Henry Every

Henry Every (gebore 20 Augustus 1659 - 1699) was ’n Engelse seerower wat in die middel 1690's op die Atlantiese en Indiese Oseaan bedrywig was.

Hy het waarskynlik verskeie skuilname soos Benjamin Bridgeman gebruik en was onder sy bemanning en bondgenoete bekend as Lang Ben.

Henry Every
’n Houtsneewerk uit A General History of the Pyrates (1725).
’n Houtsneewerk uit A General History of the Pyrates (1725).
Soort Seerower
Gebore 20 Augustus 1659
Newton Ferrers, Devon, Engeland
Oorlede Iewers in 1699 (op 40)
Dalk Devon
Bynaam Lang Ben
Die Koning van Seerowers
Loopbaan
Jare aktief 1694-1696
Rang Kaptein
Gebied Atlantiese Oseaan
Seerowersroete
Indiese Oseaan
Skepe Fancy, voorheen Charles II
Henry Every
"Jack Avery" op ’n sigaretkaart.

Hy was ook bekend onder talle verkeerde spellings soos Henry Avery, Jack Avery of John Avery, soos dit in regeringsdokumente voorgekom het. Die naam "John Avery" verskyn in die pamflet The Life and Adventures of Capt. John Avery uit 1709, maar dit is ’n fiktiewe werk. Daniel Defoe het dit later gebruik in sy boek uit 1720 The King of Pirates, en dit is daarna algemeen gebruik.

Hy is deur sy tydgenote "Die Aartsseerower" en "Die Kaptein van Seerowers" gedoop en was berug daarvoor dat hy een van die min groot seerowerskapteins was wat met sy buit ontsnap het sonder dat hy gevang of doodgemaak is. Hy was ook bekend vir wat genoem is die winsgewendste seerowersdaad in die geskiedenis. Hoewel sy loopbaan as seerower net twee jaar geduur het, het sy dade die publiek se verbeelding aangegryp, ander geïnspireer om ook seerowers te word en letterkundige werke tot gevolg gehad.

Lewe

Every het sy seerowersloopbaan begin toe hy eerste stuurman aan boord van die oorlogskip Charles II was. Terwyl die skip in die Spaanse hawe Corunna voor anker gelê het, het die bemanning ontevrede geraak omdat Spanje nie met die kapersbrief vorendag gekom en die skip se eienaars hulle nie wou betaal nie. Hulle het toe gemuit, die skip "Fancy" herdoop en Every as nuwe kaptein gekies.

Henry Every 
Avery verkoop sy Juweliersware, deur Howard Pyle (September 1887, Harper's Magazine.

Every se bekendste rooftog was op ’n konvooi van 25 skepe van die Mogolryk op pad na die jaarlikse pelgrimstog na Mekka, insluitende die dhows Ganj-i-sawai en Fateh Muhammed. Every het met ander seerowerskepe saamgespan en die klein seerowersvloot, met hom in bevel, het tot £600 000 se edelmetale en juweliersware gebuit wat in 2020 sowat £92 miljoen (R2 miljard) werd sou wees. Dit het hom die rykste seerower in die wêreld gemaak.

Dit het aansienlike skade veroorsaak aan die brose betrekkinge tussen Engeland en die Mogolryk, en ’n gesamentlike losprys van £1 000 – destyds ’n enorme bedrag – is uitgeloof vir sy gevangeneming. Dit het gelei tot die eerste wêreldwye mensejagtog in die aangetekende geskiedenis.

Tussen 1689 en 1740 was die gemiddelde loon vir ’n eerlike seeman op ’n handelsboot 25 tot 55 sjielings per maand, of sowat £15 tot £33 per jaar. Sommige het maar sowat £2 per maand verdien. £1 000 was meer as die loon vir ’n leeftyd se werk, en iemand wat Every gevang het, sou vir altyd kon aftree.

Hoewel verskeie van Every se bemanningslede gevang is, het hy op vrye voete gebly en in 1696 uit alle rekords verdwyn; dit is onbekend wat hy daarna gedoen het of waar hy was. Daar is gegis dat hy óf in Briitanje óf op ’n tropiese eiland afgetree en sy geld verkwis het. Daar word geglo dat hy iewers tussen 1699 en 1714 dood is. Sy skat is nooit ontdek nie.

Verwysings

Bibliografie

  • Rogoziński, Jan (2000). Honor Among Thieves: Captain Kidd, Henry Every, and the Pirate Democracy in the Indian Ocean. Mechanicsburg, PA: Stackpole Books. ISBN 978-0-8117-1529-4.
  • Konstam, Angus (2008). Piracy: The Complete History. Oxford: Osprey Publishing. ISBN 978-1-84603-240-0.
  • Jameson, John Franklin (1923). "Case of Henry Every". Privateering and Piracy in the Colonial Period: Illustrative Documents. New York, NY: Macmillan Publishers. pp. 153–188. Besoek op 19 Junie 2010.
  • Pringle, Patrick (2001) [1953]. Jolly Roger: The Story of the Great Age of Piracy. Mineola, NY: Dover. ISBN 0-486-41823-5.
  • Burgess, Douglas R. (2009a). The Pirates' Pact: The Secret Alliances Between History's Most Notorious Buccaneers and Colonial America. New York, NY: McGraw-Hill. ISBN 978-0-07-147476-4.
  • Davis, Ralph (1962). The Rise of the English Shipping Industry in the Seventeenth and Eighteenth Centuries. London: Macmillan Publishers. ISBN 978-0-905555-20-1.
  • Baer, Joel H. (2005). Pirates of the British Isles. Londen: Tempus Publishing. ISBN 978-0-7524-2304-3.
  • Woodard, Colin (2007). The Republic of Pirates: Being the True and Surprising Story of the Caribbean Pirates and the Man Who Brought Them Down. Orlando, FL: Houghton Mifflin Harcourt. ISBN 978-0-15-101302-9.

Skakels

  • Henry Every  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Henry Every LeweHenry Every VerwysingsHenry Every BibliografieHenry Every SkakelsHenry EveryAtlantiese OseaanEngelandIndiese OseaanSeerower

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

TogoSeksuele stimulasieGeslagsorgaanGeskiedenis van AfrikaSkaapMiddeloorontstekingBrugKolonoskopieHondsdolheidLoftus VersfeldMasaiGebande muishondIsraelNaaktheidBelastingLaingsburgvloedNarsistiese persoonlikheidsteuringAlliterasieAnrich HerbstSpringbokkeNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaLeeuBreinSuikersiekteAfkortingRockmusiekDesiré GardnerBloemhofdamVergelykings (taalkunde)Vachellia tenuispinaNelson Mandelabaai Metropolitaanse MunisipaliteitJochem van BruggenCKwosiëntJan BlohmEnkelvoudige sinVreemde Stad (album)Lys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameArgentiniëBesoedelingIntelligensieLangste woordSeksualiteitBambi WoodsAnilingusDundermEikelNiles WelchVoegwoordSemenAardverwarmingDie VaderlandMotorSeksuele oriëntasieWoudLys van Griekse mitologiese figureTafelbergBritse RykBreinvliesontstekingPlae van EgipteLast.fmGroenLys van eerste honderd NG gemeentes in Suid-AfrikaWiskundeSiener van RensburgAngssteuringNuwe TestamentMuishondTom Weston-JonesAtheneSuiderkruisMIV/vigs in Suid-AfrikaGeelsugGeskiedenis van die BoererepubliekeKoggelmanderAntonio GiovinazziPiet Byleveld🡆 More