Imam

Imam (Arabies: إمام, imām; meervoud: أئمة, aʼimmah) of imaam is 'n Arabiese term met verskeie betekenisse.

In die Koran verwys dié term na 'n "model", "leiding" of "leier". In die tradisionele Islamitiese staatsteorie van die Sjia verwys die term na die godsdienstig-politieke leier (as 'n geestelike hoof) van die Islamitiese gemeenskap en opvolger van die profeet Mohammed (Ahl al-Bayt). Daarbenewens word die gebedleier tydens die Vrydaggebed in die moskee (as 'n priester of hoof van die kultus) imam genoem, veral onder Soennitiese Moslems. Laastens word die term as 'n eretitel vir belangrike Islamitiese geleerdes en persone gebruik.

Imam
'n Imam lees Koranverse na die Isja' (naggebede) in die Mogolryk, 1795
Imam
Krim-Tataarse imams gee onderrig in die Koran, litografie deur Carlo Bossoli, 1856
Imam
Biddende Moslems in Kaïro, skildery deur Jean-Léon Gérôme, 1865

In die Soennitiese tradisie word elke dag se vyf Salatgebede, wat op elke plek verrig kan word, deur 'n imam gelei. Indien twee of meer mense 'n gebed verrig, word die teks en bewegings deur die imam voorgegee en die ander gelowiges volg sy voorbeeld. Vir die Vrydaggebed, wat net in 'n moskee kan plaasvind, word 'n imam benoem, wat dié gebed sal lei.

Volgens die Twaalfer-Sjiisme en die Ismailisme het Allah twaalf imams as perfekte voorbeelde vir die gelowiges gekies wat die hele mensdom in alle aspekte van die lewe sal lei. Die laaste en twaalfde imam is die verborge Mohammed al-Mahdi wat saam met Isa (Jesus van Nasaret) sal terugkeer om die aarde van die Antichris (al-Masih ad-Dadjdjal) te bevry.

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

  • (de) Bert Fragner: Artikel "Imam" in: Klaus Kreiser, Rotraud Wielandt: Lexikon der Islamischen Welt. Heeltemal hersiene nuwe uitgawe. Stuttgart 1992.
  • (en) Imtiyaz Yusuf: Artikel "Imam" in John L. Esposito (ed.): The Oxford Encyclopedia of the Islamic World. 6 Boekdele. Oxford 2009. Band II, bl. 531–535.
  • (en) W. Madelung: Artikel "Imāma" in: The Encyclopaedia of Islam. New Edition. Band III, bl. 1163–1169.

Eksterne skakels

  • Wiki AfrikaansImam  Wiki Commons het meer media in die kategorie Imam.
  • (en) "Imam". Encyclopædia Britannica. Besoek op 15 Maart 2019.

Tags:

Imam Sien ookImam VerwysingsImam Verdere leesstofImam Eksterne skakelsImamArabiesGodsdiensIslamKoranMohammedMoskeeMoslemSjiaSoenniVrydaggebed

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MaagsweerKoolstofHector PietersonRefleksieAfrikaSmeltpuntDeelwoordJakobDiarreeKriekVerlede tydSwart nasionalismeCalviniaOlimpiese Somerspele 2012SoogdierWet op Bantoe-onderwysWiskundige terminologieToerismePriemgetalSeisoenNasionale VrouedagWikipediaKunsmatige intelligensieDieregeluideGqeberhaLys van Joodse feeste en herdenkingsErfenisAlliterasieHerfsKinkhoesSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994AnilingusSuid-Afrikaanse UitsaaikorporasieDurbanIsraelSeilvaartTikTokWoordeboek van die Afrikaanse TaalD.J. OppermanVrouMynbouKoorsblaarMuskeljaatkatTaalKarooBreyten BreytenbachAfvalbestuurBywoordLeierNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaOu Apostoliese KerkLys van Kaapstad se voorstedeAdolf HitlerBalletGeldNadia ValvekensDigtheid16 NovemberLys van slangeUnited Democratic FrontEiffeltoring3D-rolprentKommaWinnie Madikizela-MandelaVersoeningsdagBerghaanSkaapSlawernyLabia (geslagsdele)Galileo GalileiKindermishandelingReën🡆 More