Ng Gemeente Vereeniging

Die NG gemeente Vereeniging is 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Sinode Goudland (voorheen Wes-Transvaal).

Ng Gemeente Vereeniging
Die NG moederkerk in Vereeniging. Die hoeksteen is in Oktober 1926 gelê en die argitek was Gerard Moerdyk (volgens die inskripsie op die hoeksteem).
Ng Gemeente Vereeniging
Ds. H.E. Steyn is in September 1911 (2 Junie 1884 - 21 Mei 1956) gevra om na die NG gemeente Heidelberg te gaan met die oog op die moontlike afstigting van Vereeniging. Die gedagte was dat hy op Heidelberg sou bly dien as Vereeniging hom nie beroep nie. So is hy op 20 April 1912 as Heidelberg se tweede hulpprediker bevestig.
Ng Gemeente Vereeniging
Die vooraansig van die kerkgebou.
Ng Gemeente Vereeniging
Die ou NG kerk in Vereeniging omstreeks 1917.
Ng Gemeente Vereeniging
Ds. Piet du Toit was leraar van Vereeniging van Maart 1951 tot hy in 1967 'n beroep aangeneem het na die NG gemeente Drieankerbaai, waar hy op 21 Junie 1989 in die amp oorlede is.
Ng Gemeente Vereeniging
Ds. K.D. Struwig, medeleraar van 1958 tot 1961.
Ng Gemeente Vereeniging
Ds. J.P.J. Smit, leraar van 1982 tot sy aftrede in 1992.
Ng Gemeente Vereeniging
Gedenksteen vir die gemeente se eerste leraar, ds. H.E. Steyn.

Die gemeente is gestig op 16 Maart 1912 en is die moeder van al die NG gemeentes in die stad Vereeniging asook die aanliggende Vanderbijlpark en Meyerton. Anders as op Vanderbijlpark, waar sewe gemeentes die naam van die dorp dra, byvoorbeeld NG gemeente Vanderbijlpark-Noord en -Tuine, was Vereeniging reeds teen 2010 al gemeente wat die stad se naam gedra het, nadat Vereeniging-Oos se naam verander het na Kerk tussen die Mielielande en Vereeniging-Suid by die moedergemeente ingelyf is. Vereeniging-Wes het reeds jare gelede De Deur geword.

Geskiedenis

Die gemeente Vereeniging, oorspronklik saamgestel uit dele van die gemeentes Potchefstroom en Heidelberg, is op 16 Maart 1912 gestig. Op 'n gemeentevergadering dieselfde dag is ses ouderlinge en twaalf diakens gekies. Ds. A. Louw van Heidelberg was die konsulent en op die eerste kerkraadsvergadering, gehou op 18 Maart 1912 in die kerkgebou in Uniestraat, het hy aan die kerkraad die volgende gesê: "Van u word verwacht om de betekenis en kracht van dien naam hoog te houden in de toekomst opdat er nooit verdeeldheid en oneenigheid in zijn midden komen. Mocht de eenheid waarvan de Heiland zoo herhaaldelik smeekte in zijn Hoogepriesterlijk gebed bewaarheid worde in de kerkraad en in de gemeente. Dan zal de liefde Gods onder de Broeders woonen."

In 1913 het ds. Herman Steyn, hulpprediker van Heidelberg, die beroep aangeneem en word op 21 Januarie as die eerste leraar van die nuwe gemeente bevestig. Veertien jaar ná die totstandkoming van die gemeente het die oorspronklike kerkgebou te klein geword. Op 30 Oktober 1926 word die hoeksteen van 'n nuwe kerkgebou deur ds. Steyn gelê. Min het hy destyds besef dat hy die hoeksteen gelê het van 'n kerkgebou wat ná sewentien jaar weer te klein sou wees, want in 1926 het Vereeniging se fenomenale groei eintlik ernstig begin.

Op 9 Mei 1942 word ds. L.L.J. Visser as medeleraar bevestig en in 1943 het die kerkraad besluit om Nagmaal tydens die oggend- en aanddiens te bedien, want die gemeente het toe reeds uit 3 006 lidmate en 5 721 siele bestaan. Die gemeente het te groot geword vir twee leraars; daarom is die NG gemeente Vereeniging-Wes (wat later De Deur geword het) in 1944 afgestig. Ds. S.J. du Toit het hom die beroep daarheen laat welgeval.

Ds. Steyn moes in 1946, ná 'n tydperk van 33 jaar diens in die gemeente, die tuig weens swak gesondheid neerlê. Hy is oorlede op Vereeniging op 21 Mei 1956. Nog in dieselfde jaar het ds. J.J. Odendaal die beroep hierheen aanvaar. Die moedergemeente was nou gereed vir 'n tweede en derde afstigting. In 1947 is die dogtergemeente Meyerton afgestig en 'n halfdag later ook Unitaspark, onder die naam Herman Steyn, ter ere van ds. H.E. Steyn.

Ds. L.M. Cilliers het die beroep na Meyerton en ds. L.P. Spies dié na Unitaspark aangeneem. Ná die derde afstigting binne drie jaar het die moedergemeente met 1 625 lidmate en 2 245 siele oorgebly. Ds. Odendaal het in 1948 die beroep na Potgietersrus aangeneem en toe het die kerkraad van die moedergemeente besluit om nie meer 'n medeleraar te beroep nie, maar om liewer voort te gaan met afstigtings.

In Oktober 1950 het ds. Visser hom die beroep na die Wynberg laat welgeval en in Maart 1951 is ds. Pieter du Toit, medeleraar van Heidelberg, as herder en leraar van die moedergemeente bevestig, net betyds om die vierde afstigting, van Peacehaven, Drie Riviere, te voltooi. Die moedergemeente het toe oorgebly met 2 000 lidmate en 3 000 siele. Vereeniging-Suid is in 1958 afgestig, maar is later by die moedergemeente ingelyf.

Hede

Die kerkgebou is geleë op die hoek van Lesliestraat en Hofmeyrlaan, Vereeniging. In 2014 was die leraar ds. S.P. Kloppers. Daar was in daardie jaar 114 doop- en 613 belydende lidmate.

Enkele leraars

  • Hermanus Egbertus Steyn, leraar van 1913 tot 1946, toe hy emeriteer. Dit was sy enigste gemeente nadat hy van 1912 hulpprediker op Heidelberg was met die oog op die selfstandigwording van Vereeniging.
  • Jacobus Johannes Odendaal, 1946 – 1948
  • Pieter (Piet) du Toit, Maart 1951 – 1967
  • Karl Daniël Struiwg, 1958 – 1961 (waarna eerste leraar van Vereeniging-Suid)
  • Jacobus Petrus Johannes Smit, 1982 – 1992
  • Sarel Johannes Lodewikus Marais, 1992-1994

Bronne

  • Maeder, ds. G.A. en Zinn, Christian. 1917. Ons Kerk Album. Kaapstad: Ons Kerk Album Maatschappij Bpkt.
  • Olivier, ds. P.L., 1952. Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.
  • Small, Mario (samesteller). 2013. Jaarboek van die NG Kerke. Wellington: Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk NPC - 'n divisie van Bybel-Media.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Ng Gemeente Vereeniging GeskiedenisNg Gemeente Vereeniging HedeNg Gemeente Vereeniging Enkele leraarsNg Gemeente Vereeniging BronneNg Gemeente Vereeniging VerwysingsNg Gemeente Vereeniging Eksterne skakelsNg Gemeente VereenigingNederduitse Gereformeerde Kerk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KatjieOutismeWaterbesoedelingBosluisbytkoorsJo BlackSteenkool in Suid-AfrikaMetafoorHomofoonNederlandsGamelanGeskiedenis van AfrikaansBorsteInfrastruktuurJeuksiekteBrandHanoverRuslandAkkedisC++Google MapsNatuurrampLeonardo da VinciKimberleyKolitisRooikatKinderregteEllipstekenTropiese sikloonGroot GatAartappelWoordeboek van die Afrikaanse TaalFiela se kindHaasFamilie (verwantskap)Lys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsZack du PlessisNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaElandréLionel PetersonMangelNedersettingBeesSeksismeSteenkoolHomoniemArmoedeVlag van Suid-AfrikaGeskiedenis (vakgebied)SamestellingEnsiklopedieEmo AdamsVrymesselaryAspoestertjieNag van die lang messeSteve HofmeyrVerkleinwoordEerste WêreldoorlogVierkantswortelGewone tarentaalNoord-KaapGroot Sfinks van GizaLys van landeSlag van BloedrivierRichard GaddAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeOostenrykSuid-AfrikaRuan JoshMisdaadPoësieWes-Afrika🡆 More