Kitsbank: Usuario utilizando cajero automático "Banelco"

'n Kitsbank, geldoutomaat of outomatiese tellermasjien (OTM) is 'n toestel wat mense toelaat om kontant uit hulle bankrekeninge te onttrek.

Sommige kitsbanke laat ook ander transaksies toe, soos om geld te deponeer, rekeningoorplasings te doen, state en saldobalanse aan te vra, en selfs rekeninge te betaal. Kitsbanke word algemeen voor banke, in winkels en winkelsentrums aangetref.

Kitsbank: Geskiedenis, Veiligheidsmaatreëls, Verwysings
Persoon wat 'n OTM gebruik.
Kitsbank: Geskiedenis, Veiligheidsmaatreëls, Verwysings
Sleutelbord vir jou PIN.
Kitsbank: Geskiedenis, Veiligheidsmaatreëls, Verwysings
'n Debiet- of kredietkaart word benodig om 'n OTM te gebruik.

Mens moet oor 'n debiet- of kredietkaart beskik om 'n kitsbank te kan gebruik. Nadat die kaart in die masjien ingestoot is, moet 'n persoonlike identifikasienommer (PIN) ingesleutel word, wat jou toegang tot jou rekening bied.

Bedrog vind algemeen by kitsbanke plaas. Mense kan oor jou skouer loer om jou PIN te sien en soms word versteekte kameras opgerig om mense se besonderhede te onderskep. Sodra die skelms jou rekeningnommer en PIN het, kan hulle geld uit jou rekening steel.

Geskiedenis

Kitsbank: Geskiedenis, Veiligheidsmaatreëls, Verwysings 
Binnekant van 'n OTM.

Die eerste meganiese masjien ('n tipe kitsbank) wat geldnote kon uitreik, dateer uit 1939. Die masjien is deur Luther George Simjian ontwikkel en gebou, en is by die City Bank of New York, tans die City Bank, geïnstalleer. Klante het egter nie die masjien aanvaar nie, en dit is ses maande later verwyder.

Daarna het die ontwikkeling van die kitsbank 25 jaar lank stilgestaan, totdat John Shepherd-Barron die eerste elektroniese OTM ontwikkel het. Hierdie masjien is op 27 Junie 1967 by Barclays Bank in Enfield Town (Noord-Londen) geïnstalleer. Die eerste persoon wat geld by die kitsbank onttrek het, was die akteur Reg Varney, wat bekend is vir die TV-reeks On the Buses.

Veiligheidsmaatreëls

Kitsbank: Geskiedenis, Veiligheidsmaatreëls, Verwysings 
'n OTM na 'n inbraak

Banke aanvaar selde verantwoordelikheid vir misdade wat by en om kitsbanke plaasvind. Dit is daarom noodsaaklik om te alle tye bedag en versigtig te wees. Die volgende veiligheidswenke kan help:

  • Wees waaksaam en bewus van jou omgewing by die OTM.
  • Moenie jou kaart of PIN (persoonlike identifikasienommer) vir enigiemand gee nie.
  • Moet nooit jou PIN op die kaart of iets naby die kaart neerskryf nie.
  • Moenie jou kaart in die masjien inskuif voordat jy op die skerm daarvoor gevra word nie.
  • Staan naby die skerm en gebruik jou liggaam of hand om te verseker dat niemand jou PIN kan sien nie.
  • Hou jou hand oor die kaartgleuf om te verseker dat niemand jou kaart kan neem of ruil nie.
  • Moet nooit hulp van vreemdelinge by die OTM aanvaar nie. Wees versigtig vir enige aanbod om hulp.
  • Indien jou kaart deur die OTM "gesluk" word, moet die bank se tolvrye nommer onmiddellik geskakel word om die kaart te stop en te kanselleer.
  • Indien jy hulp benodig, vra ‘n beampte binne die bank, nie 'n vreemdeling of sekuriteitswag nie.
  • Plaas 'n limiet of perk op die bedrag geld wat daagliks by OTM's onttrek kan word.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Kitsbank GeskiedenisKitsbank VeiligheidsmaatreëlsKitsbank VerwysingsKitsbank Eksterne skakelsKitsbankBankGeldWinkelsentrum

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Suid-Afrikaanse konsentrasiekampeTrekarbeidDirekte en Indirekte redeKameelperdWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaSASOLAfrikaanse naguilSlawernyAgtervoegselSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Lys van myne in Suid-AfrikaMynbouKoorsRassisme in AfrikaLeestekenWiskundeGrondwetNierversakingMaroela MediaRuan PienaarSuiwelprodukVarkgriepKolonialismeVerkoueLika BerningMobutu Sese SekoCremonaTuisbladKrimpvarkieGoogleJapanConsolidated B-24 LiberatorLionel MessiMag (sosiale wetenskappe)SendelingposisieJosef StalinBlack SashPlae van EgipteSwitserlandEllipstekenSleutel (musiek)WhatsAppLys van elemente volgens simboolAnale seksTierDinosourusEwenaarWaterpokkiesDiskriminasieGetalThomas EdisonTienie HollowayLien se lankstaanskoeneSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024BosluisbytkoorsAfrikaSekondêre sektor van die ekonomiePolisieLys van Suider-Afrikaanse soogdiereRooibloedselEkologieMielieAkademia19de eeuSelfieJohannesburgNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyOutismeVerenigde KoninkrykKlavierRegverdige handelSonnestelsel🡆 More