Kirgisies

Kirgisies (кыргызча, قىرعىزچا, kyrgyzcha, of кыргыз тили, قىرعىز تىلى, kyrgyz tili, ) is 'n Turkiese taal wat deur sowat 4,6 miljoen mense in Kirgisië, Afganistan, Tadjikistan, Oesbekistan, Pakistan en die Volksrepubliek China gepraat word.

    Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Kirgisiërs.

Dit is die vyfde mees algemene taal van Sentraal-Asië naas Oesbekies, Kasaks, Tadjiks en Turkmeens asook die sewende mees gesproke Turkiese taal naas Turks, Azerbeidjans, Oesbekies, Kasaks, Oeigoers en Turkmeens. Kirgisies is die amptelike taal van die Republiek Kirgisië en verwant aan Kasaks en Karakalpaks.

Kirgisies
кыргызча, قىرعىزچا, kyrgyzcha of кыргыз тили, قىرعىز تىلى, kyrgyz tili 
Uitspraak: [qɯɾʁɯzˈtʃɑ] of [qɯɾˈʁɯz tiˈli]
Gepraat in: Vlag van Kirgisië Kirgisië
Vlag van Afghanistan Afghanistan
Vlag van Tadjikistan Tadjikistan
Vlag van Oesbekistan Oesbekistan
Vlag van Pakistan Pakistan
Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China 
Gebied: Sentraal-Asië
Totale sprekers: 4,6 miljoen
Taalfamilie: Altaïes
 Turkies
  Kipchak
   Kipchak-Nogay
    Kirgisies 
Skrifstelsel: Latynse alfabet
Cyrilliese alfabet
Arabiese alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Kirgisië Kirgisië
Gereguleer deur: Kirgisiese taalagentskap
Taalkodes
ISO 639-1: ky
ISO 639-2: kir
ISO 639-3: kir 
Verspreiding van Kirgisies
Kirgisies
Etniese kaart van Sentraal-Asië
Kirgisies
Die Kirgisiese Cyrilliese alfabet

Kirgisies word amptelik met 'n aangepaste Cyrilliese alfabet geskryf, maar op die internet word ook 'n variant van die Latynse alfabet gebruik. In Afganistan en die Volksrepubliek China word 'n aangepaste Arabiese alfabet gebruik.

Na die verbrokkeling van die Sowjetunie (aan die begin van die 1990's) het die regerings van die Sentraal-Asiatiese lande met Turkiese tale op die amptelike gebruik van die nuwe Turks-Latynse alfabet besluit. Vir Kirgisies en Kasaks het 'n kommissie 'n gemeenskaplike alfabet uitgewerk.

Deesdae is Russies steeds die belangrikste taal in die groot stede, soos Bisjkek, terwyl Kirgisies sy waarde en invloed veral onder die jongmense verloor.

Verwysings

Eksterne skakels

Kirgisies 
Wiki
Sien gerus Wiki se uitgawe in Kirgisies

Tags:

AfganistanAmptelike taalAzerbeidjansKarakalpaksKasaksKirgisiëOeigoersOesbekiesOesbekistanPakistanSentraal-AsiëTaalTadjikistanTadjiksTurkiese taleTurkmeensTurksVolksrepubliek China

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Hernubare energieXenofobieConsolidated B-24 LiberatorToestand van materieLewerPampoentjiesTswanaWortelSonKlein-KarooKweekhuiseffekAborsieNatuurrampVioolBesproeiingKolonisasieOligopolieJesus van NasaretBreinvliesontstekingWaterpokkiesLetsiteleVergelykings (taalkunde)Bruin huisslangMangelBrongitisMaselsLabia (geslagsdele)AlkoholismeVoorsetselKoos BekkerEugenetikaJeugdagTuberkuloseMag (sosiale wetenskappe)Eben EtzebethVerkleurmannetjieRenteKolorektale kankerUniversele Verklaring van MenseregteLiewe HeksieEkologiePretoriaVaalrivierImpakte van toerismeWolkProteaPesachLeah van NiekerkHoedVleilandNasionale lied van Suid-AfrikaTsoenamiSwartbewussynsbewegingOranjerivierIrma SternDonkieKamoefleringNiemetaalBloeddrukVolhoubare ontwikkelingEkonomie van Suid-AfrikaWerkloosheidFiela se kindDataverwerkingGloeilampSlawernyVoedselkettingBalletWetenskapJan van TonderStedelike gebiedEuropaDesimale breuke🡆 More