Kilometer Per Uur: Eenheid van spoed

Kilometer per uur is ’n eenheid van spoed wat die afstand wat in ’n uur afgelê word in kilometer aandui.

Kilometer Per Uur: Eenheid van spoed
’n Motor se spoedmeter wat die snelheid in kilometer per uur aandui.

Volgens die Internasionale Buro vir Mate en Gewigte is die simbool (nie afkorting nie) km/h (amptelik in die meeste lande), of km•h−1. Die afkorting kph is ook soms gebruik. Dit is wêreldwyd die mees algemene spoedeenheid op padtekens en spoedmeters.

In lande wat nie SI-eenhede gebruik nie, is die eenheid "myl per uur" (m.p.u. (af) of MPH (en) ).

Gebruik

In die vroeë jare van die motor het elke land sy eie stelsel padtekens ontwikkel. In 1968 is die Weense Konvensie vir Padtekens opgestel om tekens wêreldwyd eenvormig te maak. Baie lande het dit al aangeneem, en in ander lande is padtekens daardeur beïnvloed.

In Suid-Afrika is padtekens geskoei op die SAOG-padverkeerstekenhandleiding, ’n dokument wat ten doel het om padtekens in lidlande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap eenvormig te maak. ’n Wit agtergrond beteken die teken is permanent en ’n geel agtergrond dat dit tydelik is. Spoedbeperkingstekens is swart syfers in ’n rooi sirkel.

So lyk van die tekens in ’n paar lande:

Omrekenings

  • 1 km/h ≈ 0,277 78 m/s
  • 1 km/h ≈ 0,62137 mph (myl per uur)
  • knoop ≡ 1,852 km/h (presies)
Omrekenings van verskillende spoedeenhede
m/s km/h mph knoop vt./s
1 m/s = 1 3,6 2,236936 1,943844 3,280840
1 km/h = 0,277778 1 0,621371 0,539957 0,911344
1 mph = 0,44704 1,609344 1 0,868976 1,466667
1 knoop = 0,514444 1,852 1,150779 1 1,687810
1 vt./s = 0,3048 1,09728 0,681818 0,592484 1

(Die waardes in vet druk is presies.)

Verwysings

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MisdaadOopbroninhoudCalviniaElon MuskGrootste rampe in Suid-AfrikaTurkyeMagsverheffingRob HersovMoedersdagAmateurradioSprokieAfrikanernasionalismeOlimpiese SpeleEiffeltoringBruin huisslang16 NovemberNatriumsulfietHemelvaartRooilipslangSpreeuKwaZulu-NatalLeierskapGesonde dieetInternetFiela se kindNederlandKlimaatveranderingJan-Willem BreureSlawernySkarlakenkoorsMorfologie (taalkunde)AkroniemHeuningbySuid-Afrikaanse randChristendomSmeltpuntSeptimius AwardsUnited Democratic FrontKameelperdStaatstoelaeDirekte en Indirekte redeLys van Suid-Afrikaanse musikanteStikstofKlavierAdolessensieToekoms van die AardeAfrikaanse TaalmonumentHoenderStollingsgesteenteShakaBorskankerLyfstraf in skoleDemokrasieLiewe HeksieHadedaMondPoësieDermpoliepTransatlantiese slawehandelLongontstekingDaggaKersfeesBrittany Ashton HolmesDuitse maselsTswanaOutismeOrthopteraDieregeluideGautengOu Apostoliese KerkSwawelGlobaliseringAtriale fibrillasieKondensasie🡆 More