Ludwig Abel (1835–1895) was 'n Duitse komponis, violis en vioolonderwyser.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Ludwig Abel | |
---|---|
Gebore | Eckartsberga, Thüringen | 14 Januarie 1835
Oorsprong | Duitsland |
Sterf | 13 Augustus 1895 (op 60) Pasing, München, Beiere |
Genres | Romantiek |
Beroep(e) | Komponis |
Instrumente | Viool |
Ludwig Abel is op 14 Januarie 1835 in Eckartsberga, Thüringen in Duitsland gebore. Hy was 'n leerling van Ferdinand David gewees en word 'n lid van die Leipzig Gewandhaus-orkes. In 1853 het hy na die hoforkes van Saxe-Weimar-Eisenach in Weimar verhuis. Vanaf 1860 het hy aan die Gemeinnützigen Gesellschaft (Liefdadigheidsvereniging van Vioolspel) gedoseer. Op aanbeveling van die Beierse Hof se kapelmeester Hans von Bülow (wat hy in 1866 in Basel ontmoet het en gesamentlike kamermusiek georganiseer het) het Abel in 1867 die konsertmeester van die hoforkes in München geword. Hy het aan die Musikschule in München (onder bestuur van Hans von Bülow) klasgegee, waar hy in 1880 professor geword het en in 1894 afgetree het.
Abel is op 13 Augustus 1895 in Pasing, München, Beiere oorlede.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Ludwig Abel, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.