidente George H.W. Bush en George W. Bush, ’n senator, regters van die hooggeregshof, ministers en redakteurs van die tydskrifte Time, Life, Fortune en Sports Illustrated.

George W. Bush het in sy outobiografie, A Charge to Keep, geskryf: "In my senior jaar het ek aangesluit by Skull and Bones, ’n geheime vereniging; so geheim, ek kan niks meer sê nie."

Allerlei

Die nommer "322" verskyn op Skull and Bones se embleem en is vermoedelik die jaar waarin die Griekse redenaar Demosthenes dood is. ’n Brief tussen vroeë lede van die vereniging in Yale se argief stel voor 322 is ’n verwysings na die jaar 322 v.C. en dat lede tyd van daardie datum af tel in plaas van van Christus se geboorte af. In 322 v.C. het die Lamiese Oorlog geëindig met die dood van Demosthenes, en die Atheners is gedwing om hul regering te ontbind en ’n plutokratiese stelsel in sy plek daar te stel – net mense wat 2 000 dragmas of meer gehad het, kon burgers bly. Daar is na bewering dokumente in die Tombe gevind met datums van "Anno-Demostheni" ("voor Demosthenes"). Lede meet die tyd van die dag volgens ’n horlosie wat vyf minute verskil van die gewone tyd; laasgenoemde word "barbaarse tyd" genoem.

Lede kry byname, soos "Long Devil" vir die langste lid. Baie name kom uit die letterkunde, godsdiens of mites. George H.W. Bush was "Magog" (seun van Jafet).

Skull and Bones het ’n reputasie daarvoor dat hulle aandenkings van ander Yale-verenigings en van kampusgeboue steel; lede noem dit blykbaar "crooking" en streef daarna om mekaar se "crooks" te verbeter.

Die vereniging word soms genoem in samesweringsteorieë, soos dat hulle betrokke is by ’n sameswering om die wêreld te oorheers. Teoretici soos Alexandra Robbins het al voorgestel Skull and Bones is ’n tak van die Illuminati en dat dit deur Duitse studente gestig is nadat die orde deur Karel Theodor, die heerser van Beiere, onderdruk is, of dat Skull and Bones die CIA beheer.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Skull And Bones GeskiedenisSkull And Bones GerieweSkull And Bones BonesmenSkull And Bones AllerleiSkull And Bones VerwysingsSkull And Bones Eksterne skakelsSkull And BonesConnecticutNew HavenYale-universiteit

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NierVerenigde State van AmerikaKolonoskopieWes-KaapDrinkwatervoorsieningTemperatuurWetenskaplike klassifikasieGeslagOopbroninhoudKoerantFranse RewolusiePeriodieke tabelKoue OorlogEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaOlimpiese Somerspele 2012MaanWikipediaGewone breukeNG gemeente JansenvilleSaartjie BaartmanWelwillendheidsdagSpysverteringstelselMaselsRenteLeestekenDiepaartromboseBesnydenisD.J. OppermanPesachCovid-19-pandemieGeslagsgelykheidSmeltpuntGqeberhaChroniese siekteSinkFabelPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaNasionale VrouedagKortverhaalHamburgerPlantApartheidWilna SnymanZoeloeChristendomKoorsblaarArendBreyten BreytenbachSiekteGroot TrekStadOlimpiese SpeleVaginale kankerAndrew DavisMiddeloorontstekingEjakulasieBosluisbytkoorsKasteel die Goeie HoopTropiese sikloonWet op NaturellengrondKoorsRugbyDialoog in fiksieRooipandaBeëdigde verklaringPreseminale vloeistofChristiaan Frederik BeyersVoëlJan-Willem BreureTrekarbeidGriekwa-AfrikaansElandréGesondheidGalblaasAngolese Burgeroorlog🡆 More