Inligtingstegnologieleër Van Oekraïne: Vrywilligersgroep vir kuberoorlogvoering

Die Inligtingstegnologieleër van Oekraïne, (Oekraïens: IT-армія України, Engels: The IT Army of Ukraine) is 'n vrywillige kuberoorlogvoeringorganisasie wat aan die einde van Februarie 2022 geskep is om vir Oekraïne te veg teen digitale indringing van Oekraïense inligting en die kuberruim ná die begin van die Russiese inval in die Oekraïne op 24 Februarie 2022.

Die groep voer ook offensiewe kuberoorlogvoering-operasies uit en die Oekraïense regering se kuberbeampte, Victor Zhora, het gesê sy aangewese kuberkrakers sal slegs militêre teikens aanval.

Vorming

Op 26 Februarie 2022 het die Minister van Digitale Transformasie en Eerste Adjunk Eerste Minister van Oekraïne, Mykhailo Fedorov, die skepping van die IT-leër aangekondig.

Volgens Reuters het die Oekraïense regering vrywilligers van die land se kuberkraker-onderwêreld versoek om kritieke infrastruktuur te help beskerm en kuberspioenasiemissies teen Russiese troepe uit te voer. Yegor Aushev, die medestigter van 'n Oekraïense kuberveiligheidsfirma, het geskryf: "Oekraïnse kubergemeenskap! Dit is tyd om betrokke te raak by die kuberverdediging van ons land," en vra kuberkrakers en kuberveiligheidskenners om 'n aansoek in te dien wat hul spesialiteite, soos skadelike programatuur-ontwikkeling, en professionele verwysings beskryf.

Doelwitte

Die vrywilligers wat by die groep aangesluit het, word in offensiewe en defensiewe kubereenhede verdeel. Terwyl die offensiewe vrywilligerseenheid die Oekraïne se militêre magte sou help om digitale spioenasie-operasies teen invallende Russiese magte uit te voer, sou die verdedigingseenheid aangewend word om infrastruktuur soos kragsentrales en waterstelsels te verdedig.

Die Oekraïense regering het Twitter en Telegram gebruik om 'n lys van Russiese en Belarusiese teikens te deel vir die leër om aan te val. Russiese losprysware-operateurs het gereageer deur hul hulp aan te bied om die Oekraïense poging teë te werk.

Aktiwiteite

  • Fedorov het die hulp van kuberspesialiste versoek en 'n tweet op Telegram gedeel met 'n lys van 31 webwerwe van Russiese sake- en staatsorganisasies
  • Op 28 Februarie 2022 het die IT-leër die webwerf van die Moskouse Aandelebeurs ontoeganklik gemaak. Die IT-leër het berig dat dit hulle net vyf minute geneem het om die webwerf ontoeganklik te maak.
  • Op dieselfde dag het die IT-leër die webwerf van Sberbank, die grootste bank in Rusland, gekraak. Die IT-leër het ook aanvalle op ander Russiese en Belarussiese webwerwe geloods, insluitend die regeringswebwerwe van Rusland en Belarus, die RFD en die Belarussiese staatsnuusagentskap BelTA, onder andere.
  • Volgens Reuters teiken die groep Russiese kragnetwerke en spoorweë om te verhoed dat Russiese infrastruktuur Oekraïne bereik. Dit het tegnologie soos GLONASS ingesluit.
  • Aghonderd Russiese webwerwe, insluitend Roscosmos, is van 27 Junie tot 10 Julie deur die Inligtingstegnologie Leër van Oekraïne aangeval. Hulle het gelukwensingsboodskappe aan die Oekraïense Grondwetdag op daardie webwerwe geplaas. Daarbenewens het verspreide ontkenningsaanvalle wat deur die Inligtingstegnologie Leër van Oekraïne uitgevoer is, die Russiese vermoë om vir lang tydperke op sommige CRM-stelsels te werk, lamgelê.
  • Ministerie van Digitale Transformasie het berig oor kuberaanvalle op meer as 6000 Russiese webhulpbronne in die tydperk van 26 Februarie tot 30 Julie.
  • In September 2022 het die groep glo met Anonymous saamgewerk om kuberaanval teen Yandex Taxi se stelsels uit te voer, wat 'n verkeersknoop in Moskou veroorsaak het.
  • Die groep het beweer dat hulle by die webwerf van Wagner-groep ingebreek het en hulle persoonlike data gesteel het. Op die ontsierde webwerf is foto's van dooie soldate gewys.
  • Op 7 Oktober het Inligtingstegnologie Leër van Oekraïne die webwerf van die Sentrale Veiligheidverdragorganisasie ingebreek het ,en die Russiese president met sy verjaardag gelukgewens het.

Verwysings

Eksterne skakels

  • Inligtingstegnologieleër Van Oekraïne: Vorming, Doelwitte, Aktiwiteite  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Inligtingstegnologieleër Van Oekraïne VormingInligtingstegnologieleër Van Oekraïne DoelwitteInligtingstegnologieleër Van Oekraïne AktiwiteiteInligtingstegnologieleër Van Oekraïne VerwysingsInligtingstegnologieleër Van Oekraïne Eksterne skakelsInligtingstegnologieleër Van Oekraïne202224 FebruarieDigitaalEngelsKuberkrakerOekraïensOekraïneRussiese inval in Oekraïne, 2022

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EllipstekenOlifantInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandGroot Muur van ChinaNoag se arkVlinderEienaamDriedimensioneelTekstielMuskietBuffelAfro-AmerikanersAristotelesSkaakAnargismeLuiperdAppendiksAnilingusGeweldAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaKrieketNul is nie niks nieOlimpiese SpeleNatuurbewaringAnglo-BoereoorlogEkotoerismeNiersteenEnsiklopedieEid-oel-FiterAppel (sanger)BloedvergiftigingJudaïsmeReg tot ‘n gesonde omgewingLiefdeKrampVolhoubaarheidOutismeFamilie (verwantskap)Fiela se kindSkerpioenLDesmond TutuAluminiumLys van WêrelderfenisgebiedeBaljuKlereKatSwartkwasmuishondSprokieWikibooksKimberleyNazi-DuitslandKreatiwiteitPseudowetenskapPoleLys van Griekse mitologiese figureLeonardo da VinciWatersuiweringPaasfeesAnneli van RooyenJakarandaHelpmekaar-kollegeCarike KeuzenkampFotosinteseDokterPeriodieke tabelLys van slangeTrekklavierMaatskappyIntensiewe vormBasisinkomste15 FebruarieSlawerny🡆 More