Cambridge (in outydse Afrikaans, Kambrugge) is 'n stad en distrik in die graafskap Cambridgeshire in die suidooste van Engeland.
Die stad is ongeveer 80 kilometer noordoos van Londen langs die Camrivier geleë. Cambridge beslaan 'n oppervlakte van 115,65 km² en het sowat 126 000 inwoners, waarvan min of meer 22 500 studente is, in 2010 gehad.
Cambridge | |
---|---|
Stad | |
Cambridge op 'n reënerige dag. | |
Koördinate: 52°12′00″N 0°07′00″O / 52.20000°N 0.11667°O | |
Land | Verenigde Koninkryk |
Land | Engeland |
Graafskap | Cambridgeshire |
Stigting | 1ste eeu |
Stadstatus | 1951 |
Regering | |
• Burgemeester | Paul Saunders |
Oppervlak | |
• Stad | 115,65 km2 (44,65 vk. myl) |
Hoogte | 6 m (20 ft) |
Bevolking | |
• Stad | 125 700 |
• Metro | 752 900 |
Tydsone | UTC+00:00 (MGT) |
• Somertyd | UTC+01:00 (BST) |
Poskode | CB1 – CB5 |
Skakelkodes | 01223 |
Webwerf | cambridge.gov.uk |
Die stad is veral bekend as die tuiste van die Universiteit van Cambridge, wat naas die Universiteit van Oxford een van die twee belangrikste Engelse universiteite is. Die verskillende kolleges is oor die stad versprei, maar ressorteer almal onder dieselfde universiteit. Die stad het ook 'n bekende wetenskappark en is die tuiste van talle rekenaar- en elektronika-maatskappye.
Cambridge beteken letterlik brug oor die Cam. Talle groen parke kan langs die Camrivier gevind word.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Cambridge, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.