Institut De France

Die Institut de France (Franse uitspraak: ɛ̃stity də fʁɑ̃s}}, Instituut van Frankryk) is 'n Franse skolastiese genootskap wat vyf académies omvat, insluitende die Académie française.

Institut de France
Institut De France

Die Instituut, wat in Parys geleë is, bestuur nagenoeg 1,000 stigtings sowel as museums en châteaux wat oop is vir besoeke. Dit ken ook pryse en subsidies toe - welke in 2017 neergekom het op 'n verstommende bedrag van meer as 27 miljoen per jaar. Die meeste van die pryse word op aanbeveling van die académies deur die Instituut toegeken.

Geskiedenis

Institut De France 
Die koepel van die Institut de France
Institut De France 
Esplanade voor die Instituut, 1898

Die gebou was oorspronklik opgerig as die Collège des Quatre-Nations deur Kardinaal Mazarin as 'n skool vir studente vanuit nuwe provinsies wat geannekseer en toegevoeg is tot Frankryk onder Louis XIV. Die Institut de France was op 25 Oktober 1795 deur die Franse regering gestig.In 2017 was Xavier Darcos as die Institut de France se kanselier benoem.

Académies

Institut De France 
'n Gedenkplaat op die noordelike muur van die Institut de France toon die antieke ligging van die Tour de Nesle
  • Académie française (Franse Akademie, betrokke by die ontwikkeling van die Franse taal) – dit is in 1635 geïnisieer, in 1793 onderdruk, en in 1803 as 'n afdeling van die Instituut herstel.
  • Académie des inscriptions et belles-lettres (Akademie van Lettere en Wysbegeerte/Geesteswetenskappe) – geïnisieer in 1663.
  • Académie des sciences (Akademie van Wetenskappe) – geïnisieer in 1666.
  • Académie des beaux-arts (Akademie van Fyn Kunste) – geskep in 1816 as die samesmelting van die
    • Académie de peinture et de sculpture (Akademie van Skilderkuns en Beeldhouwerk, geïnisieer in 1648)
    • Académie de musique (Akademie van Musiek, geïnisieer in 1669) en
    • Académie d'architecture (Akademie van argitektuur, geïnisieer in 1671)
  • Académie des sciences morales et politiques (Akademie van Morele en Politiese Wetenskappe) – geïnisieer in 1795, onderdruk in 1803, hervestig in 1832.

Invloed

Die Royal Society of Canada wat in 1882 geïnisieer is, is gemodelleer na voorbeeld van die Institut de France, en die Koninklike-genootskap van Londen. Die Libanese Akademie van Wetenskappe, amptelike bekend ingevolge sy Franse naam as "Académie des Sciences du Liban" (ASL), is breedweg geskoei op die Franse Akademie van Wetenskappe, waarmee dit op deurlopende wyse gesamentlike programme bestuur.

Sien ook

Eksterne skakels

Verwysings

Tags:

Institut De France GeskiedenisInstitut De France AcadémiesInstitut De France InvloedInstitut De France Sien ookInstitut De France Eksterne skakelsInstitut De France VerwysingsInstitut De FranceAcadémie françaiseFrankrykFrans

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Morfologie (taalkunde)Thys die BosveldklongWaterstofBynierHipertensieProteaVerkragtingMoedersdagKunsmatige algemene intelligensieBreinSuiwelprodukAluminiumPuberteitVrugSteve BikoUnited Democratic FrontLangste woordMuishondDurbanSlawernySeksuele opwekkingg8ftoWatersuiweringKerngeneeskunde20ste eeuHutsmerkSkaapKersfeesEkonomiese sektorEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaVrouKilometerHomoniemMarkus JoosteAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse vlindersSlawerny in Suid-AfrikaLeestekenLionel PetersonSeekoeiKoorsblaarVerkoueHernubare energieLys van nedersettings in Suid-AfrikaKoringWewervoëlsOsmoseTuisbladMisdaadromanKoolstofdioksiedVerstedelikingPlae van EgipteVars waterSuid-Afrika-WetMarie AntoinetteLyfstraf in skoleSeksuele stimulasieMag (sosiale wetenskappe)NatuurrampAppelDeon GrootBeesSiembambaVoegwoordKapitaal (ekonomie)HondMenseregteGewone breukeKlavierMaanNierversakingSiya KolisiCorioliskragHulpwerkwoordGestremdheidLenteXenofobie🡆 More