István Thomán: Hongaarse klaviervirtuoos en musiekonderwyser

István Thomán (Hongaars: ˈiʃtvaːn ˈtomaːn; 4 November 1862 - 22 September 1940) was 'n Hongaarse klaviervirtuoos en musiekonderwyser.

Hy was 'n gerekende klavieronderwyser, met studente soos Béla Bartók, Ernő Dohnányi en Georges Cziffra. Sy ses-vilume Tegniek van Klavierspeel is vandag steeds in gebruik.

István Thomán
István Thomán: Hongaarse klaviervirtuoos en musiekonderwyser
István Thomán in 1932.
Agtergrondinligting
GenresKlassieke musiek
Beroep(e)Pianis
InstrumenteKlavier

Vroeë lewe en opvoeding

Thomán is in 1862 gebore in Humenné (Homonna), Zemplén-graafskap, Koninkryk van Hongarye (nou in Slowakye) aan Joodse ouers, dr David Thomán en Rosa Weisberger. Hy is erken vir sy talent, en het 'n gunstelingstudent van Franz Liszt geword. Liszt het hom aangestel om onderwys te gee aan die Franz Liszt Musiekakademie (Koninklike Hongaarse Akademie vir Musiek) in Boedapest, maar hy moes op 45-jarige ouderdom skielik aftree.

Loopbaan

Thomán het saam met Liszt getoer, en was teenwoordig tydens sy afsterwe. Hy was ook een van die wat Liszt se kis gedra het. Thomán, saam met die mede-Liszt-student Árpád Szendy, se belang lê daarin dat hulle die Liszt-styl voortgesit het deur hul onderrig aan die Koninklike Hongaarse Akademie van Musiek.

As onderwyser aan die Koninklike Akademie het Thomán in 174 'n 17-jarige Ernő Dohnányi as student aangeneem. In 1903 het 'n 21-jarige Béla Bartók sy Studie vir die linkerhand aan Thomán opgedra. Die studie is 'n sonate wat geheel en al met een hand uitgevoer word. In sy Studies op Chopin se Études het Leopold Godowski sy Opus 25 No. 11 (A mineur) aan Thomán opgedra.

Thomán se dogter, Mária Thomán (1899–1948), het 'n gerekende konsertviolis geword en saam met Jenő Hubay, Franz von Vecsey, Carl Flesch en Alma Moodie gestudeer. Sy het regoor Europa konserte gespeel, beide as solis en ter begeleiding van kamermusiek ensembles.

Verwysings

Tags:

1862194022 September4 NovemberBéla BartókErnő DohnányiGeorges CziffraHongaarsHongare

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KwartêrSowjetunieOrthopteraWiskundige terminologieBeeldspraakKabeljouW.A. Hofmeyr-prysAngssteuring18de eeuWladimir WisotskiSpringsGroenlandsKhanyi MbauAbdomenSeksueel oordraagbare infeksiePornografiese subgenresMiddeleeueAbrahamitiese geloweAdolf HitlerOeigoereArgeologieBruin menseLys van Joodse feeste en herdenkingsHerpes simplexNamibiëTropiese huisgeitjieIlya SutskeverBoerjatiëJohannes KerkorrelFredi NestVlag van die Verenigde KoninkrykDirigentDurbanKlein-KarooByVersamelnaamTurks- en CaicoseilandeKaapstadEvolusieAfrikaanse woordelys en spelreëlsBruin huisslangNAVOFotoDuitse nasionale rugbyspanBreingewasHannes van WykVoortrekkermonumentOlimpiese Somerspele 2004MiltHerfsGesinsdagViëtnamoorlogNamur (provinsie)GeboorteThe SimpsonsRugbywêreldbeker 2003FacebookNederlandse WikipediaWorldCatCharles DickensBloublasieRaymond KurzweilKruisigingSeksuele opwekkingBlaaskankerSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994MenstruasieLily CarterKrieketAartappelSorina ErasmusSt Giles' CathedralTale in Suid-AfrikaKommunistiese Party van die SowjetunieMiddeleeuse kookkuns🡆 More