Enoch Sontonga: Komponis van die eerste deel van die Suid-Afrikaanse volkslied (Nkosi Sikelel' iAfrika)

Enoch Mankayi Sontonga, die komponis van die eerste deel van die Suid-Afrikaanse volkslied (Nkosi Sikelel' iAfrika), is in 1873 gebore.

Aan die einde van die negentiende eeu het Sontonga, wat in Pimville, Soweto, gewoon het, begin onderwys gee aan die Nancefield-Metodistesendingskool. Hy het baie gesange en liedere gekomponeer.

Enoch Sontonga
Enoch Sontonga: Komponis van die eerste deel van die Suid-Afrikaanse volkslied (Nkosi Sikelel' iAfrika)
Agtergrondinligting
GeboortenaamEnoch Mankayi Sontonga
Gebore1873
Sterf1905

Sontonga is op 'n jeugdige 32 jaar oorlede en in die nie-blanke afdeling van die Braamfonteinse begraafplaas begrawe. Sy graf het met die jare in verwaarlosing verval, soseer dat dit nogal 'n taamlike speurtog gekos het om dit op te spoor. Maar op 24 September 1996, Erfenisdag in die Nuwe Suid-Afrika, kon 'n treffende swart granietblok op die graf onthul word. Die perseel is ook tot 'n nasionale monument verklaar.

Enoch Sontonga se bekendste gesang, Nkosi Sikelel' iAfrika, is deur sy koor in die omgewing van Johannesburg en in KwaZulu-Natal uitgevoer, en ander kore het dit oorgeneem. Dit is op konserte in Johannesburg gewild gemaak deur eerwaarde J.L. Dube se Ohlange Zulu Choir. Sontonga het net die woorde van die eerste vers geskryf. 'n Bekende Xhosa-digter, Samuel Mqhayi, het vir die sewe bykomende verse van die lied gesorg.

Sontonga is in 1905 oorlede, maar sy lied het bly voortleef. Dit is op 8 Januarie 1912 as slotgebed gesing op die eerste vergadering van die South African Native National Congress, die voorloper van die African National Congress. In 1925 het die ANC dit as slotgesang vir hul vergaderings aanvaar. 'n Sotho-weergawe deur Moses Mphahlele is in 1942 gepubliseer.

Nkosi Sikelel' iAfrika is vandag nie net 'n deel van die Suid-Afrikaanse volkslied nie, maar ook die volkslied van Tanzanië en Zambië. Dit word ook in Zimbabwe en Namibië gesing.

Bronne

  • Huisgenoot se Wonderlike Wêreld op CD-Rom, 2004.

Tags:

1873SowetoVolkslied van Suid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Vaste stofSeksueel oordraagbare infeksieSpringbokDermpoliepDoelwitHoofstadCholeraDierMeeueLetterlike en figuurlike taalgebruikBTWGoudkus (streek)ErfenisHibernasieLeah van NiekerkWêreldwye webVoëlPornografiese akteurDie Laaste Avondmaal (Leonardo)Lys van chemiese elemente volgens atoomgetalDiskriminasieInnes en Franna BenadéKrieketVraag en aanbodNetbalPrimêre sektor van die ekonomieSonnestelselBloeddrukWesterse filosofieTradisionele literatuurAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeRefentse MorakeKaartLandbouVoortrekkermonumentInvloed van vigs op die ekonomieSomerVoedselkettingKorrupsieKarakteriseringLeonardo da VinciOranjerivierVerkleinwoordMantisInfeksieDesmond TutuKunsmatige algemene intelligensieNederlandsPlastiekDriedimensioneelMoslemKoolhidraatHartGezina, Pretoria1990EnsiklopedieFiela se kind (rolprent)AardbewingSwaweldioksiedOlimpiese SomerspeleSeptimius AwardsSwartbewussynsbewegingDuitse maselsErfenisdag (Suid-Afrika)VoornaamwoordPenisHemelvaartsdagGreen Porno🡆 More