Tienpotiges

Tienpotiges (Decapoda) is 'n biologiese orde van geleedpotige diere.

Krappe, krewe en garnale behoort aan die orde. Behalwe vir 'n paar uitsonderings, leef hierdie diere in die see.

Tienpotiges
Tienpotiges
"Decapoda" vanuit Ernst Haeckel se Kunstformen der Natur, 1904
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Superorde:
Eucarida
Orde:
Decapoda

Latreille, 1802
Subordes

Dendrobranchiata
Pleocyemata
Sien teks.

Soos die naam aandui, het alle tienpotiges vyf paar looppote. Die looppote is die laaste vyf pare aanhangsels op die voorste helfte van die kopborsstuk (cephalothorax). Ten minste een paar dra knypers. Die agterlyf het dikwels vyf paar swempote, wat ook deur die wyfies gebruik word om hul eiers te dra. Sommige spesies het 'n stertvin. Krappe, daarteenoor, het 'n baie klein agterlyf, wat onder die karapaks (dop) gedra word, maar geen stert nie.

Baie tienpotiges is aasvreters - wat dooie plante en diere vreet. Krappe is omnivore, wat alge en skulpvis (soos weekdiere) vreet. Krewe vreet meestal lewendige prooi.

Sistematiek

Die orde Decapoda het ongeveer 14756 spesies. Die subordes en superfamilies word hier onder aangedui:

  • Suborde: Dendrobranchiata Bate, 1888
    • Superfamilie: Penaeoidea Rafinesque, 1815
    • Superfamilie: Sergestoidea Dana, 1852
  • Suborde: Pleocyemata Burkenroad, 1963
    • Infraorde: Stenopodidea Bate, 1888 (skoonmakergarnale)
    • Infraorde: Caridea Dana, 1852 (ware garnale)
    • Infraorde: Astacidea Latreille, 1802 (krewe)
    • Infraorde: Glypheidea Winckler, 1882
    • Infraorde: Axiidea de Saint Laurent, 1979
    • Infraorde: Gebiidea de Saint Laurent, 1979
    • Infraorde: Achelata Scholtz & Richter, 1995 (stekelkrewe}
    • Infraorde: Polychelida Scholtz & Richter, 1995
    • Infraorde: Anomura MacLeay, 1838 (vals krappe)
    • Infraorde: Brachyura Linnaeus, 1758 (ware krappe)

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PêrelMiltAVaste stofWindkragMalariaHomoniemFilosofieKommunismeNaboomElzette MaarschalkHeuningbySias ReineckeHolocaustReënvalbepalingMynbouKunsmisGodVlagterminologieLys van konsentrasiekampe in Nazi-DuitslandDokterGeestesgesondheidAntisemitismeLiefdeBaälKultuurPrimêre sektor van die ekonomieNamibiëArabiesNadia ValvekensTrevor ManuelSkaapGrondsoorteFluoorKakiebosManie JacksonArmoedeverligtingVigsJode in Suid-AfrikaSeksuele stimulasieSirkelMonopolieMaanKaliforniëPornografiePastoorOseaanPaarl GimnasiumBonné de BodHamerkopWerkwoordDigvormBysteekIranJan van TonderOligopolieSeksueel oordraagbare infeksieNiemetaalYstervarkOranjerivierGenadedoodHenry MurrayAngina pectorisWebblaaierEekhoringInstagramEjakulasieRicus NelJan van RiebeeckByStresTegnologieWeer (meteorologie)RooikatKindersiektesNatuurlike hulpbron🡆 More