Leinster Rugby

Leinster Rugby ((ga) Rugbaí Laighean) is een van die vier professionele rugbyspanne op die Ierse eiland.

Hulle ding mee in die Guiness Pro14, Europese Rugbykampioenebeker, Europese Rugbyuitdaagbeker. Die span verteenwoordig die IRVU Leinster-tak, wat een van die vier hooftakke van die IRVU is, en is verantwoordelik vir rugby in die geografiese provinsie van Leinster. Leinster is die suksesvolste van die Ierse spanne.

Leinster
Unie Ierse Rugbyvoetbalunie
Stigting 1879
Stadion RDS Arena, Dublin
Aviva-stadion, Dublin
Kapasiteit 18 500
51 700
Afrigter(s) Vlag van Ierland Leo Cullen
Kaptein(s) Vlag van Fidji Isa Nacewa
Liga(s) Guiness Pro14
2017-’18 Kampioen (2de na rondomtalie)
Leinster Rugby
Leinster Rugby
Leinster Rugby
Leinster Rugby
Leinster Rugby
Leinster Rugby
Leinster Rugby
Spankleure


Leinster Rugby
Leinster Rugby
Leinster Rugby
Leinster Rugby
Leinster Rugby
Leinster Rugby
Leinster Rugby
Alt. kleure

Statistiek
Meeste wedstryde 257 Gordon D’Arcy
Meeste punte 1 538 Jonathan Sexton
Meeste drieë 69 Shane Horgan
Amptelike webwerf
www.leinsterrugby.ie

Leinster se tuiswedstryde word op die RDS Arena en die Aviva-stadion, wanneer die RDS nie voldoende is nie, in Dublin gespeel en daar is plek vir onderskeidelik 18 500 en 51 700 toeskouers. Voordat die RDS Arena in 2005 Leinster se tuisveld geword het, was Donnybrookstadion die tuisveld. Die span speel hoofsaaklik in blou en die span se wapen bestaan uit ’n harp, na aanleiding van die vlag van Leinster, binne ’n rugbybal.

Leinster het, soos die ander Ierse spanne, in 1995 professioneel geword en neem sedert 2001 aan die Pro14 en sy verskeie voorgangers (naamlik Pro12, Magners-liga en Keltiese Liga) deel en hulle het daarvoor om die Ierse provinsiale kampioenskap meegeding. ”Leinster A” neem aan die Britse en Ierse Beker deel. Leinster het reeds vier keer die Pro14 gewen en was drie keer die Europese kampioene.

Kleure en wapen

Leinster Rugby 
Die vlag van die Provinsie Leinster

Die huidige wapen is in 2005 in gebruik geneem aangesien Leinster Rugby nie kopiereg op die worige wapen gehad het nie. Die nuwe gestileerde wapen is spesifiek vir Leinster Rugby ontwerp omdat dit die harp en ’n rugbybal insluit. Die Leinster Rugby-wapen is te sien op alle ampteliks klubhandelsware, insluitend replikatruie.

Die provinsie se huidige drag is blou met ’n wit harp en twaalf vlootblou lyne wat die twaalf distrikte van Leinster voorstel. Hul sekondêre drag is vir met ’n blou harp en twaalf blou lyne.

Die Leinstertrui bevat ook drie sterre bo die wapen om die drie Europese Beker-titels wat die provinsie tot op hede gewen het, voor te stel.

Tuisvelde

RDS Arena

Leinster se huidige tuisveld is die RDS Arena. Die eerste wedstryde op die RDS Arena is gedurende die 2006-’07-Heinekenbekerseisoen hier gespeel. Teen die volgende seisoen is al die span se wedstryde daarheen verplaas. Sedert Leinster daar begin speel het, is die stadion herontwikkel. Die arena bied plek vir 18 500 toeskouers waarvan die meeste sitplekke is. Aangesien die RDS ’n perdespringarena bly, kan die noordelike en suidelike paviljoene verwyder word. ’n dak is gebou om die hoofpaviljoen oorkant die voorafbestaande Angleseapaviljoen te bedek. Die RDS sal tot 2027 Leinster se tuisveld wees na ’n ooreenkoms wat in 2007 onderteken is.

In Julie 2014 is ’n ontwerpskompetisie vir die ontwikkeling van die arena in ’n wêreldgehalte- 25 000-sitplek stadion, deur die RDS en Leinster Rugby aangekondig, met werk wat in April 2016 ’n aanvang sou neem. Die verkoop van die naamsregte was ’n sleutelkomponenet in die befondsing van die projek met aanvanklike voorgestelde begroting van €20 miljoen.

Binne die RDS Arena voor ’n Leinsterwedstryd

Aviva-stadion

Leinster Rugby 
Aviva-stadion voor ’n Leinsterwedstryd

Vir groot wedstryde waarin die RDS Arena nie aan genoegsame sitplek kan voorsien nie, speel Leinster hul wedstryde op die Aviva-stadion wat sitplek vir 51 700 mense het. Dit is dikwels belngrike wedstryde in die Europese Beker of die Pro14 teen plaaslike teenstanders. Hulle het in 2010 hul eerste tuiswedstryd aldaar teen Munster gespeel met die stadion wat vir die eerste keer volgepak was. Leinster was tot in Desember 2012 onoorwonne op die Aviva-stadion toe hulle met 21-28 teen Clermont verloor het.

Donnybrookstadion

Leinster Rugby 
Donnybrookstadion

Leinster se tradisionele tuiste oor die jare was Donnybrookstadion in Dublin. Donnybrook bestaan uit ’n enkele onderdakstadion en drie oop terrasse. Om groeiende toeskouergetalle tegemoet te kom, het Leinster na die RDS Arena geskuif; die 6 000 sitplekke op Donnybrook het te min geraak. Om hierdie rede het Dublin ’n langtermynhuurooreenkoms met die Koninklike Dublingenootskap aangegaan om hul tuiswedstryde op die RDS Arena te speel. Donnybrook is egter intussen opgeknap met ’n herbou van die hoofpaviljoen in 2008 en bly ’n belangrike plek vir rugby in Dublin.

Weens beperkte spasie is dit onwaarskynlik dat Donnybrook verder ontwikkel sal word. Leinster A speel egter steeds hul wedstryde om die Britse en Ierse Beker op die stadion en die seniorspan speel steeds voorseisoen- vriendskaplike wedstryde op die stadion. Die meeste wedstryde om die Leinster Skolebeker word ook op die stadion gespeel. 

Seisoenbepalings

Keltiese Liga/Pro12/Pro14

    Seisoen Pos Gespeel Gewen Gelyk Verloor BP Punte Notas
    2001-’02 1ste (Poel A) 7 7 0 0 0 21 Wen in eindstryd teen Munster
    2002-’03 5de (Poel B) 7 3 0 4 6 18
    2003-’04 8ste 22 9 1 12 9 47
    2004-’05 3de 20 12 1 7 7 57
    2005-’06 2de 20 14 0 6 10 74
    2006-’07 3de 20 12 1 7 11 61
    2007-’08 1ste 18 13 1 4 7 61 Geen uitspeelrondtes. Wen op ligapunte.
    2008-’09 3de 18 11 1 6 6 52
    2009-’10 1ste 18 13 0 5 3 55 Verloor in eindrondte teen Ospreys
    2010-’11 2de 22 15 1 6 8 70 Verloor in eindrondte teen Munster
    2011-’12 1ste 22 18 1 3 7 81 Verloor in eindrondte teen Ospreys
    2012-’13 2de 22 17 0 5 10 78 Wen teen in eindrondte Ulster
    2013-’14 1ste 22 17 1 4 12 82 Wen in eindrondte teen Glasgow Warriors
    2014-’15 5de 22 11 3 8 12 62
    2015-’16 1ste 22 16 0 6 9 73 Verloor in eindrondte teen Connacht
    2016-’17 2de 22 18 0 4 13 85 Verloor in halfeindrondte teen Scarlets
    2017-’18 2de 21 14 1 6 12 70 Wen in eindstryd teen Scarlets
    2018-’19 3de 21 15 1 5 14 76

Heinekenbeker/Rugbykampioenebeker

    Seisoen Poel/Rondte Pos Gespeel Gewen Gelyk Verloor BP Punte Notas
    1995-’96 Poel C 1ste 2 2 0 0 4 Verloor in halfeindrondte teen Cardiff
    1996-’97 Poel B 3de 4 2 0 2 4
    1997-’98 Poel A 3de 6 2 0 4 4
    1998-’99 Poel A 4de 6 2 0 4 4
    1999-’00 Poel 1 2de 6 4 0 2 8
    2000-’01 Poel 1 2de 6 3 1 2 7
    2001-’02 Poel 6 1ste 6 5 0 1 10 Verloor in kwarteindrondte teen Leicester Tigers
    2002-’03 Poel 4 1ste 6 6 0 0 12 Verloor in halfeindrondte teen Perpignan
    2003-’04 Poel 3 2de 6 4 0 2 2 18
    2004-’05 Poel 4 1ste 6 6 0 0 2 26 Verloor in kwarteindrondte teen Leicester Tigers
    2005-’06 Poel 5 2de 6 4 0 2 6 22 Verloor in halfeindrondte teen Munster
    2006-’07 Poel 2 1ste 6 4 0 2 5 21 Verloor in kwarteindrondte teen London Wasps
    2007-’08 Poel 6 3de 6 3 0 3 0 12
    2008-’09 Poel 2 1ste 6 4 0 2 4 20 Wen in eindrondte teen Leicester Tigers
    2009-’10 Poel 6 1ste 6 4 1 1 4 22 Verloor in halfeindrondte teen Toulouse
    2010-’11 Poel 2 1ste 6 5 0 1 4 24 Wen in eindrondte teen Northampton Saints
    2011-’12 Poel 3 1ste 6 5 1 0 2 24 Wen in eindrondte teen Ulster
    2012-’13 Poel 5 2de 6 4 0 2 4 20
    2013-’14 Poel 1 1ste 6 5 0 1 2 22 Verloor in kwarteindrondte teen Toulon
    2014-’15 Poel 2 1ste 6 4 1 1 2 20 Verloor in halfeindrondte teen Toulon
    2015-’16 Poel 5 4de 6 1 0 5 2 6
    2016-’17 Poel 4 1ste 6 4 1 1 5 23 Verloor in halfeindrondte teen Clermont

Europese Rugbyuitdaagbeker

    Seisoen Poel/Rondte Pos Gespeel Gewen Gelyk Verloor BP Punte Notas
    2012-’13 Wen in eindrondte teen Stade Français

Huidige span

Leinster se span vir die 2017-’18-seisoen:

Stutte

  • Michael Bent
  • Ed Byrne
  • Peter Dooley
  • Tadhg Furlong
  • Cian Healy
  • Jack McGrath
  • Andrew Porter

Hakers

  • Bryan Byrne
  • Sean Cronin
  • Richardt Strauss
  • James Tracy

Slotte

  • Leinster Rugby  Scott Fardy
  • Mick Kearney
  • Ross Molony
  • Ian Nagle
  • James Ryan
  • Devin Toner
 

Losvoorspelers

  • Jack Conan
  • Max Deegan
  • Jamie Heaslip
  • Dan Leavy
  • Jordi Murphy
  • Seán O’Brien
  • Rhys Ruddock
  • Peadar Timmins
  • Josh van der Flier

Skrumskakels

  • Leinster Rugby  Jamison Gibson-Park
  • Nick McCarthy
  • Luke McGrath

Losskakels

  • Ross Byrne
  • Joey Carbery
  • Cathal Marsh
  • Jonathan Sexton
 

Senters

  • Tom Daly
  • Robbie Henshaw
  • Rory O’Loughlin
  • Noel Reid
  • Garry Ringrose

Vleuels

  • Adam Byrne
  • Barry Daly
  • David Kearney
  • Fergus McFadden

Heelagters

  • Rob Kearney
  • Leinster Rugby  Isa Nacewa

Eksterne skakel

Verwysings

Tags:

Leinster Rugby Kleure en wapenLeinster Rugby TuisveldeLeinster Rugby SeisoenbepalingsLeinster Rugby Huidige spanLeinster Rugby Eksterne skakelLeinster Rugby VerwysingsLeinster RugbyIerse RugbyvoetbaluniePro14

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Seksuele stimulasieJohannesburgBestaansboerderyKriekOrale seksBysteekElektroniese of digitale mediaGroepsgebiedewetLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsMiddelmisbruikAfro-AmerikanersWalvisOrtopedieMantisWikiNatriumtiosulfaatKlimaatsverandering in Suid-AfrikaMaroela MediaVars waterNasionaal-SosialismeStollingsgesteentePlae van EgipteSendelingposisieKitaarVersoeningsdagKaartArmoedeverligtingFiela se kindGeslagsgelykheidTrappe van vergelykingBTWLetterkundeOnbemande vliegtuigBedryfstelsel (inligtingstegnologie)Jan-Willem BreureSmaakVaginale kankerMaagsweerAborsie in Suid-AfrikaLugbesoedelingWaterkringloopAngolese BurgeroorlogArabiesHannes van WykLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaCradock-4AntisemitismeOrgasmeMeningsverskil oor aardverwarmingWaterpokkiesPriemgetalJavaScriptMonumentWikimedia-stigtingKoolstofPoesAfrikaanse woordelys en spelreëlsPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaEreksieGriekwa-AfrikaansVratVlinderEngelsMusiekHartversakingDurbanBeëdigde verklaringNatriumKamoefleringSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Tienie HollowayKinderregteKoperSuid-Afrikaanse randSamestellende afleidingDrinkwatervoorsieningPornografie🡆 More