Malacostraca

Malacostraca (hoër kreefagtiges) is die grootste van die ses biologiese klasse waarin kreefagtiges (skaaldiere) opgedeel word.

Die klas bestaan uit ongeveer 40 000 lewende spesies, wat in 16 ordes ingedeel word. Die meeste diere wat in die volksmond kreefagtiges genoem word, soos die tienpotiges (krewe, krappe, garnale), behoort aan die groep.

Malacostraca
Malacostraca
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Malacostraca

Latreille, 1802
Subklasse
  • Eumalacostraca
  • Hoplocarida
  • Phyllocarida

Malacostraca kom oorvloedig in alle mariene-omgewings voor, en het ook varswater en landelike habitats gekoloniseer. Hulle is gesegmenteerde diere, met 'n liggaam wat uit 20 (selde 21) segmente bestaan, wat in 'n kop, bors en buik verdeel is. In sommige spesies is die kop en bors tot een hegte stuk vergroei.

Morfologie

Malacostraca 
Algemene bou van Malacostraca (byskrifte is in Nederlands)

Malacostraca het koppe met ses segmente. Hulle het een paar antennes (voelers) en een paar antennules (kleiner voelers). Hulle het ook monddele. Daar is aanhangsels (genaamd maxillipeds) naby die monddele. Hulle het vyf pare looppote. Die heel eerste paar looppote is in knypers ontvorm. Daar is agt torakale segmente. Daar is ook ses abdominale segmente wat vir swem gebruik word. Lede van Malacostraca het saamgestelde oë. Hulle het 'n twee-kamer maag en 'n gesentraliseerde senuweestelsel.

Taksonomie

Klas Malacostraca Latreille, 1802

  • Subklas Phyllocarida Packard, 1879
      • Orde Archaeostraca Claus 1888
      • Orde Hoplostraca Schram, 1973
      • Orde Canadaspidida Novožilov in Orlov, 1960
      • Orde Hymenostraca Rolfe, 1969
      • Orde Leptostraca Claus, 1880
  • Subklas Hoplocarida Calman, 1904
      • Orde Aeschronectida Schram, 1969
      • Orde Archaeostomatopoda Schram, 1969
      • Orde Stomatopoda Latreille, 1817 (Mantisgarnale)
  • Subklas Eumalacostraca Grobben, 1892
    • Superorde Syncarida Packard, 1885
      • Orde Palaeocaridacea Brooks, 1979
      • Orde Bathynellacea Chappuis, 1915
      • Orde Anaspidacea Calman, 1904
    • Superorde Peracarida Calman, 1904
      • Orde Spelaeogriphacea Gordon, 1957
      • Orde Thermosbaenacea Monod, 1927
      • Orde Lophogastrida Sars, 1870
      • Orde Amphipoda Latreille, 1816
      • Orde Isopoda Latreille, 1817
      • Orde Tanaidacea Dana, 1849
      • Orde Cumacea Krøyer, 1846
      • Orde Mictacea Bowman et al., 1985
      • Orde Mysida Haworth, 1825
      • Orde Stygiomysida Tchindonova, 1981
    • Superorde Eucarida Calman, 1904
      • Orde Euphausiacea Dana, 1852 (Planktonkrefies)
      • Orde Amphionidacea Williamson, 1973
      • Orde Decapoda Latreille, 1802 (Tienpotiges)

Eksterne skakels

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Graaff-ReinetKolonoskopiePornografiese akteurOnderhandelinge om apartheid te beëindigNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaIdioomKoperVlekvrye staalKultuurGeskiedenis van AfrikaansMeningsverskil oor aardverwarmingOrgasmeGrondsoorteSonkragHartaanvalSlangKlimaatveranderingAnneli van RooyenVoornaamwoordSaartjie BaartmanHindoeïsmeLetsiteleBesnydenisSikloonOntdekking van die chemiese elementeMahatma GandhiResensieSlawernyDundermJaco JacobsKitaarVingerseksCarike KeuzenkampEngelsHeelgetalAartappelMoedersdagNG gemeente TheunissenGriekwa-AfrikaansWes-KaapOutismeMonopolyLongontstekingKopieregWetenskaplike klassifikasieSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureNasionale VrouedagBaljuDeelwoordEkonomie van Suid-AfrikaNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyMaagBybelJan van TonderYslandSkoenlapperVoëlDierHaasMenseregteBTWVergelykings (taalkunde)EugenetikaKrokodilCorioliskragVoedselkettingSebraJo BlackMenslike seksuele gedragKaliumDaggaHamburgerAlkoholisme🡆 More