New Frontiers-Program

Die New Frontiers-program is ’n reeks ruimteverkenningsendings deur Nasa met die doel om navorsing oor verskeie van die hemelliggame in die Sonnestelsel te doen, onder meer die planeet Jupiter en die dwergplaneet Pluto.

New Frontiers-Program
New Frontiers-Program
’n Kunstenaarsvoorstelling van die tuig New Horizons by Pluto (BO) en van Juno by Jupiter.

Dit is een van die ruimteagentskap se huidige drie klasse Sonnestelselprogramme; die ander twee is die duurder Flagship-program en die goedkoper Discovery-program.

New Frontiers is ontwerp vir mediumklassendings wat te groot vir die Discovery-program is. Daar is tans twee New Frontiers-sendings: New Horizons, wat op 19 Januarie 2006 na Pluto gelanseer is, en Juno, wat op 5 Augustus 2011 na Jupiter vertrek het. Die lansering van ’n derde sending, OSIRIS-REx, word vir September 2016 beplan. Nog voorgestelde sendings, wat egter ook deel kan uitmaak van een van die ander genoemde programme, is na Venus, Saturnus, die Maan, Io en ’n komeet.

Huidige sendings

New Frontiers-Program 
Charon (links) en Pluto, wat op 11 Julie 2015 deur New Horizons afgeneem is.
New Frontiers-Program 
’n Foto wat Juno van die Aarde geneem het op pad na Jupiter.

New Horizons (New Frontiers 1)

New Horizons, ’n tuig na Pluto, is op 19 Januarie 2006 gelanseer. Ná ’n verbyvlug van Jupiter in Februarie 2007 wat hom na Pluto help stu het, het dit in Julie 2015 verby die dwergplaneet en sy maan, Charon, gevlieg.

Tot in 2020 sal dit nog een of meer Kuipergordel-voorwerpe besoek.

Juno (New Frontiers 2)

Juno is ’n verkenningsending met Jupiter as teiken. Dit is op 5 Augustus 2011 gelanseer en het die planeet op 4 Julie 2016 bereik. Dit is die eerste sonkragtuig na ’n buiteplaneet.

Dit het ’n dag ná sy aankoms in ’n wentelbaan om Jupiter se pole gegaan om onder meer die planeet se magneetveld en interne struktuur te ondersoek.

OSIRIS-REx (New Frontiers 3)

OSIRIS-REx staan vir "Origins, Spectral Interpretation, Resource Identification, Security, Regolith Explorer". Die beplande doel is ’n wentelbaan teen 2020 om ’n asteroïde, destyds 1999 RQ36 genoem (nou 101955 Bennu). Die tuig sal die liggaam se mates neem en ’n monster van sy oppervlak in 2023 terugbring Aarde toe. Die monster sal wetenskaplikes help om vrae te beantwoord oor die vorming van die Sonnestelsel en die oorsprong van ingewikkelde organiese molekules wat nodig is vir die ontstaan van lewe.

Die asteroïde 101955 hou ’n potensiële gevaar vir die Aarde in en is derde op die Brandwagrisikotabel van sulke liggame. Daar is ’n kans van 0,07% dat dit die Aarde in die laat 2100's kan tref en daarom is dit noodsaaklik dat sy samestelling en Jarkofski-effek vasgestel word.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

New Frontiers-Program Huidige sendingsNew Frontiers-Program VerwysingsNew Frontiers-Program Eksterne skakelsNew Frontiers-ProgramDwergplaneetJupiter (planeet)NasaPlaneetPluto (dwergplaneet)Sonnestelsel

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

McGill UniversiteitBrittany Ashton HolmesKrieketHondsdolheidJapanGoogle MapsDeborah AdairDemensieEkotoerismeA.J. ApplegateSeekoeiGroote SchuurAnale seksOlimpiese godeTonnels van Củ ChiDiepfopApartheidApostoliese GeloofsendingOu Apostoliese KerkJudas IskariotKaliumHemelvaartsdagFord Model TDieetveselVerenigde KoninkrykPerdDean SmithSeksuele stimulasieSpekboomAbsesLisa AnnProstaatkankerMilitêrKarooLys van veltoestandePeach van PletzenSean CombsRooiwaterVeranderinge aan Suid-Afrikaanse geografiese nameReënspinnekopDjihadLionel PetersonRekenaarwetenskapYouTubePadtekens in Suid-AfrikaGeboorteVolstruisSanskritKadmiumBridgestoneSportWortelTropiese sikloonMangelontstekingRooibokDocumentaOlifantLOrthopteraBulgaryeIntensiewe vormKompasAnglisismeSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Koekie (rekenaarwetenskap)Lys van kleureSuid-Afrikaanse GrensoorlogSweedsBeëdigde verklaringTransistorKwikstertjieHTMLBorrieAarde se atmosfeerSeksueel oordraagbare infeksieGeluk🡆 More