Die HMS Conqueror was 'n kernaangedrewe duikboot in die Churchill-klas van die Britse Vloot.
Die duikboot het bekend geword toe dit die ARA General Belgrano gekelder het tydens die Falklandoorlog; dit is nog steeds die enigste kernaangedrewe duikboot wat 'n skip gekelder het met torpedo's. Die duikboot is die derde wat voltooi is van sy klas van vier.
Argentinië het die Falkland-eilande op 1 April 1982 binnegeval en die paar Britse troepe daar gevange geneem. Die Britse regering onder Margaret Thatcher stuur toe onmiddellik 'n mag bestaande uit 40 skepe en 'n groot aantal soldate. Deel van die 40 skepe was die duikbote Splendid, Spartan en Conqueror. Spartan was binne tien dae by die eilande nadat die duikboot teen 26 knope onderwater gevaar het; sy maksimumspoed. Die volgende dag arriveer Splendid en Conqueror.
Op 1 Mei was die Spartan noord van die eilande op patrollie en die Conqueror suid van die eilande. Die Conqueror gewaar die General Belgrano en volg die skip vir 30 uur. Op 2 Mei word die sink haar bevel ontvang van Londen en kapt. Christopher Wreford-Brown vuur drie Merk VIII-torpedo's op 'n afstand van 1 100 m af. Die Merk VIII was tradisionele torpedo's gebaseer op 'n Tweede Wêreldoorlog-ontwerp. Dit het reguit gevaar teen 45 knope en twee het die skip reghoekig getref. Die General Belgrano het vinnig gesink met 'n verlies van 368 lewens.
Toe die Conqueror na die oorlog sy basis te Faslane binnevaar was die seerowervlag Jolly Roger gehys, 'n tradisie van die Britse Vloot. Die Jolly Roger is bevestiging deur die duikboot dat hy 'n oorwinning behaal het oor 'n teenstander. Dit het kontroversie veroorsaak; dit was die eerste keer sedert die Tweede Wêreldoorlog dat 'n skip van die Britse Vloot die Jolly Roger gehys het.
Die HMS Conqueror is op 2 Augustus 1990 uit diens gestel.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article HMS Conqueror (S48), which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.