Zane Kirchner (gebore in George op 16 Junie 1984) is 'n oud-Springbokrugbyspeler wat lank vir die Blou Bulle in die Curriebeker en die Bulls in Superrugby gespeel het.
Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 2015.
| |||||
Zane Kirchner in 2013 | |||||
Volle naam | Zane Kirchner | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 16 Junie 1984 | ||||
Geboorteplek | George, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,84 m | ||||
Massa | 92 kg | ||||
Skool | PW Botha-kollege, George | ||||
Beroep | Professionele rugbyspeler | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Heelagter, senter, vleuel | ||||
Springbokno. | 804 | ||||
Professionele / senior klubs | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2013–2017 2017–2019 2018 | Leinster Dragons Bristol Bears | 87 27 3 | (65) (24) (0) | ||
korrek soos op 28 Mei 2023. | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2003–2007 2007–2012 | Griekwas Blou Bulle | 58 43 | (177) (34) | ||
korrek soos op 28 Mei 2023. | |||||
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
2008–2013 | Bulls | 82 | (105) | ||
korrek soos op 28 Mei 2023. | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
2009–2015 | Suid-Afrika | 31 | (25) | ||
korrek soos op 28 Mei 2023. |
Kirchner gaan skool op PW Botha-kollege in sy tuisdorp en speel op losskakel vir die skoolspan; hy word eers op heelagter gekies tydens die 2002 Cravenweek. Hy begin sy provinsiale rugbyloopbaan by die Wildeklawer Griekwas, en draf 58 keer vir hul uit sedert sy Curriebekerdebuut in 2003 voordat hy na die Blou Bulle skuif in 2007. Hy maak sy debuut vir die Bulls in 2008 en behaal 105 punte vir hul in 82 wedstryde.
Gedurende April 2013 word daar aangekondig dat Kirchner die Bulls verlaat om aan te sluit by die Ierse klub Leinster op 'n tweejaar-kontrak. Hy het nie daarna weer teruggekeer na plaaslike rugby nie.
Op 7 Maart 2017 het Kirchner by die Dragons geteken vir die Walliese streek van die Pro 12-reeks vanaf die 2017–18 seisoen.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Zane Kirchner, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.