Ng Gemeente Hartbeeshoek

Die NG gemeente Hartbeeshoek was 'n gemeente in die Nederduitse Gereformeerde Kerk se Noordelike Sinode en in die Ring van Pretoria-Noord.

Ng Gemeente Hartbeeshoek
Ds. A.C. Sephton, leraar van 1956 tot 1961.
Ng Gemeente Hartbeeshoek
Ds. T.H. Du B. Gouws, leraar van Hartbeeshoek van 1966 tot 1982. Hy het sy hele bediening in Pretoria deurgebring: Wesmoot van 1955, Onderstepoort van 1959, Hartbeeshoek van 199 en Akasia van 1982 tot hy sy emeritaat aanvaar het in 1991.

Die gemeente is gestig in 1955. In 1990 het die gemeente 1 076 doop- en 1 971 belydende lidmate gehad, in 1995 onderskeidelik 954 en 1 812 en in 2000 onderskeidelik 793 en 1 717, maar dis kort daarna ingelyf by die gemeente Wonderpark (gestig in 1989), wat in 2000 458 doop- en 952 belydende lidmate gehad het. In 2015 het Wonderpark (waarby Akasia ook intussen ingelyf is) 550 doop- en 2 490 belydende lidmate gehad. Die kerkgebou is geleë in Berglaan, Amandasig. Hartbeesboek se kerkgebou was in Orchards-Rosslynpad en Akasia s'n by Heatherdale 82, Akasia. Dié gemeente het in 2005 426 doop- en 1 129 belydende lidmate gehad.

Die charismatiese kerk Doxa Deo het in 2010 'n kontrak met die NG gemeente Wonderpark gesluit om die Akasia-gebou Sondagoggende te gebruik. Van 2013 af huur dié kerk die gebou voltyds.

Enkele leraars

  • Alfred Clement Sephton, 1956 – 1961
  • Theunis Hendrik Du Buisson Gouws, 1966 – 1982 (waarna Akasia vanaf 10 Januarie 1982; blykbaar is Akasia die jaar vantevore van Hartbeeshoek afgestig.)

Bronne

  • Symington, Johan (et. al.), Jaarboek van die NG Kerke, Tydskriftemaatskappy, Kaapstad, Pretoria en Wellington.

Verwysings

Sien ook

Eksterne skakels

Tags:

Ng Gemeente Hartbeeshoek Enkele leraarsNg Gemeente Hartbeeshoek BronneNg Gemeente Hartbeeshoek VerwysingsNg Gemeente Hartbeeshoek Sien ookNg Gemeente Hartbeeshoek Eksterne skakelsNg Gemeente HartbeeshoekNederduitse Gereformeerde Kerk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KunstenaarSimboolAssonansieJansenvilleLongontstekingDrakensbergeAnneli van RooyenLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsDriedimensioneelNaaldekokerPornografiePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaWêreldboekedagBorsEngelsDroomVolstruisSonnestelselBeurtkragSiekteEskomSelfstandige naamwoordJan van TonderSuid-Afrikaanse randKoorsblaarGoogle TranslateErica BoyerDemokratiese Republiek die KongoTswanaNatuurbewaringMangelontstekingLeeuMonopolieVakbondVoedselkettingMenslike seksuele gedragWerkersdagBeeldspraak2001RookgewoonteNommertekenJodeLeierskapProteaKatWaterNederlandElandréEk is 'n Afrikaan (toespraak)Reg tot ‘n gesonde omgewingRussiese inval in Oekraïne sedert 2022WerkwoordPornhubElon MuskSean CombsAkroniemBestaansboerderyAtriale fibrillasieTrekarbeidGawes van die Heilige GeesInternetSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Twaalf Stamme van IsraelKolorektale kankerWhatsAppWortelFiela se kindVryheidsmanifesAdolf HitlerVrouVreesDubbelpuntAfrikaansMusieksimboleGroepsgebiedewetTuisblad🡆 More