Lovedale is 'n nedersetting in die Oos-Kaap wat in die geskiedenis bekend geword het om sy sendingstasie, skole, drukkery en hospitaal.
Dit was onder beheer van die Skotse Vrye Kerk, die Presbiteriaanse, die Metodiste en die Congregational kerke.
Lovedale | |
---|---|
Die Lovedale-sendingstasie. | |
Koördinate: 32°46′30″S 26°50′20.4″O / 32.77500°S 26.839000°O 26°50′20.4″O / 32.77500°S 26.839000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Munisipaliteit | Buffalo City |
Oppervlak | |
• Totaal | 16,05 km2 (6,20 vk. myl) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 81 |
• Digtheid | 5/km2 (10/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Swart mense | 100% |
Taal (2011) | |
• Xhosa | 100% |
Dit lê aan die oewer van die Tyhumerivier, 520 m bo seespieël en 1,6 km noord van Alice.
In 1821 het die eerste verteenwoordigers van die Glasgow Sendinggenootskap in die Kaapkolonie aangekom. Die hoeksteen van die eerste gebou van die sendingstasie genaamd Incehra in die Nceravallei, langs die Genekarivier en 6 km van Alice, is in 1824 deur die sendelinge John Ross en John Bennie gelê. Die stasie is kort daarna herdoop tot Lovedale ter ere van dr. John Love, die sekretaris van die sendinggenootskap en een van die stigters daarvan. Helaas breek die Sesde Grensoorlog uit en is die gebou totaal verwoes.
John Bennie het die inisiatief geneem om die stasie te herbou, maar op 'n ander terrein, naamlik by die samevloeiing van die Gaza- en die Tyhumerivier. In die begin is daar slegs godsdiensonderrig verskaf. Toe William Govan egter in 1841 die Lovedale-sendinginstituut stig, word algemene onderwys ingevoer. Jane Elizabeth Waterston is in 1868 aangestel om die onderrig van die meisies te behartig. Onderwys word van vroeg af al aan seuns en meisies van alle rasse aangebied. Mettertyd was daar 'n laerskool, 'n hoërskool, 'n tegniese skool, 'n teologiese kollege, 'n onderwyserskollege, die Victoria-hospitaal (sedert 1899) en 'n verpleegsterskollege (vanaf 1929). Die hospitaal het mettertyd selfs voorsiening gemaak vir TB- en ortopediese pasiënte. Daar is geboer vir eie gebruik, maar ook om boere op te lei. Sedert 1861 bestaan Lovedale Press en dit het bekend geraak vir die druk van godsdienstige boeke, skoolhandboeke en sedert Oktober 1870 vir die tydskrif South African Outlook.
Na die invoering van die apartheidsbeleid en die aanname van die Bantoe-onderwyswet in 1952 het die beheer van die skool na die Departement van Bantoe-onderwys oorgegaan. Die hospitaal is sedert die tyd 'n gewone provinsiale hospitaal. Die Lovedale-Bybelskool (gestig in 1932) het bly voortbestaan. Lovedale Press het voortgegaan. Tydens die bestaan van die Republiek Ciskei is die kollege in 1979 gesluit, maar later weer heropen.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Lovedale, Oos-Kaap, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.