Jolly Roger

Jolly Roger is die tradisionale Engelse naam vir ’n vlag wat seerowers in die vroeë 18de eeu, tydens die laaste deel van die goue eeu van seerowery, gebruik het om hulle net voor ’n aanval te identifiseer.

Jolly Roger
’n Tipiese Jolly Roger.
Jolly Roger
’n Rooi "Bloedvlag".

Die vlag wat vandag algemeen as die Jolly Roger beskou word, met ’n skedel en doodsbeendere op ’n swart agtergrond, is in die 1710's deur verskeie seerowerkapteins gebruik, insluitende Black Sam Bellamy, Edward England en John Taylor. Dt was in die 1720's die algemeenste seerowersvlag, hoewel ander ontwerpe ook gebruik is.

Oorsprong

Naam

Die gebruik van die term "Jolly Roger" vir seerowersvlae dateer van minstens kaptein Charles Johnson se A General History of the Pyrates, wat in 1724 in Brittanje gepubliseer is.

Johnson het spesifiek twee seerowers genoem wat hulle vlag Jolly Roger genoem het: Bartholomew Roberts in Junie 1721 en Francis Spriggs in Desember 1723. Tog het die ontwerp van die twee se vlae baie verskil, wat daarop dui dit was ’n generiese naam vir ’n swart seerowersvlag, eerder as die naam vir ’n sekere ontwerp. Nie Roberts of Spriggs se Jolly Roger het ’n skedel en doodsbeendere opgehad nie.

Richard Hawkins, wat in 1724 deur seerowers gevange geneem is, het berig die seerowers het ’n swart vlag gehad met ’n figuur wat ’n hart met ’n spies steek, en dat hulle dit Jolly Roger genoem het. Die beskrywing stem baie ooreen met dié van die berugte vlag van Edward Teach, ook bekend as Swartbaard, van ses jaar tevore.

Soms word beweer die naam kom van Joli Rouge ("Mooi Rooi") in verwysing na ’n rooi vlag wat deur Franse vrybuiters gebruik is. Dit word soms toegeskryf aan rooi bloed, wat dui op gewelddadige seerowers wat gereed is om aan te val.

Ontwerp

Jolly Roger 
Die "seerower" Paul Jones, ’n Britse karikatuur van die laat 18de eeu, is ’n vroeë voorbeeld van die skedel en doodsbeendere van Jolly Rogers wat op ’n karakter se hoed gebruik is om hom as ’n seerower te identifiseer (soms ’n driepunt- en soms, soos in dié geval, ’n tweepunthoed.

Die eerste aangetekende gebruik van die skedel en doodsbeendere op skepe dateer van die 17de eeu. Dit het moontlik omtstaan onder die Barbaryse seerowers van dié tydperk wat die swart kleur van die Jolly Roger sou verbind met die Moslemse Swart Banier. ’n Vroeë verwysing na Moslemse corsaires wat so ’n vlag gebruik het, in verband met die slaweaanval van 1625 op Cornwall, verwys egter na die simbole op ’n groen vlag.

Daar is verwysings na Francis Drake se swart vlag wat hy in 1585 al gebruik het, maar die korrektheid hiervan word betwis. Daar is ook kontemporêre voorbeelde wat Peter Easton in 1612 met ’n swart vlag wys, asook Swartbaard, Charles Vane en Richard Worley in 1718 en Howell Davis in 1719.

Met die einde van die Spaanse Suksessieoorlog in 1714 het baie kaapvaarders na seerowery oorgeslaan. Hulle het nou hulle eie ontwerpe op ’n swart of rooi agtergrond gebruik. Soms is geel strepe of beelde simbolies van die dood ook gebruik.

Die Amerikaanse historikus Marcus Rediker het beweer die meeste seerowers wat tussen 1716 en 1726 aktief was, was deel van twee groot groepe wat met mekaar verbind was en ’n eenderse struktuur gehad het. Dit kan die redelik vinnige aanvaarding van die swart vlag verduidelik onder ’n groep mans wat oor duisende kilometers van die oseaan aktief was. Dit dui daarop dat die kopbeen-en-doodsbeendere-ontwerp gestandaardiseerd geraak het omtrent dieselfde tyd as waarin die naam Jolly Roger daarvoor aanvaar is. Teen 1730 was die meeste verskillende ontwerpe deur die standaardontwerp vervang.

Jolly Roger 
Jong spelers met die Orlando Pirates se embleem op hulle hemde.

Moderne gebruike

Die Jolly Roger het in die 19de eeu ’n cliché van seerowersfiksie geword. Teen die Victoriaanse tydperk (van 1837) af het die bedreiging van seerowers genoegsaam afgeneem dat dit ’n gewilde onderwerp van fiksie geword het, veral Robert Louis Stevenson se avontuurroman Treasure Island (1883).

Gilbert en Sullivan se komiese opera The Pirates of Penzance, wat sy debuut op 31 Desember 1879 gemaak het, het seerowers as komediekarakters voorgestel en sedert die laat 20ste eeu is seerowers met Jolly Roger-vlae dikwels uitgebeeld as karikatuuragtige of lawwe karakters.

Baie sportspanne gebruik woorde soos "pirate", "raider" of "buccaneer" in hulle bynaam vanweë die fiktiewe beeld van seerowers. Van hulle, soos Suid-Afrika se sokkerspan Orlando Pirates, gebruik ook die Jolly Roger as hulle embleem.

Historiese ontwerpe

Vlae van 1693 (Thomas Tew) tot 1724 (Edward Low) wat in verskeie bestaande werke oor die geskiedenis van seerowery voorkom.

Verwysings

Nog leesstof

Skakels

  • Jolly Roger  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Jolly Roger OorsprongJolly Roger Moderne gebruikeJolly Roger Historiese ontwerpeJolly Roger VerwysingsJolly Roger Nog leesstofJolly Roger SkakelsJolly RogerEngelsSeerower

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LimpopoTuisbladWoestynVoorvoegselDonkieJenewerbessieEgipteAnne FrankInfrastruktuurAnale seksSterrekundeJoodse kalenderDermpoliepNierPeriodieke tabelLys van medisinale kruieTarentaleNederlandsBTWVoorsetselSosiale transformasieOligopolieGianna MichaelsLys van chemiese elemente volgens atoomgetalProvinsies van Suid-AfrikaSkilpadLangste woordDoziKoöperasiestoriesPseudowetenskapHoofkarakterEnsiklopedieLiesbreukHartversakingDie CampbellsArmoedeverligting7de LaanGriekse teaterRandall WicombAngina pectorisAbstraksie (rekenaarwetenskap)Geskiedenis van Suid-AfrikaOekraïneHeks van HexrivierGordelroosAluminiumOopbroninhoudHelpmekaar-kollegeAnglo-BoereoorlogBloemfonteinAlkoholismeBiblioteekWoordeboekSeksuele opwekkingWêreld- Ekonomiese ForumGroepsgebiedewetIsraelMynie GrovéKlimaatveranderingMenslike skeletHolocaustPlatoMeervoudBorskankerToerismeStamlose broodboomBeesvleisSokkerSonkragKoos BekkerAvbobErtjieChristendomKaartHomoniemOnafhanklike Verkiesingskommissie van Suid-Afrika🡆 More