George Santayana (gebore Jorge Agustín Nicolás Ruiz de Santayana y Borrás; Madrid, 16 Desember 1863 – Rome, 26 September 1952) was 'n Spaans-Amerikaanse skrywer, digter en filosoof.
Hy behou gedurende sy lewe sy Spaanse nationaliteit, maar skryf al sy werke in Engels.
George Santayana | |
'n Tekening van George Santayana uit die vroeë 20ste eeu | |
Geboortenaam | Jorge Agustín Nicolás Ruiz de Santayana y Borrás |
---|---|
Gebore | Madrid, Spanje | 16 Desember 1863
Oorlede | 26 September 1952 (op 88) Rome, Italië |
Nasionaliteit | Spanje |
Vakgebied | Filosofie |
Alma mater | Harvard-universiteit King's College, Cambridge |
Bekend vir | Lucretiaanse materialisme, skeptisisme, natuurlike aristokrasie, The Realms of Being |
Beïnvloed deur | Demokritos, Lucretius, Baruch Spinoza, William James |
Invloed op | Wallace Stevens, John Lachs |
Santayana verhuis op negejarige leeftyd na die Verenigde State. Hy studeer aan die Universiteit van Harvard en later in Berlyn en Cambridge. Tot 1912 doseer hy in filosofie aan Harvard (waar hy onder meer T.S. Eliot onder sy leerlinge tel), waarna hy homself as literator in Frankryk vestig. Tydens die Eerste Wêreldoorlog bly hy in Engeland en uiteindelik in Italië.
Santayana begin sy loopbaan as skrywer van helder, ondersoekende gedigte: Sonnets and Other Verses (1894). Hy word egter veral bekend deur sy omvangryke filosofiese en kritiese oeuvre, wat bekend raak weens sy kunssinnige kwaliteit en beheerste, poëtiese styl. Teenoor die moderne wêreld neem hy 'n skeptiese houding in. As teenstander van die utilitarisme en pragmatisme bepleit hy 'n ‘redelike lewe’, gebaseerd op die Griekse ideaal van skoonheid en goedheid.
Santayana se hoofwerke is The Life of Reason (1905-1906) en The Realms of Being (1927-1940). In die eerste word kritiek gelewer op die beperkheid van die rede op alle gebiede van die menslike aktiwiteite soos (godsdiens, kuns, wetenskap, ensovoorts). In die tweede werk word die vier velde van materie, essensie, waarheid en gees noukeurig ondersoek.
Santayana skryf ook nog verskeie ander filosofiese werke, verskeie kritiese werke, 'n outobiografie en een roman: The Last Puritan (1935). Hierdie "romantiese biografie" speel af tydens die ondergang van die Calvinisme in Nieu-England en skets op ironiese wyse die kontrasterende waarhede van 'n puritein en 'n hedonis. Dit boek word wel gesien as Santayana se mees toeganklike werk en word 'n besverkoper.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article George Santayana, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.