Département

Département is die naam van die (oorspronklik 83) administratiewe distrikte waarin Frankryk tydens die Franse Rewolusie ingedeel is.

Département
Die laaste twee syfers van Franse motorregistrasienommers dui die département aan

Elke département was naastenby ewe groot en is verder verdeel in arrondissements en kantons. Aan die hoof van die administrasie was 'n prefek. Gewoonlik kon elkeen van die bewoners die prefektuur binne 'n dagreis bereik.

Met die skepping van die départements het Abbé Emanuel Joseph Sieyès (wat ook die nuwe grondwet uitwerk) en die Assemblée Nationale (wat Sieyès se planne in 1789 goedkeur) beoog om die historiese teenstellings tussen die ou provinsies van die monargistiese ancien régime uit die weg te ruim. Hierdie maatreël was gegrond op die rasionale denke van die verligting en die idee van 'n Franse eenheidstaat.

Vandag is daar 100 départements wat oorwegend na riviere genoem is; die ou provinsies bly voortleef as streekname.

Die meeste départements het 'n oppervlakte van tussen 4 000 en 8 000 vierkante kilometer en 'n bevolking van tussen 'n kwartmiljoen en een miljoen. Gironde is die grootste département met 10 000 vierkante kilometer, die stad Parys die kleinste met net 105 vierkante kilometer (sy voorstede maak deel uit van ander départements). Die département Nord het die grootste inwonertal met meer as 2,5 miljoen mense, terwyl slegs 74 000 mense in die yl bevolkte Lozère woon.

Département

Die 18 Franse Régions en 101 Départements:

Tags:

FrankrykFranse Rewolusie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Cristiano RonaldoKonflik (proses)Handwoordeboek van die Afrikaanse TaalSuid-Afrikaanse GrensoorlogAnneli van RooyenAfkortingNarsismeTandbederfSolly OzrovechBloukraanvoëlMaagKlankverskynselsLettergreepHoutskoolAustraliëKwosiëntAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomePlae van EgipteIndiëRalph GravesSeksuele opwekkingWhat is A Dscr Loan?DoelwitBrandmondsindroomGebande muishondWerner AbrolatIntensiewe vormNelson Mandelabaai Metropolitaanse MunisipaliteitDanny TrejoItaliëAnglo-BoereoorlogBlourokkeBuffelGeldSuikersiekteLys van Afrikaanse televisiereekseVerkleinwoordLys van Suider-Afrikaanse soogdiereKatSBeroerteLys van hoërskole in die Wes-KaapGemeenskapsorganisasieGewone breukeCatherine DeneuvePerdTrigeminale neuralgieBambi WoodsLissabonNoorweëSendelingposisiePeriodieke tabelSeksuele penetrasieOutismeHipertensieVerkoueApollo 11KaapstadNepotismeObesiteitNjalaSeksuele stimulasieSoortnaamSydoringMaliEkonomie van Suid-AfrikaReddingskakeFAsteroïdeDikdermDavid OxleyBrongitisAppel (sanger)Annie IlonzehVachellia🡆 More