Kirgisiërs

Die Kirgisiërs (Kirgisiese enkelvoud: кыргыз/kyrgyz, meervoud: кыргыздар/kyrgyzdar) vorm naas die Oesbeke, Kasakke en Turkmene die vierde grootste Turkse etniese groep in Sentraal-Asië.

    Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Kirgisies.

Hulle vorm die titulêre nasie van Kirgisië, waar hulle sowat 72,6% van dié land se bevolking uitmaak, en praat Kirgisies, 'n Turkse taal, as moedertaal.

Kirgisiërs
Kirgisiërs
Totale bevolking: ca. 4,5 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Kirgisië Kirgisië ~3,8 miljoen

Vlag van Oesbekistan Oesbekistan 250 000
Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China 143 500
Vlag van Rusland Rusland 103 422
Vlag van Tadjikistan Tadjikistan 60 000
Vlag van Kasakstan Kasakstan 23 274
Vlag van Afghanistan Afghanistan 1 130
Vlag van Oekraïne Oekraïne 1 128

Taal: Kirgisies
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik Soennitiese Islam
Tengriisme • ChristendomSjamanismeTibettaanse Boeddhisme
Verwante etniese groepe: Ander Turkse volke soos Azerbeidjanners, Basjkiriërs, Gagaoesiërs, Karakalpakke, Kasakke, Oeigoere, Oesbeke, Tartare, Tsjoewasjiërs, Turke en Turkmene
Kirgisiërs
Etniese kaart van Sentraal-Asië
Kirgisiërs
Ryk Kirgisiese jagter met 'n valk – skildery deur Vasili Veresjtsjagin in 1871

Naas Kirgisiërs woon nog klein minderhede soos Oesbeke (14,4%) en Russe (6,4%) in Kirgisië. Kirgisiese minderhede woon ook in lande soos Oesbekistan (250 000), die Volksrepubliek China (143 500) en Rusland (103 422).

Wêreldwyd is daar omtrent 4,5 miljoen Kirgisiërs, waarvan sowat 3,8 miljoen in Kirgisië woon. In die Volksrepubliek China behoort die Kirgisiërs tot een van die 56 amptelik erkende etniese groepe ("nasionaliteite"). Hulle woon veral in die Wes-Chinese outonome gewes Xinjiang saam met ander verwante etniese groepe soos Oeigoere, Oesbeke en Kasakke.

Die naam van die Kirgisiërs is moontlik van 40 (Turks: kyrk met die meervoud-agtervoegsel -yz) stamme afgelei wat onder die epiese held Manas verenig is en teen die Mongole geveg het. Die 40 strale van die son op die vlag van Kirgisië vertoon hierdie 40 stamme. Volgens 'n ander teorie is die naam afgelei van 40 meisies wat krygers geword en waaruit die Kirgisiërs ontwikkel het.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Etniese groepKasakkeKirgisiesKirgisiëMoedertaalNasieOesbekeSentraal-AsiëTurkmeneTurkse taleTurkse volke

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ParysBywoordAfleiding (taalkunde)Christiaan BarnardGeografie van Suid-AfrikaDikdermKunsmatige algemene intelligensieChristendomSharpeville-slagtingSkaakSoogdierSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989Narsistiese persoonlikheidsteuringNagmaalOrganisasie sonder winsoogmerkNasionalismeVlinderMetaalDoc ImmelmanLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaVennootskapKwikNoord-KaapEugenetikaKoerantSeilvaartLTuberkuloseKaapstadse waterkrisis 2015-2018LeestekenStadCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaDooie SeeAssonansieKunsmatige intelligensieMIVTropiese sikloonMetafoorBateVoorsetselGriepSeksuele stimulasieSimfonie-orkesLangste woordCristiano RonaldoLatynVerkleinwoordKrieketStikstofKasteel die Goeie HoopMineraalWelwitschiaWiskundeDemokrasieKontrasErektiele disfunksieOmgewingsgesondheidInvloed van vigs op die ekonomieMaatskappyEnkelvoudige sinMangelontstekingDubbelpuntAlkoholismeKarooBrandstofFrederik Willem de KlerkDeelteken en umlautAppel (sanger)Gawes van die Heilige GeesNatuurbewaringKopieregSneeu🡆 More