Heroïen: Chemiese verbinding

Heroïen (C21H23NO5 of diasetielmorfien) is 'n kleurlose, bitter, kragtige, sintetiese opioïed (bykans twee maal so sterk soos morfien in analgetiese aksie).

Die besit, handel en vervoer hiervan is onwettig in die meeste lande, Suid-Afrika ingesluit. Heroïen word van morfien vervaardig. Dit kom onder meer in die vorm van wit poeier of bruin kristalle voor. Straatheroïen is meestal onsuiwer en word opsetlik met vulstowwe soos melksuiker vermeng. Heroïen word gerook, gesnuif en ook ingespuit. Dit is fisies en psigies uiters verslawend.

Eienskappe

Algemeen

Naam Heroïen 
IUSTC-naam [(4R,4aR,7S,7aR,12bS)-9-asetieloksi-3-metiel-2,4,4a,7,7a,13-heksahidro-1H-4,12-metanobensofuro[3,2-e]isokwinolien-7-yl] asetaat
Struktuurformule van
Struktuurformule van
Chemiese formule C21H23NO5
Molêre massa 369,4 [g/mol]
CAS-nommer 561-27-3  
Reuk karakteristiek
Fasegedrag  
Selkonstantes a=738,10(10); b=3209,6(2); 788,40(10); beta=94,94(11)°  
Ruimtegroep P21 
Nommer 4
Smeltpunt 173 °C
Kookpunt 272-274 °C @ 12 mmHg
Digtheid 1,56
Oplosbaarheid 60 mg/L; DMF 25[mg/mL]; DMSO= 10 [mg/mL]; etanol: 1 [mg/mL]

Suur-basis eienskappe

pKa 7,95 @ 25 °C

Veiligheid

Flitspunt  
LD50 22,5 [mg/kg] (rot; intraveneus)

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Heroïen: Geskiedenis, Kristalstruktuur, Sien ook Chemie

Geskiedenis

Die opiumpapawer is so lank gelede as 3400 v.C. in Mesopotamië gekweek. Die chemiese ontleding van opium in die 19de eeu het getoon dat die grootste deel van sy werking toegeskryf kan word aan twee alkaloïede, kodeïen en morfien.

Heroïen: Geskiedenis, Kristalstruktuur, Sien ook 
'n Bayer-heroïenbottel.

Diamorfien is in 1874 gesintetiseer deur C.R. Alder Wright, 'n Engelse chemikus wat by die St Mary's Hospital Medical School in Londen gewerk het. Hy het geëksperimenteer met die kombinasie van morfien en verskillende sure. Hy het 'n paar uur lank watervrye morfienalkaloïed gekook met asynsuuranhidried en het 'n sterker geasetileerde vorm van morfien vervaardig wat nou diasetielmorfien of morfiendiasetaat is.

Wright se uitvinding het nie tot verdere ontwikkelings gelei nie en diamorfien het eers 23 jaar later gewild geword danksy 'n ander chemikus, Felix Hoffmann. Hoffmann het by die farmaseutiese maatskappy Bayer gewerk. In 1895 het die Duitse dwelmmaatskappy Bayer-diasetielmorfien bemark as 'n geneesmiddel onder die handelsnaam "Heroïen".

Kristalstruktuur

Die verbinding kristalliseer in twee polimorfe. Een is ortorombies met ruimtegroep P212121. Die ander een is monoklinies P21

Sien ook

Verwysings


Tags:

Heroïen GeskiedenisHeroïen KristalstruktuurHeroïen Sien ookHeroïen VerwysingsHeroïenMorfienOpioïedSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ViëtnamRooibokVakbondKlein vyf diereRassisme in AfrikaWater (molekuul)SamestellingGoudDroomVoedingJagluiperdLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)SoogdierAborsie in Suid-AfrikaKewerLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameKoolhidraatAppel (sanger)Janie du PlessisBosluisbytkoorsSwartwitpensPoësieLAnrich HerbstGrootste rampe in Suid-AfrikaCristiano RonaldoSaldanhaHennie MaasGrondbesoedelingMierHartaanvalSlag van BloedrivierNommertekenSpringbokkeBeeldspraakVaalrivierVulkanismeAalwynVermontGraatjiemeerkatKoorsblaarRooikatMaagsweerPastoorEngelsLys van Suider-Afrikaanse soogdiereVlag van Suid-AfrikaPsigopatieEskomSwitserlandAdolf HitlerISO 3166-2KankerSkerpioenNeologismeMisdaadTradisionele literatuurNatuurlike hulpbronBloedsomloopstelselJaco JacobsAuschwitz-konsentrasiekampSelNuwe TestamentHomoniemPersNarsismeBlourokkeKriekWaterkringloopKommunikasieMiskruierEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaNatuurrampSkisofrenieHeidelberg, Gauteng🡆 More