Basel (Duits: Basel, , luister (hulp·inligting); Frans: Bâle, ; Italiaans: Basilea, ; Romansch: Basilea, , luister (hulp·inligting); Latyn: Basilia, luister (hulp·inligting); Engels: Basel of Basle; Nederlands: Bazel) is die derde grootse stad in Switserland naas Zürich en Genève met 'n bevolking van byna 174 000 (2020).
Die drielandestad lê in die noordweste van die land, aan die grens met Duitsland (die stad Weil am Rhein) en Frankryk (die nedersettings Saint-Louis en Huningue). Die Rynrivier vloei deur die stad.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Switserland |
Kanton | Basel |
Koördinate | 47°33′N 07°35′O / 47.550°N 7.583°O |
Stigting | 237/238 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 23,85 vk km |
Hoogte bo seevlak | 260 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2020) | 173 863 |
- Bevolkingsdigtheid | 7 290/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Burgemeester | Beat Jans (SPS/PSS) |
Amptelike webwerf | Stadt Basel |
In die stad word 'n vorm van die Nederalemanniese Duitse dialek gepraat, die Baselduitse subdialek wat verwant is aan die nabygeleë Elsasser Duitse subdialek maar verder 'n taalenklawe vorm in die Hoogalemanniese Duitse dialekgebied.
In 1529 het die Reformasie ingang in Basel gevind. Later, in 1897, het Basel danksy die inisiatief van die Oostenrykse joernalis Theodor Herzl as gasheerstad van die eerste Sionistiese Wêreldkongres opgetree wat vir die stigting van 'n Joodse staat in Palestina gepleit het. Dit was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1954.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Basel, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.