Arthur Schopenhauer: Duitse filosoof

Arthur Schopenhauer is 'n 19de-eeuse Duitse filosoof.

Hy is op 22 Februarie 1788 in Danzig gebore. Sy pa was 'n bankier en sy ma 'n skrywer. In 1793 het die gesin na Hamburg getrek. Na sy pa se skielike dood in 1805 het Schopenhauer begin met sy akademiese opleiding te Gotha, Weimar, Göttingen en Berlyn. Hy het aanvanklik geneeskunde en natuurwetenskappe studeer en later in 1813 sy verhandeling in die filosofie aan die Universiteit van Jena voltooi. Hy het ook filosofie aan die Universiteit van Berlyn doseer waar hy hom veral teen George Hegel verset het. Hy het hom later in Frankfurt gevestig waar hy in 1860 gesterf het.

Arthur Schopenhauer
Arthur Schopenhauer: Duitse filosoof
Gebore 22 Februarie 1788
Danzig, Pruise
Oorlede 21 September 1860 (op 72)
Frankfurt am Main, Koninkryk Pruise
Vakgebied Metafisika, estetika, etiek, fenomenologie, moraliteit, sielkunde
Beïnvloed deur Boeddhisme, Kant, Plato, Upanishade
Invloed op Borges, Campbell, Einstein, Freud, Gray, Jung, Kraus, Mann, Neumann, Nietzsche, Ryle, Santayana, Schrödinger, Tolstoi, Wagner, Weininger, Wittgenstein, Zapffe
Handtekening Arthur Schopenhauer: Duitse filosoof

Hy staan bekend vir sy werk Die Welt als Wille und Vorstellung (Die Wêreld as Wil en Voorstelling) wat in 1819 gepubliseer is en aanvanklik met stilswye begroet is. Sy wêreldbeskouing is deurgaans pessimisties. Hy is ontnugter deur menslike wreedheid en het die lewe as wesenlik boosaardig, sinneloos en vol leed beskou. Hy was ook bekend vir sy vrouehaat en wantroue in ander mense.

Hy het 'n groot bewondering vir Immanuel Kant, Plato en Johann Wolfgang von Goethe gehad. Sy werke is ook beïnvloed deur die Oosterse filosofie waarin hy ontsnapping uit 'n swaarmoedige lewe in asketiese lewensstyl gesien het.

Bronne

  • Young, J. 2005. Schopenhauer. Routledge: Londen & New York

Eksterne skakels

Tags:

178817931813186022 FebruarieBerlynDanzigGeorg Wilhelm Friedrich HegelGöttingenHamburgWeimar

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KinkhoesAdolessensieLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameApokriewe boekeSean CombsRoofdierCovid-19-pandemieGalileo GalileiPornhubAmhariesKongo-krisisRefleksieDramaPlaattektoniekRugbyKlimaatsverandering in AfrikaSprokieDoopGeboorteAborsie in Suid-AfrikaVoortrekkersPesachPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaAfrikaElon MuskSendelingposisieBorskankerKommunikasieSuid-Afrikaanse InkomstediensGoogle TranslateWapen van Suid-AfrikaSkarlakenkoorsLys van chemiese elemente volgens atoomgetalKunsmatige algemene intelligensieBateAarde se atmosfeerCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaNic de Jager23 AprilRob HersovGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaMagneetPlastiekKarakteriseringHartWinterRobert SobukweDubbelpuntSpelerposisies in rugbySomerKompasSpysverteringstelselVerkleinwoordLeenwoordNag van die lang messeOmgewingskwessies in Suider-AfrikaKlavierLys van bekende Suid-AfrikanersGeweldSonnestelselWetenskaplike klassifikasieRassisme in AfrikaGroot TrekAdolf HitlerWikiquoteMusieksimboleEjakulasieOm-te-infinitiefkonstruksieSint JorisdagWoordBTWOntwerp🡆 More