Maan Io

Io (Grieks: Ἰώ; ook Jupiter I) is die derde grootste maan van die planeet Jupiter ná Callisto, en ook die vierde grootste maan in die sonnestelsel na Callisto.

Io is bekend vir sy uiters aktiewe vulkanisme en die groot voorkoms van swawel (albei is die grootste in die sonnestelsel), wat die maan se ongewone kleur veroorsaak. Die vier Mane van Galilei is met 'n teleskoop sigbaar. In vergelyking met die ander Galileise mane het Io 'n baie ligte oppervlak met 'n albedo van 0,61, wat beteken, dat 61% van die sonlig wat dié maan bereik, absorbeer word.

Io   
Io
Io, soos waargeneem deur die Galileo-wenteltuig op 26 Junie 1996.
Ontdekking
Ontdek deur Galileo Galilei
Datum 7 Januarie 1610
Alternatiewe nameJupiter I
Wentelbaaneienskappe
Periapside 420 000 km
0,002 807 AE
Apoapside 423 400 km
0,002 830 AE
Wentelbaanradius 421 700 km
0,002 819 AE
Eksentrisiteit 0,0041
Wentelperiode 1,769 137 786 dae
(152 853,504 7 s,
42,459 306 86 h)
Gem. omwentelingspoed 17,334 km/s
Inklinasie 2,21° (tot Ekliptika)
0,05° (tot Jupiter se ewenaar)
Satelliet van Jupiter
Fisiese eienskappe
Afmetings 3 660,0 × 3 637,4 × 3 630,6 km
Gem. radius 1 821,3 km
(0,286 Aardes)
Oppervlakte 41 910 000 km2
(0,082 Aardes)
Volume 2,53×1010 km3
(0,023 Aardes)
Massa 8,9319×1022 kga
(0,015 Aardes)
Gem. digtheid 3,528 g/cm3
Oppervlak-
aantrekkingskrag
1,796 m/s2 (0,183 g)
Ontsnapping-
snelheid
2,558 km/s
Rotasieperiode sinchronies
Rotasiespoed
by ewenaar
271 km/h
0,63 ± 0,02
Oppervlak-temp.
   Oppervlak
mingem.maks
90 K110 K130 K
Skynmagnitude 5,02 (opposisie)
Atmosfeer
Oppervlakdruk Spoor
Samestelling 90% Swaweldioksied
Maan Io
Die orbitale resonansies van Ganimedes, Europa en Io

Galileo Galilei het die maan se bestaan op 7 Januarie 1610 geregistreer, saam met die drie ander Galileise mane Kallisto, Europa en Ganimedes. Die maan is genoem na Io, een van Hera se priesteresse, 'n nimf, 'n dogter van die riviergod Inachos en 'n geliefde van Zeus in die Griekse mitologie.

Vulkanisme

Die maan word gekenmerk deur hewige vulkanisme, met meer as 400 aktiewe vulkane, wat ook (ná die Son en Venus) die hoogste temperatuur in die sonnestelsel genereer. Io bestaan hoofsaaklik uit silikaatgesteentes rondom 'n kern van gesmelte yster of ystersulfied. Die ekstreme vulkaniese aktiwiteit is die gevolg van die enorme getykragte wat Jupiter op die maan uitoefen en wat tot wrywing en daardeur verhitting in die inwendige dele van die maan lei. Verskeie vulkane op Io lewer groot pluime van swawel en swaweldioksied wat tot 500 km hoogte kan reik. Die temperatuur van die vulkane kan hoër as 1500 K wees. Die lawa is ook baie warm en bestaan dalk uit ultramafiese silikate. Op Aarde het in die Hadeïkum en die Argeïkum vergelykbare omstandighede geheers wat tot die vorming van komatiïet gelei het. Vandag is die Aarde se mantel daarvoor 200 °C te ver afgekoel. Op Io bestaan lawamere soos by Pele en 'n lawasee van 20 000 km² wat Loki Patera genoem word. Die litosfeer is meer as 30 km dik en daar is geen plaattektoniek nie. Io se vulkanisme kan dus vergelyk word met vulkanisme wat in die middel van die plate op die Aarde plaasvind.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

AlbedoCallisto (maan)GrieksJupiter (planeet)Mane van GalileiNatuurlike satellietPlaneetSonnestelselSwawelTeleskoop

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OrgaanBoomRenteMadison IvySkrikkeljaarSiembambaGerrie PretoriusRob HersovAmalia UysEkostelselParysJeugdagSteenkoolBakterieVier temperamenteGroot TrekPaulus van TarsusApostoliese GeloofsendingErica BoyerVolumeKoppeltekenDachshundPersEier (biologie)NamibiëSatireFridtjof NansenHartversakingJapanGeslagsorgaanRugbywêreldbeker 1991VersamelnaamLiturgiese jaarMartin BesterSwartbewussynsbewegingPalmsondagIndiëWoordBaardskeerder-spinnekopGeurmiddelEoraptorOrkaan GustavGoud2023SeekoeiUnited Democratic FrontAngssteuringCristiano RonaldoLandbouSinoniemWayback MachineHorlosieMenstruasieBTWHennie MaasMangelEmfiseemMarga van RooySeksueel oordraagbare infeksieVratNaeltjiesKanadese nasionale krieketspanSeksuele stimulasieBernice WestSteve BikoIngrid JonkerLys van elemente volgens simboolMorfologie (taalkunde)DoopSeksRegardt van den BerghVoorsetsel🡆 More