Vereeniging

Vereeniging is 'n stad in die suide van die provinsie Gauteng, Suid-Afrika, aan die Vaalrivier.

Vereeniging
Stad
NG Kerk in Vereeniging
Leuse(s): 
'Per Pacem Ad Industriam'
Vereeniging is in Gauteng
Vereeniging
Vereeniging
Vereeniging Vereeniging se ligging in Gauteng
Koördinate: 26°40′25″S 27°55′55″O / 26.67361°S 27.93194°O / -26.67361; 27.93194 27°55′55″O / 26.67361°S 27.93194°O / -26.67361; 27.93194
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieGauteng
DistrikSedibeng
MunisipaliteitEmfuleni
Stigting1892
Oppervlak
 • Totaal188,19 km2 (72,66 vk. myl)
Hoogte
1 470 m (4 820 ft)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal99 787
 • Digtheid530/km2 (1 400/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense33.1%
 • Indiërs/Asiërs5.8%
 • Bruin mense5.1%
 • Swart mense55.0%
 • Ander1.0%
Taal (2011)
 • Afrikaans34.9%
 • Sotho26.2%
 • Engels15.5%
 • Zoeloe8.3%
 • Ander15.2%
Poskode (strate)
1930
Poskode (posbusse)
1939
Skakelkode016

Naam

Die dorp is in 1892 gestig en vernoem na die oorspronklike eienaar, die Suid-Afrikaanse en Oranje Vrijstaatse Kolen en Mineralen Myn Vereeniging. Die naam dui nie op die politieke pogings om eenheid tussen die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Vrystaat te weeg te bring of tussen die vier kolonies in 1910 nie.

Ontstaan

Die maatskappy het reeds in 1882 aansoek gedoen om die aanlê van 'n dorpsgebied op die plaas Leeuwkuil, maar dit is eers in 1889 deur pres. Paul Kruger toegestaan. Die dorp het in 1912 munisipale status verkry. Daar is met steenkoolmyne, danksy die ondersteuning van Samuel Marks begin en die dorp se belangrikheid het toegeneem weens sy ligging op die grens van die destydse Transvaal. Die ontwikkeling van Vereeniging is verder aangewakker deur die voltooiing van die spoorlyn van die Kaap.

Vredesverdrag

In Mei 1902 het die dorp wêreldberoemd beword met die vredesonderhandelings wat daar plaasgevind het en tot die einde van die Tweede Vryheidsoorlog sou lei, hoewel die Vrede van Vereeniging eintlik in Melrose-huis, die huis van George Heys in Pretoria onderteken is.

Ontwikkeling

In die 20ste eeu het Vereeniging ontwikkel as nywerheidsentrum vir steenkool, meulbedrywighede, teëlvervaardiging en algemene boerdery. Die boerderybedrywighede is veral aangehelp deur Marks se groot Maccauvlei-landgoed daar naby.

Die oprigting van die groot kragsentrale van die Victoria and Transvaal Power Company in 1909 is gevolg deur die opening van die eerste groot staalfabriek in Suid-Afrika in 1913, naamlik die Unie-staalkorporasie. Dit was die begin van Vereeniging as 'n sentrum van swaarnywerhede.

Die geskatte bevolking van die groter stedelike gebied in 2007 was 505 198.

NG gemeente

Die NG gemeente Vereeniging is op 16 Maart 1912 uit dele van Potchefstroom en Heidelberg afgestig. Die gemeente het vinnig gegroei weens die ontwikkeling van Vereeniging as nywerheidsdorp sodat daar in 1943 3 006 belydende (volwasse) lidmate was en 5 721 siele. Die gemeente het toe te groot geraak vir twee leraars en Vereeniging-Wes stig eerste af (1944). Meyerton volg in 1947 en Herman Steyn in dieselfde jaar. Deur die jare het die getal gemeentes in die stad aangegroei net om sedert omstreeks 2000 weer af te neem met die inlywing van Vereeniging-Suid by die moedergemeente en Voorwaarts by Arconpark.

Ontspanning

Afgesien daarvan dat die Vaalrivier voorsien in die waterbehoeftes van 'n groot deel van Gauteng, is daar ook 'n plesieroord op die oewer van die rivier ontwikkel.

Bekende persone gebore in Vereeniging

Sien ook

Bronne

Tags:

Vereeniging NaamVereeniging OntstaanVereeniging VredesverdragVereeniging OntwikkelingVereeniging NG gemeenteVereeniging OntspanningVereeniging Bekende persone gebore in Vereeniging Sien ookVereeniging BronneVereenigingGautengSuid-AfrikaVaalrivier

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TarentaleWerkloosheidGroepsdrukDramaEweknienetwerkVolstruisRassisme in AfrikaLenteHeuningbyMieliestronkSeksueel oordraagbare infeksieRoemeensLionel PetersonLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameEkonomiese sektorTaalJakobWiki CommonsLys van Suider-Afrikaanse soogdiereBeaufortskaalHeupLika BerningRassismeChatGPTTurkyeVenda (taal)WelwillendheidsdagHokkieVulvaLys van Afrikaanse televisiereekseVerlede tydNasionale VrouedagSuid-AfrikaGesonde dieetGlobaliseringGeografie van Suid-AfrikaLys van Afrika-landeGroot DepressieKarooBurgerregteJavaScriptApokriewe boekeTweede VryheidsoorlogNierInflasieDierNederduitse Gereformeerde KerkFabelMenstruasieAfrikaanse TaalmonumentSamestellingWaterkringloopDermpoliepHerfsDie Stem van Suid-AfrikaAlkoholismeWetenskaplike klassifikasieSlawernyBrittany Ashton HolmesChapmanspiek-rylaanBeesToerismeWeer (meteorologie)DiepaartromboseSeekoeiAardverwarmingNatuurrampSenuweestelselSuid-SothoSean CombsEjakulasiePrimêre sektor van die ekonomieLatynSuid-Afrikaanse InkomstediensDie ontstaan van die drama🡆 More