Ng Gemeente Losberg

Die NG gemeente Losberg is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Sinode van Wes-Transvaal).

Ng Gemeente Losberg
Ds. P.L. Lourens was Losberg se leraar van 1944 tot 1962.

Die kerkgebou is geleë op die hoek van Kerk- en Pretoriusstraat, Fochville. In 2013 was die leraar ds. Attie Roux. Daar was in daardie jaar 180 doop- en 620 belydende lidmate.

Geskiedenis

Die gemeente Losberg was met sy stigting presies die honderdste gemeente van die Transvaalse Kerk, en is hoofsaaklik van die eerste en oudste gemeente in Transvaal, naamlik Potchefstroom afgestig, en wel op 11 April 1935. Ook van die gemeentes Roodepoort, Vereeniging en Mooirivier is indertyd gedeeltes ingesluit. Uit die saamgevoegde dele het die gemeente onder die seënende hand van God op stoflike en geestelike gebied met die jare tot 'n redelik welvarende gemeente gegroei. Sedertdien is 'n gedeelte van die gemeente afgestig met die totstandkoming van die gemeente Venterspost. Die sentrum van die gemeente is die dorp Fochville, wat rustig geleë is tussen Losberg aan die een kant en die Gatsrand aan die ander. Nie ver van die dorp nie, op die Danie Theron-koppie in laasgenoemde reeks rante, staan die gedenksuil wat omstreeks 1950 deur die Voortrekkerbeweging opgerig is ter gedagtenis aan die held uit die Anglo-Boereoorlog, kmdt. Danie Theron, wat gesneuwel het toe hy alleen 'n patrollie Engelse soldate beveg het, wat in die rigting van die koppie beweeg het.

Die gemeente se kerkgebou is omstreeks 1952 opgerig. Die eerste leraar van die gemeente was ds. G. Nel, en van 1944 tot 1962 was dit ds. P.L. Lourens.

Enkele leraars

  • Petrus Lafras Lourens, 1944 - 1962

Bronne

  • Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC - 'n divisie van Bybel-Media.

Eksterne skakels

Tags:

Ng Gemeente Losberg GeskiedenisNg Gemeente Losberg Enkele leraarsNg Gemeente Losberg BronneNg Gemeente Losberg Eksterne skakelsNg Gemeente LosbergNederduitse Gereformeerde Kerk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Toyota QuantumPaddaVoedselkettingGalblaasOrnitologieByvoeglike naamwoordRooijakkalsDoelwitLys van medisinale kruieEier (voedsel)BynierBywoordWoudAtlantiese OseaanWoordLeeuFacebookDascha PolancoVoedselbewaringWalvisVoorsetselPlae van EgipteRichard KlineLeenwoordEnkelvoudige sinRehoboth-bastersGoeie VrydagSeksOrgasmeGordelroosOlifantKapibaraJodeGroblersdalQSlotmasjienAnnie IlonzehSpringbokkeLys van Suid-Afrikaanse reeksmoordenaarsEthiopiese kalenderJohannes HeestersVarkgriepKarpaletonnelsindroomSpelerposisies in rugbyLiewe HeksieDiplopodaViëtnamoorlogSC 04 Westfalia HerneTogoHartversakingWhatsApp3D-rolprentTropicosPadtekens in Suid-AfrikaVetplantSirkelGeldBuffelProstitusiePerineumMenslike-ontwikkelingsindeksJagluiperdTrigeminale neuralgieSondagApokriewe boekeKubieke meterCarles PuigdemontProvinsies van Suid-AfrikaPornografiese akteurMenstruasieApartheidJohn PankowVingerseksRooikatLig🡆 More