Steven Sykes

Steven Sykes (* 5 Augustus 1984, Middelburg, Oos-Kaap) is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat in die Superrugbyreeks vir die Southern Kings, en in die Curriebeker vir die Oostelike Provinsie op slot speel.

Steven Sykes Rugbyportaal
Volle naam Steven Robert Sykes
Geboortedatum 5 Augustus 1984 (1984-08-05) (39 jaar oud)
Geboorteplek Middelburg, Oos-Kaap, Suid-Afrika
Lengte 1,97 m
Massa 106 kg
Skool Hoër Landbouskool Marlow, Cradock
Universiteit Universiteit van die Vrystaat
Beroep Professionele rugbyspeler
Rugbyloopbaan
Loopbaan as speler
Posisie(s) Slot
Professionele / senior klubs
Jare Klub / span Weds (pte)
2011 Leinster 4 (0)
Provinsiale- / Staatspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
2005–2010
2012
2013
Natalse Haaie
Natalse Haaie
OP Kings
101
8
12
(25)
(0)
(15)
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap
Jare Klub / span Weds (pte)
2006–2012
2013
2015
2016
Sharks
Kings
Cheetahs
Kings
69
15
14
0
(45)
(10)
(5)
(0)
korrek soos op 22 Feb 2016.

Loopbaan

Jeug

Op skool het Sykes die Oostelike Provinsie by verskeie jeurtoernooie verteenwoordig. Hy het in 1997 aan die o/13-Cravenweek deelgeneem en deur die jeugspanne gevorder tot by die o/18-Cravenweektoernooi in 2002.

Natalse Haaie/Sharks

In 2003 is Sykes na Durban om by die Sharksakademie aan te sluit. Hy is gekies vir die Suid-Afrikaanse o/19-span wat aan die o/19-Wêreldbeker deelgeneem het en het ook in 2003 en 2004 Natal se o/20-span in die provinsiale toernooi verteenwoordig.

Hy het sy eersterangse debuut in 2005 vir die Natalse Wildebeeste gemaak in die Vodacombekerkompetisie in sy span se oorwinning van 43–0 oor Grens. Hy het sy Curriebekerdebuut in 2005 gemaak gedurende die kwalifiserende ronde van die reeks. Hy het in daardie jaar vyf keer vir die Natalse Haaie in die Curriebeker uitgedraf.

In 2007 het Sykes sy Superrugbydebuut gemaak met die eerste drie wedstryde van die seisoen waarin hy in die beginspan was. Johan Ackermann het egter teruggekeer na ’n besering en Sykes is in die Vodacombekerspan gebruik vir vyf wedstryde. Later in die seisoen het hy ook in 14 Curriebekerwedstryde gespeel.

In die volgende twee seisoene het Sykes die spanne van Natal telkemale verteenwoordig. Hy was onder meer deel van die span wat in 2008 vir die eerste keer in vyf jaar in die Curriebekereindstryd gespeel het en wat daardie wedstryd teen die Blou Bulle met 14–9 gewen het. Dit was Natal se eerste Curriebekerreeksoorwinning sedert 1996.

In 2009 het die Britse en Ierse Leeus na Suid-Afrika getoer en Sykes het op drie geleenthede teen hulle te staan gekom, eers vir die Sharks op hulle vierde toerwedstryd Hy het ook in ’n wedstryd vir die Opkomende Springbokke gespeel en is toe na die nasionale span opgetrek maar het nie speelkans as plaasvervanger gekry nie.

Leinster

Na sewe en ’n halfjaar in Durban het Sykes ’n driejaarkontrak met Leinster Rugby geteken. Hy het egter net in vier wedstryde gespeel voordat hy na Suid-Afrika teruggekeer het.

Terugkeer na Sharks

Sykes het ’n eenjaarkontrak met die Natalse span in 2012 geteken

Oostelike Provinsie Kings/Southern Kings

Gedurende die 2012-seisoen is aangekondig dat Sykes hom by die Southern Kings sou aansluit vir die 2013 Superrugbyseisoen. Hy het sy debuut vir die Kings gemaak in hul oorwinning oor die Western Force in Port Elizabeth. Hy het in dertien wedstryde vir die Kings gespeel asook in albei promosie-relegasiewedstryde teen die Lions.

Voorts het hy in 2013 en 2014 vir die Oostelike Provinsie in die Curriebeker gespeel.

Cheetahs

Sykes is in 2015 as leenspeler na die Cheetahs waar hy in veertien wedstryde gespeel het. Hy keer terug na die Kings in 2016, en is ook as hul kaptein gekies.

Eksterne skakels

Verwysings

Tags:

Steven Sykes LoopbaanSteven Sykes Eksterne skakelsSteven Sykes VerwysingsSteven Sykes19845 AugustusCurriebekerMiddelburg, Oos-KaapOostelike ProvinsieRugbySouthern Kings (Superrugbyspan)Suid-AfrikaanseSuperrugby

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SprokieSatellietfotoNederlandsModeontwerpGoogleJoseph LynchAardverwarmingBeaufortskaalDramaMiddeloorontstekingGNU/FDL-lisensieProsaRegardt van den BerghIsraelVreesJan de WetPeach van PletzenArabiesShakaTweede Nuwe JaarPersVerenigde State van AmerikaAndré JacobsSwangerskapSeksueel oordraagbare infeksieLewerFranklin D. RooseveltVarkgriepSwitserlandPaasfeesMenseregteVolstruisSkoolUitwerking van klimaatsveranderingPerdKommunikasieParkinson se siekteKomplementêre kleureKragopwekkingMonopolieMosesEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaBeesvleisKaren MeiringVakbondLikkewaanIngenieursweseKalsiumLuiperdMIVLyfstraf in skoleSelfoonVulkanismeLongSuikersiekteAmandelRonelda KamferAlkoholismeSeeIdioomKrugerwildtuinKonjunktivitisStaatstoelaeWikiquoteAbstraksie (rekenaarwetenskap)Walt DisneyNadia ValvekensHerfsNylrivier (Suid-Afrika)Covid-19-pandemieLandbou in Suid-AfrikaTaalSuid-Afrikaanse MenseregtekommissieKunsmatige algemene intelligensieSonsteek🡆 More