Inositol

Inositol of siklohexaan-1,2,3,4,5,6-hexol is 'n chemiese verbinding met die formule C6H12O6 oftewel (-CHOH-)6.

Dit is 'n afgeleide van Sikloheksaan met ses hidroksiel-groepe, wat dit 'n poliol maak, oftewel 'n veelvuldige alkohol. Dit kan in nege moontlike stereoisomere voorkom, waarvan cis-1,2,3,5-trans-4,6-siklohexaanhexol, of mio-inositol (voorheen bekend as meso-inositol of i-inositol), die mees algemene vorm in die natuur is. Inositol is 'n suikeralkohol met die helfte van die soetheid van sukrose (tafel suiker).

Eienskappe

Algemeen

Naam Inositol 
IUSTC-naam (1R,2R,3S,4S,5R,6S)-sikloheksaan-1,2,3,4,5,6-heksol
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Inositol
Chemiese formule C6H12O6
Molêre massa 180.16 g/mol
CAS-nommer 87-89-8  
Voorkoms Wit poeier
Fasegedrag
Smeltpunt 225 - 227 °C
Kookpunt
Digtheid 1.752 g/cm3
Oplosbaarheid

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspunt 143 °C

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Inositol Chemie

Mio-inositol speel 'n belangrike rol as die strukturele basis vir 'n aantal sekondêre boodskappers in eukariotiese selle: die verskillende inositolfosfate. Daarbenewens speel inositol 'n belangrike rol as 'n komponent van die strukturele lipiede fosfatidielinositol (PI) en sy verskeie fosfate, die fosfatidielinositolfosfaat (PIP) lipiede.

Inositol of sy fosfate en gepaardgaande lipiede kom in baie kosse voor, veral vrugte soos spanspek en lemoene. In plante dien die heksafosfaatvorm van inositol, fytiensuur of sy soute, die fitate, as fosfaatreserwe in sade, byvoorbeeld in neute en bone. Fytiensuur kom ook voor in graan met hoë semelinhoud. Fytiensuur is egter nie direk biobeskikbaar vir die mens nie. Sommige voedselvoorbereidingstegnieke breek fitate af om dit verteerbaar te maak. Wanneer inositol egter in die vorm van gliserofosfolipiede voorkom, soos byvoorbeeld in lesitien, word dit goed geabsorbeer en is dit relatief biobeskikbaar.

Mio-inositol (sonder fosfaat) is voorheen beskou as 'n lid van die vitamien B - kompleks, sogenaamde Vitamien B8 in hierdie konteks. Aangesien dit deur die menslike liggaam vanaf glukose geproduseer word, is dit nie 'n essensiële voedingstof nie.

Isomere en struktuur

Die isomeer mio-inositol is 'n meso-verbinding, en dus opties onaktief, want dit het 'n vlak van simmetrie. Daarom was meso-inositol 'n historiese naam vir hierdie verbinding. Behalwe mio-inositol, kom vier ander stereoisomere natuurlik voor, naamlik scyllo-, muco-, D-chiro-, en neo-inositol, alhoewel in minimale hoeveelhede. Die ander moontlike isomere, L-chiro-, allo-, epi-, en cis-inositol kom nie in die natuur voor nie. Soos hulle name aandui, is L- en D-chiro inositol die enigste paar enantiomere onder die stereoisomere van inositol.

Inositol  Inositol  Inositol  Inositol 
mio- scyllo- muco- chiro-
Inositol  Inositol  Inositol 
Inositol 
neo- allo- epi- cis-

In sy mees stabiele konformasie, neem die mio-inositol isomeer die stoelkonformasie aan, wat die maksimum aantal van hidroksielgroepe na die ekwatoriale posisie skuif, waar hulle so ver moontlik vanmekaar is. In hierdie konformasie, het die natuurlike mio isomeer 'n struktuur waar vyf van die ses hidroksielgroepe (die eerste, derde, vierde, vyfde en sesde) ekwatoriaal is, terwyl die tweede hidroksielgroep aksiaal is.

Biosintese

Mio-inositol word uit glukose-6-fosfaat (G-6-P) in twee stappe gesintetiseer. Eerstens word G-6-P deur 'n inositol-3-fosfaatsintase ensiem geisomeriseer om mio-inositol 1-fosfaat te vorm, wat dan deur 'n inositol monofosfatase ensiem gedefosforileer word om vrye mio-inositol te vorm. In die mens word die meeste inositol in die niere gesintetiseer, tipies 'n paar gram per dag.

Funksie

Inositol, fosfatidielinositol en 'n paar van hulle mono- en polifosfate tree as sekondêre boodskappers op in 'n aantal intrasellulêre seintransduksiewëe. Hulle is by 'n aantal biologiese prosesse betrokke, insluitend:

  • Insulien seintransduksie
  • Sitoskelet produksie
  • Senuwee gleiding (epsien)
  • Intrasellulêre kalsium (Ca2+) konsentrasiebeheer
  • Instandhouding van selmembraan potensiaal
  • Afbreek van vette
  • Geen-uitdrukking

In een van die belangrike familie van seintransduksiewëe, word fosfatidielinositol 4,5-bisfosfaat (PIP2) in sellulêre membrane gestoor totdat dit deur enige van 'n aantal die seinproteïene vrygestel word en in verskeie tweede boodskappers omskep word, byvoorbeeld diasielgliserol en inositol trifosfaat.

Fitiensuur in plante

Inositol 
Inositolheksafosfaat, of fitiensuur

Inositolheksafosfaate, ook fitiensuur of IP6 genoem, is die belangrikste bergingsvorm van fosfor in baie plantweefsels, veral semels en sade. Fosfor en inositol in fitaatvorm is oor die algemeen nie biobeskikbaar vir diere behalwe herkouers, omdat diere nie die spysverteringstelsel ensiem phytase besit wat nodig is om die fosfaat groepe te verwyder nie. Herkouers kan fitaat verteer, aangesien die ensiem fitase deur die rumen mikro-organismes geproduseer word. Fitiensuur form ook chelate met belangrike minerale soos kalsium, magnesium, yster en sink, en maak hulle só onabsorbeerbaar, en dra by tot mineraaltekorte in mense wie se dieet afhanklik is van semels en saad vir hulle mineraalinname, soos in baie ontwikkelende lande.

Inositol penta- (IP5), tetra- (IP4), en trifosfaat (IP3) word ook fitate genoem.

Gebruik in plofstofvervaardiging

By die 1936 vergadering van die American Chemical Society, het professor Edward Bartow van die Universiteit van Iowa 'n kommersieel lewensvatbare metode voorgestel waardeur groot hoeveelhede van inositol uit die fitiensuur herwin kon word wat natuurlik teenwoordig is koringafval. As 'n moontlike gebruik vir die stof, het hy inositol nitraat voorgestel as 'n meer stabiele alternatief tot nitrogliserien. Vandag word inositolnitraat gebruik om nitrosellulose te gelatiniseer, en word dus in baie moderne plofstowwe en vaste vuurpyl dryfmiddels gebruik.

Groot dosisse van inositol is al bestudeer om depressie te behandel, maar onvoldoende bewyse bestaan vir die doeltreffendheid van hierdie behandeling.

Inositol is effektief in die bestuur van vroeggebore babas wat aan 'n risiko vir infantiele respiratoriese nood sindroom blootgestel is, of as 'n behandeling vir die toestand.

Inositol word beskou as 'n veilige en doeltreffende behandeling vir polisistiese eierstoksindroom (PCOS). Dit werk deur insuliensensitiwiteit te verhoog, wat help om eierstokfunksie te verhoog, en hiperandrogenisme te vermy. Dit verminder ook die risiko van metaboliese siekte in mense met PCOS.

Verdunningsmiddel vir dwelms

Inositol word gebruik as 'n verdunningsmiddel vir baie onwettige dwelms soos kokaïen, metamfetamien, en soms heroïen, waarskynlik as gevolg van sy oplosbaarheid, poeieragtige tekstuur, en laer soetheid (50%) in vergelyking met die meer algemene suikers.

Inositol woord ook in televisie en rolprente gebruik om kokaïen voor te stel.

Voedingsbronne

Mio-inositol is natuurlik teenwoordig in 'n verskeidenheid van voedsel, hoewel tabelle van voedselsamestellings nie altyd onderskei tussen lesitien, die biobeskikbare vorm, en die onbeskikbare fitaat vorm in graan. Voedsel met die hoogste konsentrasies van mio-inositol (insluitende sy verbindings) sluit in vrugte, bone, graan en neute. Bone en graan bevat egter groot hoeveelhede van fitaat.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Inositol Isomere en struktuurInositol BiosinteseInositol FunksieInositol Gebruik in plofstofvervaardigingInositol Navorsing en kliniese toepassingsInositol Verdunningsmiddel vir dwelmsInositol VoedingsbronneInositol VerwysingsInositol Eksterne skakelsInositolAlkoholChemiese verbindingStereo-isomeerSuiker

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NoordwesMateriaalKappie (skryfteken)OseaanbesoedelingAfrikaanse TaalmonumentBorsteNarsistiese persoonlikheidsteuringHoofkarakterWiskundeTswanaBeesvleisAfrikanernasionalismeMuskeljaatkatPlaattektoniekFibonacci-reeksVormHernubare energieMonopolyErfenisdag (Suid-Afrika)EngelsBestuiwingMahatma GandhiAdolessensieWet op NaturellengrondAfrikaansBeeldspraakKoppeltekenWayde van NiekerkTafelsoutAardbewingVulkanismeMandalaJapie Greyling3D-rolprentKompasInsekCovid-19-pandemieGoudkus (streek)HeuningbyGoeie VrydagFamilie (verwantskap)MisdaadromanVenda (taal)Maatskaplike verantwoordelikheidChromatografieSuid-Afrikaanse UitsaaikorporasieVoortrekkersLys van Afrikaanse televisiereekseVlinderHeelgetalHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalPornografieWhatsAppDonderstormWerkloosheidWiki CommonsOmtrek, oppervlakte en volumeVioolKarretjiemenseIndustriële RevolusieStudievaardighedeWikipediaKlopjagWapen van Suid-AfrikaGlasGesondheidGawes van die Heilige GeesSwart nasionalismeChatGPTSprokieJakkalsMonopolieDiepaartromboseHerpes simplexLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)OseaanGeld🡆 More