Mid-Atlantiese Rug

Die Mid-Atlantiese Rug is 'n mid-oseaanrif ('n divergente plaatgrens) op die bodem van die Atlantiese Oseaan en deel van die langste bergreeks in die wêreld.

In die Noord-Atlantiese Oseaan skei die rug Noord-Amerika van Europa en Afrika, onderskeidelik noord en suid van die Azores-drieplaatpunt. In die Suid-Atlantiese Oseaan skei dit Afrika en Suid-Amerika.

Mid-Atlantiese Rug
'n Kaart waarop die Mid-Atlantiese Rug gesien kan word.

Hoewel die rif meestal onder die water loop, is dele daarvan hoog bo die seevlak opgelig, soos in Ysland. Die rif sprei uit teen sowat 2,5 cm per jaar.

Ontdekking

Mid-Atlantiese Rug 
'n Voorstelling van Pangaea se opbreking.

Nadat vermoed is 'n Mid-Atlantiese rif bestaan, is dit in 1872 bevestig. Tydens 'n ekspedisie met die skip HMS Challenger het die span wetenskaplikes aan boord, onder Charles Wyville Thomson, 'n groot opstaande rif in die middel van die Atlantiese Oseaan ontdek terwyl hulle op soek was na 'n geskikte ligging vir 'n toekomstige Transatlantiese telegraafkabel.

Die bestaan van so 'n rif is in 1925 met sonar bevestig. Daar is bevind dit strek van Kaap Agulhas tot in die Indiese Oseaan.

In die 1950's is die oseane van die wêreld gekarteer en daar is bevestig die Mid-Atlantiese Rug bestaan uit 'n vreemde kombinasie van valleie en riwwe, met sy sentrale vallei wat seismologies aktief en die episentrum van baie aardbewings is.

Later is ontdek die rug is deel van 'n 40 000 km lange, feitlik aaneenlopende stelsel van mid-oseaanriwwe op die bodem van al die Aarde se oseane. Dié ontdekking het gelei tot die teorie dat die seebodem uitsprei en dat die kontinente skuif vanweë plaattektoniek.

Dit is sentraal tot die teorie van Pangaea, 'n hipotetiese superkontinent wat sowat 180 miljoen jaar gelede begin opbreek en uiteengedryf het.

In Ysland loop die Mid-Atlantiese Rug oorland en is dit 'n gewilde toeristebestemming.

Noemenswaardige kenmerke

Die Mid-Atlantiese Rug sluit 'n diep skeurvallei in wat met die as van die rif langs loop en feitlik net so lank soos die rif is. Dié skeur is in werklikheid die grens tussen aangrensende tektoniese plate, waar magma van die aardmantel die seebodem bereik, as lawa uitbars en nuwe korsmateriaal vir die plate skep.

Naby die ewenaar word die Mid-Atlantiese Rug in die noordelike en suidelike rug verdeel deur die Romanche-trog, 'n nou seetrog met 'n maksimum diepte van 7 758 m, een van die diepste plekke van die Atlantiese Oseaan. Die trog vorm egter nie 'n grens tussen enige tektoniese plate nie.

Verwysings

Bibliografie

Skakels

  • Mid-Atlantiese Rug  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Mid-Atlantiese Rug OntdekkingMid-Atlantiese Rug Noemenswaardige kenmerkeMid-Atlantiese Rug VerwysingsMid-Atlantiese Rug BibliografieMid-Atlantiese Rug SkakelsMid-Atlantiese RugAfrikaAtlantiese OseaanBergreeksEuropaMid-oseaanrifNoord-AmerikaPlaattektoniekSuid-Amerika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MilaanLugbesoedelingTuisbladLys van Suid-Afrikaanse skrywersRookgewoonteFotosinteseVoedingJo BlackRenosterGeskiedenis van AfrikaansVraag en aanbodMaroela MediaSwangerskapMoedersdagNatuurrampSwart menseOrtopedieYslandKuberkrakerProteïenMetaalnywerheidGestremdheidDistillasieHoofpynHerpes simplexPaddaYsterBeroerteGenadedoodChirurgieWalvisMpumalangaKolitisHuisvliegLandbouHutsmerkSonUpingtonStedelike gebiedLemoenMetaalSelfoonOnderwysLiesbreukKrugerwildtuinKolonisasieMaatskappyBerlynse MuurLettergreepEugenetikaOsmoseChristendomKonsentrasiekampVoortrekkermonumentNierversakingBreingewasSikloonLewerKolorektale kankerDemi Lee MooreAfrikaanse WikipediaPrimêre sektor van die ekonomieBedryfstelsel (inligtingstegnologie)WortelkanaalWerkwoordMisdaadWaterWinnie Madikizela-MandelaLeeuPad na jou hartVryheidsdagCovid-19-pandemieProteaMiljardSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024🡆 More