Mogolryk

Die Mogolryk (Oerdoe: مغلیہ سلطنت, Mug̱ẖliyah Salṭanat; Persies: گورکانیان, Gūrkāniyān) was 'n ryk wat deur die Persiese kultuur beïnvloed is en oor groot dele van die Indiese subkontinent gestrek het.

Dit is deur 'n dinastie van Mongoolse en Tsjagatai-Turkse oorsprong regeer. Die Mogolryk het tussen 1526 en 1857 bestaan. Die hoofgrondgebied van die ryk was op die Noord-Indiese Indus-Ganges-vlakte rondom die stede Delhi, Agra en Lahore geleë. Op die hoogtepunt van sy mag in die 17de eeu het die Mogolryk byna die hele subkontinent en dele van die hedendaagse Afghanistan beheer. Op 3,2 miljoen vierkante kilometer het tussen 100 en 150 miljoen mense geleef.

گورکانیان (Persies)
Gūrkāniyān
مغلیہ سلطنت (Oerdoe)
Mug̱ẖliyah Salṭanat

Gurkani
1526–1857
Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Ligging of Mogolryk
Ligging of Mogolryk
Die Mogolryk tydens die heerskap van Aurangzeb ca. 1700.
Hoofstad Agra (1526–1571)
Fatehpur Sikri (1571–1585)
Lahore (1585–1598)
Agra (1598–1648)
Shahjahanabad/Delhi (1648–1857)
Taal/Tale Persies (amptelike en hoftaal)
Tsjagatais (net aanvanklik)
Oerdoe (later tydperk)
Godsdiens Islam (1526–1857)
Din-e Ilahi (1582–1605)
Regering Monargie
Keiser
 - 1526–1530 Babur (eerste)
 - 1837–1857 Bahadur Shah II (laaste)
Historiese tydperk Nuwe Tyd
 - Eerste Slag van Panipat 21 April 1526
 - Indiese opstand 10 Mei 1857
 - Beleg van Delhi 21 September 1857
Oppervlakte
 - 1700 3 200 000 km2
1 235 527 sq mi
Bevolking
 - 1700 skatting 150 000 000 
     Digtheid 46,9 /km² 
121,4 /sq mi
Geldeenheid Roepee
Voorafgegaan deur
Opgevolg deur
Mogolryk Timoeriede
Mogolryk Sultanaat Delhi
Mogolryk Adil Shahi-dinastie
Mogolryk Sultanaat Bengaal
Mogolryk Deccan-sultanate
Maratha-ryk Mogolryk
Durrani-ryk Mogolryk
Brits-Indië Mogolryk
Staat Hyderabad Mogolryk
Koninkryk Mysore Mogolryk
Mogolryk
Die Taj Mahal, opgerig tussen 1632 en 1653 onder Mogolkeiser Shah Jahan, is die bekendste baken van die Mogolryk se argitektuur.

Die heerser is grootmogol of Mogolkeiser genoem. In die staats- en hoftaal, Persies, wat die oorspronklike moedertaal van die Mogols – Tsjagatais, 'n Oos-Turkse taal – vervang het, lui die heerserstitel پادشاه pādšāh. Dit is hoër as die koninklike titel sjah en met 'n keiser vergelykbaar.

Die eerste grootmogol, Baboer (1526–1530), 'n vors van Sentraal-Asiatiese oorsprong van die Timoeriede-dinastie, het vanuit die gebied van die huidige lande Afghanistan en Oesbekistan die Sultanaat Delhi verower. Akbar die Grote (1556–1605) word as die belangrikste Mogol-heerser beskou. Hy het die ryk militaristies, polities en ekonomies gevestig. Onder Aurangzeb (1658–1707) het die Mogolryk sy grootste uitbreiding beleef. Sy territoriale uitbreiding het hom egter finansieel en militêr geknou, waardeur die ryk in die loop van die 18de eeu tot 'n plaaslike mag binne Indië se politiese struktuur gekrimp het. Verskeie swaar militêre nederlae teen die Marathi, Perse en Afghane, asook die intensifisering van godsdienstige botsings in die binneland tussen die Moslemse "regerende kaste" en die onderworpe meerderheid van die bevolking van landelike Hindoes, het verder sy ondergang verhaas. Ná die Indiese opstand van 1857 is Bahadur Shah II, die laaste grootmogol van Delhi, in 1858 deur die Britte veroordeel, van die troon gesit en na Birma verban. Die gebied het vervolgens deel geword van Brits-Indië.

Vir die nageslag het ryke bewyse van 'n argitektuur, skilderkuns en poësie wat deur Persiese en Indiese kunstenaars geïnspireer is, bewaar gebly.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

AfghanistanAgraDelhiGangesIndiese subkontinentIndusLahoreMongoolse RykOerdoePersiesTsjagatai-khanaat

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KunsmisOutismeSomerKrokodilMenslike skeletWiskundige terminologieGautengMandalaOlimpiese SpeleAbstraksie (rekenaarwetenskap)Demografie van Suid-AfrikaGrondbewerkingPretoriaLewerLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaPseudowetenskapBruto binnelandse produkWatersuiweringPikkewynNatuurwetenskapReënspinnekopGeskiedenis van AfrikaansLys van Suid-Afrikaanse musikanteGeslagWinterTennisTradisionele Afrika-medisyneWater (molekuul)Pad na jou hartSout (chemiese stof)Ejakulasie2001Ekonomiese kwessies in Suid-AfrikaChloorWoordeboek van die Afrikaanse TaalBreinvliesontstekingKoerantBewussynPeter SnydersAntjie SomersMisdaadromanToerismeRugbyVaginale kankerTekstielTweede Nuwe JaarNagmaalFiela se kindOorstromingSkerpioenYsterSamestellingKrugerwildtuinKangogrotteOranjerivierDonderstormGoudNarsistiese persoonlikheidsteuringMaatskappyBorsWerkloosheidSosiale ordeToestand van materieBreingewasVratBysteekNuwe TestamentGreen PornoLys van myne in Suid-AfrikaGeldBevolkingBoomSuiwelprodukTweede WêreldoorlogMagneetProstaatklierWetenskapPuberteit🡆 More